Graeme Smith
Graeme Craig Smith (gebore 1 Februarie 1981 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler en was kaptein en lid van Suid-Afrika se nasionale krieketspan. In 2003 is hy aangestel as kaptein van die Proteas, en het oorgeneem van Shaun Pollock. Hy het die posisie van die toetskaptein tot sy aftrede gehou op 5 Maart 2014.[1] Hy word beskou as een van die beste Suid-Afrikaanse spelers van alle tye. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2003, 2007 en 2011, die Kampioenetrofeë in 2002, 2004, 2006 en 2009, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010 vir Suid-Afrika gespeel.
Graeme Smith | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Graeme Smith in 2012 | ||||||
Volle naam | Graeme Craig Smith | |||||
Gebore | 1 Februarie 1981 Johannesburg, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Biff | |||||
Lengte | 1.88 m | |||||
Kolfstyl | Linkshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm wegbreker | |||||
Rol | Aanvangskolwer | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 288) | 8-12 Maart 2002 v Australië | |||||
Laaste Toets | 1 Maart 2014 v Australië | |||||
Toetshempno. | 49 | |||||
EDI debuut (no 68) | 30 Maart 2002 v Australië | |||||
Laaste EDI | 27 November 2013 v Pakistan | |||||
EDI hempno. | 15 | |||||
T20I debuut (no 12) | 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland | |||||
Laaste T20I | 16 Oktober 2011 v Australië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2008 - | Rajastan Royals (spanno. 15) | |||||
2005 | Somerset | |||||
2004/05-2006/07 | Kaapse Kobras | |||||
2000/01-2003/04 | Westelike Provinsie | |||||
1990–2000 | Gauteng | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | T20 | |
Wedstryde | 117 | 197 | 160 | 259 | 81 | |
Lopies aangeteken | 9,265 | 6989 | 12653 | 9331 | 2282 | |
Kolfgemiddeld | 48.25 | 38.48 | 49.23 | 39.20 | 30.42 | |
100s/50s | 27/38 | 10/47 | 36/50 | 14/67 | 1/11 | |
Hoogste telling | 277 | 141 | 311 | 141 | 105 | |
Aflewerings geboul | 1,418 | 1026 | 1786 | 1968 | 96 | |
Paaltjies | 8 | 18 | 11 | 47 | 4 | |
Boulgemiddeld | 110.62 | 52.83 | 102.90 | 38.21 | 37.00 | |
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 0 | 0 | - | - | |
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | nvt | 0 | nvt | nvt | |
Beste boulontleding | 2/145 | 3/30 | 2/145 | 3/30 | 3/23 | |
Vangskote/Stonkings | 169/- | 105/- | 231/- | 137/- | 35/- | |
Bron: cricinfo, 5 Maart 2014 |
Toetskaptein
wysigOp 1 Februarie 2013 lei Smith 'n span vir die 100ste keer op die veld (99 keer die Proteas en een keer die Wêreld XI), die eerste speler ooit wat die mylpaal bereik. Op 24 Februarie 2013 lei Smith die Proteas tot 'n toetssege oor Pakistan en word die eerste toetskaptein ooit wat 50 toetsseges behaal.
Rekords
wysig- Smith hou die wêreldrekord van kaptein in die meeste aantal toetswedstryde. Hy is ook die enigste toetskaptein wat meer as 100 toetswedstryde speel. (109-108 as kaptein vir Suid-Afrika en 1 vir ICC).[2]
- Smith hou die wêreldrekord van die hoogste aantal oorwinnings in toetswedstryde as 'n kaptein met 53 oorwinnings.
- Smith hou die meeste 100s (15) deur 'n kaptein in toetswedstryde.
- Hy hou ook die wêreldrekord van 'n niepaaltjiewagter wat die meeste vangste (82) in toetswedstryde wen.[3]
- Vinnigste Suid-Afrikaanse krieketspeler om 1000 toetslopies te bereik.[4]
- Smith hou die rekord van die meeste toetslopies as kaptein (8659).[5]
- Hy het saam met Jacques Kallis die rekord vir die hoogste ooit vennootskap as debutante in T20 Internationals (84 vir die 1ste paaltjie).[6]
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Fourth-innings hero, and captain extraordinaire". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2014.
- ↑ (en) "Captaincy records | Test matches | Cricinfo Statsguru | ESPN Cricinfo". Stats.espncricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 5 Mei 2014.
- ↑ (en) "All-round records | Test matches | Cricinfo Statsguru | ESPN Cricinfo". Stats.espncricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2015. Besoek op 5 Mei 2014.
- ↑ (en) "Records | Test matches | Batting records | Fastest to 1000 runs | ESPN Cricinfo". Stats.espncricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 5 Mei 2014.
- ↑ (en) "Most test runs as captain". Howstat. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 5 Mei 2014.
- ↑ (en) "Highest partnership for any wicket as debutants in T20I history". cricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2019. Besoek op 6 Januarie 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Graeme Smith.
- (en) Graeme Smith by Cricinfo
- (en) Graeme Smith by CricketArchive