Shaun Pollock
Shaun Pollock OIS (16 Julie 1973 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en kaptein van die Proteas. Pollock het saam met Allan Donald jare lank 'n indrukwekkende boul-vennootskap gevorm. Van 2000 tot 2003 was hy die kaptein van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003 en 2007, die T20I-wêreldbeker 2007, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004 en 2006 vir Suid-Afrika gespeel.
Shaun Pollock | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Shaun Maclean Pollock | |||||
Gebore | 16 Julie 1973 Port Elizabeth, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Polly | |||||
Lengte | 1,88 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm medium-vinnig | |||||
Rol | Veelsydig, kaptein | |||||
Familie | Andrew (oupa); Peter (vader); Graeme (oom) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 261) | 16 November 1995 v Engeland | |||||
Laaste Toets | 10 Januarie 2008 v Wes-Indië | |||||
EDI debuut (no 39) | 9 Januarie 1996 v Engeland | |||||
Laaste EDI | 3 Februarie 2008 v Wes-Indië | |||||
EDI hempno. | 7 | |||||
T20I debuut (no 10) | 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland | |||||
Laaste T20I | 18 Januarie 2008 v Wes-Indië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1992/93–2003/04 | Natalse krieketspan | |||||
1996–2002 | Warwickshire | |||||
2004/05 | Dolfyne | |||||
2008 | Mumbai Indians | |||||
2008 | Durham | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | ||
Wedstryde | 108 | 303 | 186 | 435 | ||
Lopies aangeteken | 3 781 | 3 519 | 7 021 | 5 494 | ||
Kolfgemiddeld | 32.31 | 26.45 | 33.11 | 26.66 | ||
100s/50s | 2/16 | 1/14 | 6/35 | 3/24 | ||
Hoogste telling | 111 | 130 | 150* | 134* | ||
Aflewerings geboul | 24 353 | 15 712 | 39 067 | 21 588 | ||
Paaltjies | 421 | 393 | 667 | 573 | ||
Boulgemiddeld | 23.11 | 24.50 | 23.25 | 22.93 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 16 | 5 | 22 | 7 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 1 | 0 | 2 | 0 | ||
Beste boulontleding | 7/87 | 6/35 | 7/33 | 6/21 | ||
Vangskote/Stonkings | 72/– | 108/– | 132/– | 153/– | ||
Bron: ESPNcricinfo, 31 Desember 2013 |
Op 11 Januarie 2008 het hy sy aftrede van alle vorme van internasionale krieket aangekondig na sy 303ste Internasionale eendagwedstryd op 3 Februarie.[1] Hy doen nou vir SuperSport verslag oor Suid-Afrikaanse krieket. Shaun Pollock is in November 2021 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[2]
Internasionale loopbaan
wysigBegin
wysigShaun Pollock se toetsloopbaan begin op 16 November 1995 teen Engeland op SuperSport-park in Centurion. Hy het uiteindelik in 108 toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[3]
Kapteinskap
wysigNadat Hansie Cronjé uit krieket verban is, het Pollock as kaptein in April 2000 oorgeneem. Hy is vervang ná Suid-Afrika se swak vertoning in die 2003-krieketwêreldbeker.
Alhoewel hy nie meer kaptein was nie, het hy sy plek in die span behou. Ná 'n teleurstellende toetsreeksreeks teen Australië in 2005/2006 was hy gekritiseer dat hy sy boulvermoë verloor het. Hy het die beste ekonomiese koers van enige bouler wat 300 EDI paaltjies geneem het,[4] en hy is ook die eerste Suid-Afrikaner en slegs die tiende speler om 400 toetspaaltjies te neem. In September 2007 is hy vir die eerste keer in sy loopbaan nie gekeur vir die Suid-Afrikaanse toetsspan nie.[5]
Hy het die meeste paaltjies vir Suid-Afrika geneem in toetse totdat Dale Steyn hom op 26 Desember 2018 verbygesteek het. Hy het 421 toetspaaltjies geneem en 3 781 toetslopies in sy 108 toetswedstryde aangeteken.[5][6]
Persoonlike lewe
wysigPollock kom uit 'n familie van hoofsaaklik Skotse afkoms. Sy oupa aan vaderskant, Andrew Pollock, wat vir Oranje-Vrystaat gespeel het, is in Edinburg gebore.[7] Hy het by die Northwood-skool in Durban, KwaZulu-Natal, skoolgegaan. Hy is getroud met twee dogters. Sy vrou was 'n finalis in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie in die vroeë 90's en het vir 'n Suid-Afrikaanse telekommunikasiemaatskappy gewerk.[8] Hy neem geen sterk drank nie en is 'n toegewyde Christen.[9][10] Pollock is 'n gegradueerde van die Universiteit van Natal met 'n baccalaureusgraad in handel.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Pollock announces his retirement". BBC. 11 Januarie 2008. Besoek op 13 November 2021.
- ↑ (en) "Janette Brittin, Mahela Jayawardene and Shaun Pollock inducted into ICC Hall of Fame". ESPNcricinfo. 13 November 2021. Besoek op 13 November 2021.
- ↑ (en) Firdose Moonda (27 Maart 2013). "Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.
- ↑ (en) "Records – One-Day Internationals – Most wickets in career". ESPNcricinfo. Besoek op 13 November 2021.
- ↑ 5,0 5,1 (en) "Morkel injury hands Pollock hope". BBC. 29 September 2007. Besoek op 13 November 2021.
- ↑ (en) "Steyn ties Pollock atop all-time SA wicket-taker list". Sport24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2018. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "Players and Officials – Andrew Pollock". Cricinfo. Besoek op 1 September 2007.
- ↑ (en) "Pollock in doubt for Sri Lanka". News24.com. 8 Junie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 1 September 2007.
- ↑ (en) "Cricinfo Quote Unquote – Gibbs reveals the failure to get teetotaler Pollock to break the habit". Cricinfo.com. 10 Februarie 2008. Besoek op 10 Februarie 2008.
- ↑ (en) "Personal Information on Shaun Pollock". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2013. Besoek op 15 Oktober 2022.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Shaun Pollock.
- (en) Shaun Pollock op ESPNcricinfo