Morné Morkel
Morné Morkel (gebore 6 Oktober 1984 in Vereeniging, Transvaal) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler, wat vir die Proteas in al drie vorme van die spel gespeel het. Hy was een van die vinnigste boulers ter wêreld. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011 en 2015, die Kampioenetrofeë in 2013 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012 en 2014 vir Suid-Afrika gespeel. Op 26 Februarie 2018 het Morné Morkel sy uittreding uit Internasionale krieket aangekondig.[1] Hy het in Maart 2018 sy laaste internasionale wedstryd teen Australië gespeel.[2]
Morné Morkel | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Morné Morkel in 2009 | ||||||
Volle naam | Morné Morkel | |||||
Gebore | 6 Oktober 1984 Vereeniging, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Morras, Langman | |||||
Lengte | 1,98 m | |||||
Kolfstyl | Linkshandig ortodoks | |||||
Boulstyl | Regterarm vinnig | |||||
Rol | Aanvangsbouler | |||||
Familie | Albie Morkel (broer) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 300) | 26 Desember 2006 v Indië | |||||
Laaste Toets | 30 Maart 2018 v Australië | |||||
Toetshempno. | 65 | |||||
EDI debuut (no 89) | 6 Junie 2007 v Asia XI | |||||
Laaste EDI | 10 Februarie 2018 v Indië | |||||
EDI hempno. | 65 | |||||
T20I debuut (no 28) | 11 September 2007 v Wes-Indië | |||||
Laaste T20I | 25 Junie 2017 v Engeland | |||||
T20I hempno. | 65 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2003/04– | Oostelikes | |||||
2004/05– | Titane | |||||
2007 | Kent | |||||
2008 | Yorkshire | |||||
2009–2010 | Rajasthan Royals | |||||
2011–2013 | Delhi Daredevils | |||||
2014–2016 | Kolkata Knight Riders | |||||
2016 | St Lucia Stars | |||||
2018– | Surrey County Cricket Club | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1ste rang | A-lys | T20I | |
Wedstryde | 86 | 117 | 126 | 146 | 39 | |
Lopies aangeteken | 944 | 268 | 1 701 | 373 | 16 | |
Kolfgemiddeld | 11.65 | 9.24 | 13.82 | 9.81 | 8.00 | |
100s/50s | 0/0 | 0/0 | 0/4 | 0/0 | 0/0 | |
Hoogste telling | 40 | 32* | 82* | 35 | 8* | |
Aflewerings geboul | 16 498 | 5 760 | 23 1295 | 6 993 | 832 | |
Paaltjies | 309 | 188 | 459 | 222 | 45 | |
Boulgemiddeld | 27.66 | 25.32 | 26.40 | 25.98 | 22.71 | |
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 8 | 2 | 16 | 3 | 0 | |
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 0 | 2 | 0 | – | |
Beste boulontleding | 6/23 | 5/21 | 6/23 | 5/21 | 4/17 | |
Vangskote/Stonkings | 25/– | 31/– | 47/– | 37/– | 5/– | |
Bron: Cricinfo, 4 April 2018 |
Persoonlike lewe
wysigHy kom van 'n Afrikanerfamilie, wat groot krieketondersteuners is. Voordat hy getrou het, het hy saam met sy broer, Albie, en spanmaat AB de Villiers gewoon in Pretoria.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Morkel to retire from international cricket after Australia series". cricket.co.za. 26 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 Mei 2018.
- ↑ (en) "Morkel to retire from international cricket after Australia series". ESPN Cricinfo. 26 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 23 Mei 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Morné Morkel.
- (en) Morné Morkel by Cricinfo
- (en) Morné Morkel by CricketArchive