Rugbywêreldbeker 2031

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport

Die Rugbywêreldbeker 2031 (Engels: 2031 Rugby World Cup) word van September tot Oktober 2031 in die Verenigde State beslis. Dit is die twaalfde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die sewende in die Noordelike Halfrond. Verder is dit die eerste rugbywêreldbekertoernooi wat in die Amerikas aangebied word.

Rugbywêreldbeker 2031
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Datums September – Oktober
Aantal nasies 24
Finale posisies
Toernooistatistiek
2027
2035
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding word

Soos tydens die 2027-toernooi sal 24 nasionale rugbyspanne vanuit verskeie lande aan die Rugbywêreldbeker 2031 kan deelneem.[1]

Die Rugbywêreldbeker word gewoonlik tussen September en Oktober beslis. In die Verenigde State sal dit met die 2031-seisoene van die National Football League (NFL) en die Major League Soccer (MLS) oorvleuel. Aangesien baie van die voorgestelde plekke NFL- en MLS-stadions is, bestaan die moontlikheid dat die toernooi gedurende die somermaande (Junie–September) aangebied sal word om botsings met die twee ligaseisoene te voorkom.[2] ’n Bepaling oor skedulering sal egter nog geneem moet word.[3][4]

Toewysing

wysig

Wêreldrugby het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 12 Mei 2022 aangekondig. Die proses om met voornemende lande te onderhandel het in Februarie 2021 begin en die formele kandidaatproses drie maande later. Die oorblywende gasheerlande is in Februarie 2022 aangekondig.[5]

Wêreldrugby se voorsitter Bill Beaumont het in laat 2018 voorgestel dat die gasheer van die Rugbywêreldbeker ná die 2023-toernooi in Frankryk ’n opkomende nasie behoort te wees.[6] Wêreldrugby se hoof- uitvoerende beampte Brett Gosper het in 2019 ook voorgestel dat Wêreldrugby beide die 2027- en 2031-toernooie saam sal toewys (soos hulle met Engeland 2015 en Japan 2019 gedoen het), waardeur hulle “’n dapper besluit en ’n tradisionele besluit” sal kan maak.[7] Gosper het verder voorgestel dat “2031 tyd sal gun vir ’n Amerikaanse bod om baie geloofwaardig en sterk te wees.”[7] Die gashere vir die 2027- en 2031-toernooie is in Mei 2022 bekend gemaak.[8]

Vermoede het bestaan dat beide die Verenigde State en Suid-Afrika beplan het om die toernooi te huisves, maar die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het bekend gemaak dat hulle nie beplan om vir nóg die 2027- nóg die 2031-toernooi aansoek te doen nie.[9] Op 10 Junie 2021 is VSA Rugby amptelik aanvaar as ’n kandidaatland vir beide die 2027- en 2031-toernooie, asook die Vrouerugbywêreldbeker 2029.[10] Die Verenigde State het op 20 Oktober 2021 hul amptelike bod ingedien met sekere belangstellende stede met groot Amerikaanse voetbal-stadions,[11][12] terwyl in Februarie dieselfde jaar Engeland, Ierland, Skotland en Wallis ’n gesamentlike bod vir die 2031-toernooi oorweeg het.[13] Destyds was die Verenigde State die enigste kandidaat vir die Rugbywêreldbeker 2031 en die volgende maand (November 2021) was hulle in ’n “eksklusiewe doelgerigte dialoog” met Wêreldrugby oor die aanbieding van die 2031-toernooi.[14]

Teen Mei 2022 was die Verenigde State op pad om amptelik as gasheer vir beide die Rugbywêreldbeker 2031 en die Vrouerugbywêreldbeker 2033 aangewys te word.[15] In April 2022 het die President van die Verenigde State, Joe Biden, ’n brief aan Wêreldrugby geskryf om sy ondersteuning vir die Amerikaanse bod te wys.[16] Tydens ’n spesiale vergadering van Wêreldrugby wat op 12 Mei 2022 in Dublin gehou is, is die Rugbywêreldbeker 2027 aan Australië toegeken, terwyl die Rugbywêreldbeker 2031 aan die Verenigde State toegewys is.[17][18]

Deelnemers

wysig

24 spanne mag aan die Rugbywêreldbeker 2027 deelneem. Die gasheer Verenigde State is regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer.

Stadions

wysig

Altesaam 24 Amerikaanse stede is op die kortlys vir die Rugbywêreldbeker 2031 geplaas. Van die stede op die kortlys sluit in Atlanta, Austin, Baltimore, Birmingham, Boston, Charlotte, Chicago, Dallas, Denver, Houston, Kansas City, Los Angeles, Miami, Minneapolis, Nashville, New York, Orlando, Philadelphia, Pittsburgh, Phoenix, San Diego, San Francisco, Seattle en Washington, D.C. Die meeste van die stede beskik oor NFL-stadions, terwyl ander oor MLS-stadions beskik.[19][20][21] Van die 24 stede wat vir die 2031-toernooi beoog word, is elf as gasheerstede vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 aangewys.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "Rugby World Cup 2027 expanded to 24 teams". Wêreldrugby. 24 Oktober 2023. Besoek op 29 Oktober 2023.
  2. (en) Bob Williams (13 Mei 2022). "2031 RWC likely to be staged in summer to avoid NFL clash". Sportbusiness. Besoek op 29 Oktober 2023.
  3. (en) Gerard Meagher (12 Mei 2022). "United States to host Rugby World Cup and pledges not to 'do a Qatar'". The Guardian. Besoek op 29 Oktober 2023.
  4. (en) Will Kelleher (13 Mei 2022). "NFL clash could force 2031 Rugby World Cup into summer slot". The Times. Besoek op 29 Oktober 2023.
  5. (en) Joe Reedy (14 Augustus 2020). "USA Rugby considering bid for Rugby World Cup 2027". Stuff. Besoek op 29 Oktober 2023.
  6. (en) "Australia and South Africa could miss out on 2027 Rugby World Cup as Bill Beaumont says another emerging nation could host tournament". Fox Sports Australia. 20 September 2018. Besoek op 29 Oktober 2023.
  7. 7,0 7,1 (en) Alex Bell (26 September 2019). "Rugby World Cup in sights of United States". www.insidethegames.biz. Besoek op 29 Oktober 2023.
  8. (en) "Rugby World Cup 2027 and 2031 hosts to be announced in May 2022". Rugby Addict. 13 Augustus 2020. Besoek op 29 Oktober 2023.
  9. (en) James Richardson (16 Augustus 2020). "South Africa will not bid for 2027 or 2031 Rugby World Cup – Reports". The South African. Besoek op 29 Oktober 2023.
  10. (en) "USA accepted as bid candidate for Rugby World Cup 2027, 2029 and 2031; committee to begin campaign following positive feasibility study". VSA Rugby. 10 Junie 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2021. Besoek op 10 Junie 2021.
  11. (en) "United States Launches Campaign To Host Men's and Women's Rugby World Cup's". VSA Rugby. 19 Oktober 2021. Besoek op 29 Oktober 2023.
  12. (en) "USA Rugby launches bid to host Rugby World Cup". Associated Press. 21 Oktober 2021. Besoek op 29 Oktober 2023.
  13. (en) Sam Carp (3 Februarie 2021). "2031 Rugby World Cup: Home nations consider joint bid to host tournament". SportsPro. Besoek op 29 Oktober 2023.
  14. (en) "World Rugby Approves United States For Exclusive Targeted Dialogue On Hosting Rugby World Cup 2031". VSA Rugby. 24 November 2021. Besoek op 29 Oktober 2023.
  15. (en) "Rugby World Cup 2027 and 2031 hosts to be announced in May 2022". Rugby Addict. 13 Augustus 2020. Besoek op 29 Oktober 2023.
  16. (en) Martin Pengelly (20 April 2022). "Joe Biden supports US Rugby World Cup bid in letter to Bill Beaumont". The Guardian. Besoek op 29 Oktober 2023.
  17. (en) "Rugby World Cup host locations confirmed through to 2033". Wêreldrugby. 12 Mei 2022. Besoek op 29 Oktober 2023.
  18. (en) Amy Morgan (12 Mei 2022). "The U.S. is named a Rugby World Cup host". NPR. Besoek op 29 Oktober 2023.
  19. (en) Michael Pavitt (20 April 2022). "US President Biden confirms support for Rugby World Cup bids in 2031 and 2033". insidethegames.biz. Besoek op 29 Oktober 2023.
  20. (en) "Host Cities From Coast-To-Coast". VSA Rugby. 8 November 2021. Besoek op 29 Oktober 2023.
  21. (en) "United States named host nation for 2031 and 2033 Rugby World Cup". VSA Rugby. 8 November 2021. Besoek op 29 Oktober 2023.

Eksterne skakels

wysig


Rugbywêreldbeker  

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031