Maak hoofkeuseskerm oop

Die Rugbywêreldbeker 2011 het vanaf 9 September tot en met 23 Oktober 2011 in Nieu-Seeland plaasgevind. Dit was die sewende rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) aangebied word en die vierde in die Suidelike Halfrond. Nieu-Seeland het saam met Australië die eerste Rugbywêreldbeker 1987 gehuisves.

Rugbywêreldbeker 2011
Webb Ellis Cup 2011 RWC.jpg
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Datums 9 September – 23 Oktober
Aantal nasies 20 (91 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Gold medal blank.svg Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Naaswenner Silver medal blank.svg Vlag van Frankryk Frankryk
Derde plek Bronze medal blank.svg Vlag van Australië Australië
Toernooistatistiek
Wedstryde 48
Bywoning 1 477 294 (gem. 30 777 per wedstryd)
Drieë 262 (gemiddeld 5.46 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Morné Steyn (62)[1]
Meeste drieë Vlag van Engeland Chris Ashton
Vlag van Frankryk Vincent Clerc (6 drieë elk)[2]
2007
2015
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

20 nasionale rugbyspanne het meegeding in 48 wedstryde versprei oor 44 dae om die Webb Ellis-beker in te palm en as die wêreldkampioen gekroon te word. Suid-Afrika was die verdedigende kampioen nadat hulle die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gewen het. Suid-Afrika is egter in die kwarteindrondte deur Australië uitgeskakel en Nieu-Seeland wen die toernooi deur Frankryk met 8–7 in die eindstryd op Edenpark in Auckland te klop. Dit is die derde keer wat die gasheer die rugbywêreldbekertoernooi kon wen, ná Nieu-Seeland in 1987 en Suid-Afrika in 1995. Australië eindig in die derde en Wallis in die vierde plek. Die nasionale rugbyspan van Rusland het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem. Namibië is ná vier nederlae reeds in die poelfase uitgeskakel.

Die toernooi was die grootste sportgebeurtenis wat nog in Nieu-Seeland aangebied is,[3] groter as die Rugbywêreldbeker 1987, Statebondspele 1990, Krieketwêreldbeker 1992, America's Cup 2003 en die toer van die Britse en Ierse Leeus na Nieu-Seeland in 2005.[4] Die organiseerders het 95 000 oorsese besoekers verwag wat na Nieu-Seeland vir die aangeleentheid sou reis.[5]

Wedstryde het op 9 September 2011 begin en is oor sewe weke geskeduleer. Die eindstryd het op Sondag, 23 Oktober 2011 op Edenpark in Auckland plaasgevind. Die dag is gekies omdat dit op ’n lang naweek in Nieu-Seeland geval het (24 Oktober is werkersdag in Nieu-Seeland). Daar is ’n 10-ure verskil in tyd tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, gevolglik is alle wedstryde vroegoggend in Suid-Afrika gebeeldsend.

ToewysingWysig

 
Vlae in die strate van Nieu-Seeland tydens die Rugbywêreldbeker 2011. Links die vlag van Skotland, in die middel ’n swart vlag met die silwervaring (kenteken van die Nieu-Seelandse span), die vlag van Australië, en regs die vlag van die Ierse nasionale rugbyspan

Drie nasies het aangebied om die Rugbywêreldbeker 2011 te huisves — Nieu-Seeland, Japan, en Suid-Afrika.[6]

Nieu-Seeland het saam met Australië die eerste Rugbywêreldbeker in 1987 aangebied en is saam met Australië as medegasheer van die Rugbywêreldbeker 2003 aangewys, maar ’n meningsverskil oor regte vir grondtekens het tot gevolg gehad dat Nieu-Seeland van sy gasheerregte ontneem en Australië as enigste gasheer aangewys is. Nieu-Seeland se bod vir 2011 het planne ingesluit om Edenpark en ander stadions uit te brei en sodoende die kommersiële lewensvatbaarheid van die bod te verhoog.

Japan wou die eerste Asiatiese nasie word om ’n rugbywêreldbekertoernooi aan te bied. Japan het al oor die nodige infrastruktuur beskik, nadat dié land saam met Suid-Korea as gashere van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 opgetree het. Die Internasionale Rugbyraad was egter van mening dat Japan nie volle stadions sal kan waarborg nie.[7]

Suid-Afrika het die Rugbywêreldbeker 1995 gehuisves. Die Suid-Afrikaanse bod vir 2011, gelei deur die voormalige Springbokkaptein Francois Pienaar, het ’n sterk ondersteuning deur die nasionale regering geniet. Intussen is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aan Suid-Afrika toegewys.[8]

Tydens die IRR-raadsvergadering op 17 November 2005 in Dublin is die Rugbywêreldbeker 2011 ná die IRR-inspeksies van elke gasheerland van die bode gedurende Junie en Julie 2005 aan Nieu-Seeland toegeken.[9]

Deelnemende spanneWysig

 
Kaart van lande wat vir die Rugbywêreldbeker 2011 gekwalifiseer het

Twintig spanne het aan die Rugbywêreldbeker 2011 deelgeneem. Die volgende twaalf lande het outomaties gekwalifiseer omdat hulle in die top drie van hulle onderskeie poele tydens die Rugbywêreldbeker 2007 geëindig het:[10][11] Suid-Afrika, Engeland, Tonga, Australië, Fidji, Wallis, Nieu-Seeland, Skotland, Italië, Argentinië, Frankryk en Ierland. Die oorblywende agt spanne is ingesluit nadat hulle hul streekgebonde kwalifiserende kompetisies gewen het. Rusland, wat Portugal vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 2007.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Argentinië Outomaties Sewende 2007 Derde plek (2007)
  Australië Sewende 2007 Kampioen (1991, 1999)
  Engeland Sewende 2007 Kampioen (2003)
  Fidji Sesde 2007 Kwarteindrondte (1987, 2007)
  Frankryk Sewende 2007 Naaswenner (1987, 1999)
   Ierland Sewende 2007 Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003)
  Italië Sewende 2007 Poelfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007)
  Nieu-Seeland Sewende 2007 Kampioen (1987)
  Skotland Sewende 2007 Vierde plek (1991)
  Suid-Afrika Vyfde 2007 Kampioen (1995, 2007)
  Tonga Sesde 2007 Poelfase (1987, 1995, 1999, 2003, 2007)
  Wallis Sewende 2007 Derde plek (1987)
  Georgië Europa 1 Derde 2007 Poelfase (2003, 2007)
  Japan Asië 1 Sewende 2007 Poelfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007)
  Kanada Amerikas 1 Sewende 2007 Kwarteindrondte (1991)
  Namibië Afrika 1 Vierde 2007 Poelfase (1999, 2003, 2007)
  Roemenië Uitspeelwenner Sewende 2007 Poelfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007)
  Rusland Europa 2 Eerste Debuut
  Samoa Oseanië 1 Sesde 2007 Kwarteindrondte (1991, 1995)
  Verenigde State Amerikas 2 Sesde 2007 Poelfase (1987, 1991, 1999, 2003, 2007)

StadionsWysig

 
’n Lugfoto van Lancasterpark in Christchurch ná die 2011-aardbewing

Die 13 stadions vir die Rugbywêreldbeker 2011 is op 12 Maart 2009 bevestig.[12] Van die stadions is met die oog op dié toernooi ten einde van meer kapasiteit opgeknap. Die regering het dit oorweeg om ’n wet goed te keur om die toestemmingsproses te omseil om toe te laat dat van die stadions se herontwikkeling betyds voltooi sou word.[13]

As gevolg van skade aan die Christchurchstadion en die ander fasiliteite in Christchurch ná die aardbewings in Februarie 2011 is op 16 Maart aangekondig dat die wedstryde wat daar gespeel sou word, geskuif is. Die twee kwarteindrondtes is na Auckland verskuif, terwyl die vyf poelwedstryde na ander stede verskuif is.[14]

Op 10 November 2006 het die Nieu-Seelandse regering planne vir die "Stadion Nieu-Seeland" in Auckland bekend gemaak. Volgens dié voorstel sou die nuwe stadion met 70 000 sitplekke aan die waterfront gebou word. Ná protes deur die bevolking en ’n gebrek aan ondersteuning deur die Aucklandse Streekraad is die voorstel ten gunste van Edenpark se opknapping geskrap. Die herontwikkeling van Edenpark se suidelike en suidwestelike pawiljoens was gedurende 2010 klaar.

Dunedin se nuwe stadion, Forsyth Barr-stadion (tydens die toernooi bekend as Otagostadion), is in Augustus 2011 voltooi en pleks van Carisbrook ingespan.[15]

Auckland, Noordeiland Wellington, Noordeiland Dunedin, Suideiland Auckland, Noordeiland
Edenpark Westpac Otago (voorheen Carisbrook) North Harbour
36°52′30″S 174°44′41″O / 36.87500°S 174.74472°O / -36.87500; 174.74472 (Edenparkstadion) 41°16′23″S 174°47′9″O / 41.27306°S 174.78583°O / -41.27306; 174.78583 (Westpacstadion) 45°52′9″S 170°31′28″O / 45.86917°S 170.52444°O / -45.86917; 170.52444 (Otagostadion) 36°43′37″S 174°42′6″O / 36.72694°S 174.70167°O / -36.72694; 174.70167 (North Harbour-stadion)
Kapasiteit: 60 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 30 000
       
Hamilton, Noordeiland Rotorua, Noordeiland
Waikatostadion Rotorua Int’l Stadion
37°46′52″S 175°16′6″O / 37.78111°S 175.26833°O / -37.78111; 175.26833 (Waikatostadion) 38°9′21″S 176°13′27″O / 38.15583°S 176.22417°O / -38.15583; 176.22417 (Rotorua Int’l Stadion)
Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 26 000
   
Nieu-Plymouth, Noordeiland Nelson, Suideiland
Yarrowstadion Trafalgarpark
39°4′13″S 174°3′54″O / 39.07028°S 174.06500°O / -39.07028; 174.06500 (Yarrowstadion) 41°16′1″S 173°16′59″O / 41.26694°S 173.28306°O / -41.26694; 173.28306 (Trafalgarpark)
Kapasiteit: 26 000 Uitgebrei na 18 000
   
Invercargill, Suideiland Whangarei, Noordeiland Napier, Noordeiland Palmerston North, Noordeiland
Rugby Park Okarapark McLeanpark Arena Manawatu
46°25′1″S 168°21′46″O / 46.41694°S 168.36278°O / -46.41694; 168.36278 (Rugby Park-stadion) 35°43′56″S 174°19′44″O / 35.73222°S 174.32889°O / -35.73222; 174.32889 (Okarapark) 39°30′7″S 176°54′46″O / 39.50194°S 176.91278°O / -39.50194; 176.91278 (McLeanpark) 40°21′24″S 175°36′4″O / 40.35667°S 175.60111°O / -40.35667; 175.60111 (Arena Manawatu)
Kapasiteit: 17 000 Kapasiteit: 18 000 Uitgebrei na 15 000 Uitgebrei na 15 000
       

FormaatWysig

Die Rugbywêreldbeker 2011 is oor 44 dae tussen 20 verskillende nasies, oor 48 wedstryde gespeel. Dit het op 9 September 2011 begin op Edenpark met ’n wedstryd tussen die gasheer, Nieu-Seeland, en Tonga. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 23 Oktober met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Frankryk, waartydens die All Blacks die Webb Ellis-beker ingepalm het.

PoeleWysig

Poel A Poel B Poel C Poel D

  Nieu-Seeland[16]
  Frankryk[16]
  Tonga[16]
  Kanada
  Japan

  Argentinië[16]
  Engeland[16]
  Skotland[16]
  Georgië
  Roemenië

  Australië[16]
   Ierland[16]
  Italië[16]
  Rusland
  Verenigde State

  Suid-Afrika[16]
  Wallis[16]
  Fidji[16]
  Samoa
  Namibië

PoelfaseWysig

 
Stede in Nieu-Seeland waar wedstryde plaasvind het
 
Virtuo, die amptelike rugbybal van die Rugbywêreldbeker 2011
 
Maoridanser tydens die wedstryd tussen Suid-Afrika en Fidji

Soos in die Rugbywêreldbekertoernooie van 2003 en 2007 is die 20 nasies wat vir die Rugbywêreldbeker 2011 gekwalifiseer het, in vier poele verdeel. Die poele is verdeel van Poel A tot Poel D en elke poel het uit vyf spanne bestaan. Elke poel het drie outomatiese kwalifiseerders van die Rugbywêreldbeker 2007 gehad, met die ander twee plekke wat deur die kwalifiseringstelsel gevul is. Elke nasie het een keer teen elke ander span in hulle poel gespeel: elke nasie het dus vier wedstryde in die poelfase gespeel.

Klassifisering binne elke poel was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • twee vir ’n gelykopuitslag;
  • geen vir ’n nederlaag;
  • Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.[17]

Bonuspunte wat bydra tot spanne se kumulatiewe wedstrydpuntetelling is in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval) toegeken:

  • ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag);
  • ’n span verloor met sewe punte (’n verdoelde drie) of minder.[17]

Aan die einde van die poelfase was spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindstryd deurdring het.

UitklopfaseWysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindrondtewedstryde, twee halfeirondtewedstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die poele het na die uitklopfase deurgedring. Poelwenners het teen naaswenners in ander poele in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Poel A speel teen die naaswenner van Poel B en die wenner van Poel B speel teen die naaswenner van Poel A.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar na tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag is, word daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik word daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 10 minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner is nie word daar vir tien minute gespeel in ’n uitklop-formaat, waar die eerste span wat daarin slaag om punte te behaal, wen. As daar steeds nie ’n wenner is na 110 minute nie word die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.[17]

2011-effek op 2015-kwalifiseringWysig

Soos tydens die Rugbywêreldbeker 2007 het die top drie spanne in elke poel outomaties vir die volgende Rugbywêreldbeker 2015 in Engeland kwalifiseer.

WedstrydamptenareWysig

’n Paneel van 10 skeidsregters en 11 lynregters is vir die poelstadium ingespan. Vir die uitkloprondte het die 10 skeidsregters as skeidsregters, lynregters en televisieskeidsregters opgetree.[18]

Skeidsregters

Lynregters

WedstrydeWysig

PoelwedstrydeWysig

Poel AWysig

 
Wedstryd van 2 Oktober, Nieu-Seeland verslaan Kanada met 79–15
 
Wedstryd van 17 September, Suid-Afrika verslaan Fidji met 49–3
Span Wed Wen Gel Ver DV PV PT +/− BP Pte
  Nieu-Seeland 4 4 0 0 34 240 49 +191 4 20
  Frankryk 4 2 0 2 12 124 96 +28 3 11
  Tonga 4 2 0 2 7 80 98 -18 1 9
  Kanada 4 1 1 2 9 82 168 -86 0 6
  Japan 4 0 1 3 8 69 184 -115 0 2
  • Nieu-Seeland se kaptein, Richie McCaw speel sy 100ste toetswedstryd op 24 September 2011 teen Frankryk. Hy is die eerste All Black wat die eer te beurt val.

Poel BWysig

 
Wedstryd van 10 September, Engeland verslaan Argentinië met 13–9
Span Wed Wen Gel Ver DV PV PT +/− BP Pte
  Engeland 4 4 0 0 18 137 34 +103 2 18
  Argentinië 4 3 0 1 10 90 40 +50 2 14
  Skotland 4 2 0 2 4 73 59 +14 3 11
  Georgië 4 1 0 3 3 48 90 -42 0 4
  Roemenië 4 0 0 4 3 44 169 -125 0 0

Poel CWysig

 
Wedstryd van 23 September, Australië verslaan die Verenigde State met 67–5
Span Wed Wen Gel Ver DV PV PT +/− BP Pte
   Ierland 4 4 0 0 15 135 34 +101 1 17
  Australië 4 3 0 1 25 173 48 +125 3 15
  Italië 4 2 0 2 13 92 95 -3 2 10
  Verenigde State 4 1 0 3 4 38 122 -84 0 4
  Rusland 4 0 0 4 8 57 196 -139 1 1
  • Ierland sorg vir die eerste verrassing deur Australië op 17 September met ’n telling van 22–10 te wen.

Poel DWysig

 
Wedstryd van 30 September, Suid-Afrika verslaan Samoa met 13–5
Span Wed Wen Gel Ver DV PV PT +/− BP Pte
  Suid-Afrika 4 4 0 0 21 166 24 +142 2 18
  Wallis 4 3 0 1 23 180 34 +146 3 15
  Samoa 4 2 0 2 10 91 49 +42 2 10
  Fidji 4 1 0 3 7 59 167 -108 1 5
  Namibië 4 0 0 4 5 44 266 -222 0 0
  • Op 22 September wen Suid-Afrika vir Namibië met 87–0. Dit is die meeste punte wat Suid-Afrika nog tydens ’n rugbywêreldbekerwedstryd kon aangeteken. Bryan Habana oortref ook Joost van der Westhuizen se Suid-Afrikaanse rekord vir meeste toetsdrieë in die 22ste minuut toe hy sy 39ste drie in die Groen-en-Goud gedruk het.[19]

UitklopwedstrydeWysig

 
Nieu-Seeland nadat hulle in 2011 as die wêreldkampioen gekroon is
Kwarteindrondte Halfeindrondte Finale
                   
8 Oktober – Wellington        
    Ierland  10
15 Oktober – Auckland
   Wallis  22  
   Wallis  8
8 Oktober – Auckland
     Frankryk  9  
   Engeland  12
23 Oktober – Auckland
   Frankryk  19  
   Frankryk  7
9 Oktober – Wellington
     Nieu-Seeland  8
   Suid-Afrika  9
16 Oktober – Auckland
   Australië  11  
   Australië  6 derde plek
9 Oktober – Auckland
     Nieu-Seeland  20   21 Oktober – Auckland
   Nieu-Seeland  33
     Wallis  18
   Argentinië  10  
   Australië  21

KwarteindrondteWysig

HalfeindrondteWysig

Klein finale (vir die derde plek)Wysig

EindstrydWysig


Rugbywêreldkampioen 2011
  Nieu-Seeland

Finale puntestandWysig

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 20 deelnemende nasionale rugbyspanne ná die Rugbywêreldbeker 2011.[20]

Rang Span Poel Wed Wen Gel Ver Pte Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1   Nieu-Seeland A 7 7 0 0 301 40 25 15 2
2   Frankryk A 7 4 0 3 159 16 11 17 2
3   Australië C 7 5 0 2 211 28 19 9 2
4   Wallis D 7 4 0 3 228 29 22 13 0
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5   Suid-Afrika D 5 4 0 1 175 21 20 9 1
6   Engeland B 5 4 0 1 149 20 14 6 1
7    Ierland C 5 4 0 1 145 16 13 12 1
8   Argentinië B 5 3 0 2 100 11 9 9 0
In die poelfase uitgeskakel
9   Italië C 4 2 0 2 92 13 6 5 0
10   Samoa D 4 2 0 2 91 10 7 8 1
11   Tonga A 4 2 0 2 80 7 6 11 0
12   Skotland B 4 2 0 2 73 4 1 13 4
13   Kanada A 4 1 1 2 82 9 5 7 2
14   Fidji D 4 1 0 3 59 7 6 4 0
15   Georgië B 4 1 0 3 48 3 3 9 0
16   Verenigde State C 4 1 0 3 38 4 3 4 0
17   Japan A 4 0 1 3 69 8 4 7 0
18   Rusland C 4 0 0 4 57 8 4 2 1
19   Roemenië B 4 0 0 4 44 3 1 9 0
20   Namibië D 4 0 0 4 44 5 2 2 3
Totaal 48 2245 262 181 171 20

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "Rugby Union – IRB Rugby World Cup – Most individual points in a tournament". ESPNscrum. Besoek op 29 September 2019.
  2. (en) "Rugby Union – IRB Rugby World Cup – Most individual tries in a tournament". ESPNscrum. Besoek op 29 September 2019.
  3. (en) "Christchurch loses all RWC games". The New Zealand Herald. 16 Maart 2011. Besoek op 29 September 2019.
  4. (en) "Rugby World Cup 2011". New Zealand Ministry of Foreign Affairs and Trade. Besoek op 1 September 2011.
  5. (en) Hembry, Owen (20 Augustus 2011). "Here come the Cup fans". The New Zealand Herald. Besoek op 29 September 2019.
  6. (en) "Three bids for 2011 World Cup". BBC. 13 Mei 2005. Besoek op 29 September 2019.
  7. (en) "Japan frustrated by 2011 decision". BBC. 17 November 2005. Besoek op 29 September 2019.
  8. (en) "South Africa eyes Cup bid". BBC. 17 Mei 2004. Besoek op 29 September 2019.
  9. (en) "New Zealand handed 2011 World Cup". BBC. 17 November 2005. Besoek op 29 September 2019.
  10. (en) "Qualifying changes for 2011 RWC". BBC. 10 Mei 2007. Besoek op 29 September 2019.
  11. (en) "RWC 2007 – Standings". irb.com. Besoek op 24 Augustus 2008.
  12. (en) "RWC 2011 fixtures and pool venues announced". rugbyworldcup.com. Internasionale Rugbyraad. 12 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2009. Besoek op 12 Maart 2009.
  13. (en) Gower, Patrick (13 Desember 2008). "Deadline fears for stadium". The New Zealand Herald. Besoek op 29 September 2019.
  14. (en) "Rugby World Cup press release on Christchurch matches". Television New Zealand. 16 Maart 2011. Besoek op 16 Maart 2011.
  15. (en) "Carisbrook 'on track' for cup games". Otago Daily Times. Allied Press. 4 Maart 2009. Besoek op 29 September 2019.
  16. 16,00 16,01 16,02 16,03 16,04 16,05 16,06 16,07 16,08 16,09 16,10 16,11 Outomatiese kwalifiseerder (kwarteindfinaliste in 2007).
  17. 17,0 17,1 17,2 (en) "Tournament Rules". rugbyworldcup.com. Besoek op 14 Augustus 2007.
  18. (en) "RWC 2011 Selection" (PDF). irb.com. Internasionale Rugbyraad. 8 April 2011. Besoek op 11 April 2011.
  19. (af) Rugby-wêreldbeker Bokke slag Namibië, besoek op 22 September 2011
  20. (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Besoek op 29 September 2019.

Verdere leesstofWysig

  • (en) Peatey, Lance (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.

Eksterne skakelsWysig