Quade Cooper
Quade Santini Cooper (gebore 5 April 1988) is 'n professionele rugbyspeler en aan-en-af bokser. Hoewel hy 'n Nieu-Seelandse burger is, verteenwoordig hy Australië in internasionale rugby. Hy het tydens die Rugbywêreldbeker 2011 en Rugbywêreldbeker 2015 vir Australië uitgedraf. Hy speel tans vir die Queensland Reds in die Superrugbykompetisie in Australië. Sy voorkeurposisie is losskakel.
| |||||
Quade Cooper in 2014 | |||||
Volle naam | Quade Santini Cooper | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 5 April 1988 | ||||
Geboorteplek | Auckland, Nieu-Seeland | ||||
Lengte | 1,96 m | ||||
Massa | 93 kg | ||||
Skool | Forest View High School | ||||
Vername familie | Sean Maitland (neef) | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015–2016 | Toulon | 15 | (10) | ||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014–2015 | Brisbane City | 3 | (39) | ||
korrek soos op 5 Maart 2017. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2007–2015, 2017– | Queensland Reds | 107 | (782) | ||
korrek soos op 5 Maart 2017. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2008– | Australië | 67 | (154) | ||
korrek soos op 5 Maart 2017. | |||||
Nasionale Sewesspan | |||||
Jare | Land | Toernooie | |||
Australië |
2016
wysigDaar is bevestig dat Cooper by die Australiese sewes sou aansluit vir die 2016 Olimpiese Spele, beginnende met die Sydney-been van die IRB Sewes. Cooper het sy eerste drie vir die Australiese sewesspan op 6 Maart 2016 gedruk tydens die span se 36-7 oorwinning teen Engeland.[1]
Boks
wysigIn November 2012 het Cooper aangekondig dat hy sou boks in die voorgeveg van vriend Sonny Bill Williams se geveg op 8 Februarie 2013. Hy het as 'n kruisergewig[2] teen Muay Thai veteraan Barry Dunnett geboks, en wen in die eerste ronde met 'n uitklophou.[3]
Verwysings
wysig- ↑ "World Rugby Sevens: Quade Cooper silences doubters with try in Las Vegas". The Sydney Morning Herald (in Engels). Fairfax Media. 6 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2016. Besoek op 12 Maart 2016.
- ↑ "Cooper announces his new club..." (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2018.
- ↑ "Cooper to face veteran..." (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Quade Cooper.