Uruguaanse nasionale rugbyspan

Die Uruguaanse nasionale rugbyspan is ’n sportspan wat Uruguay in internasionale rugby verteenwoordig. Die span wat in hemelblou en wit truie speel, dra die bynaam Los Teros (die "[suidelike] kiewiete").

Uruguay
Flag of Uruguay.svg
Unie Uruguaanse Rugbyunie
Bynaam(e) Los Teros
Embleem die Chileense kiewiete
Stadion Estadio Charrúa, Montevideo
Kapasiteit 14 000
President Sebastian Piñeyrua
Afrigter(s) Vlag van Argentinië Esteban Meneses
Kaptein(s) Juan Manuel Gaminara
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Diego Magno (92)[1]
Meeste toetspunte Felipe Berchesi (317)[2]
Meeste drieë Diego Ormaechea (33)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Chili Chili 21–3 Uruguay Vlag van Uruguay
(Buenos Aires, Argentinië; 5 Augustus 1948)
Grootste oorwinning
Vlag van Paraguay Paraguay 6–102 Uruguay Vlag van Uruguay
(Puerto Iguazú, Argentinië; 14 Mei 2011)
Grootste nederlaag
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 134–3 Uruguay Vlag van Uruguay
(Oos-Londen, Suid-Afrika; 11 Junie 2005)
Wêreldbeker
Verskynings 4/9 (Eerste in 1999)
Beste uitslag Derde in poel 1999
Unie webwerf
www.uru.org.uy

Rugby word in Uruguay deur die Uruguaanse Rugbyunie (URU, van Spaans: Unión de Rugby del Uruguay) geadministreer. Die Uruguaanse rugbyspan is tans (16 Desember 2019) 18de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys[4] en tans die derde beste rugbyspan in die Amerikas, na sy buurland Argentinië en die Verenigde State.

Uruguay het in 1948 sy internasionale rugbydebuut teen Chili gemaak. Uruguay neem ook gereeld aan die Amerikaanse Kampioenskap deel en speel in dié toernooi teen Argentinië XV, Brasilië, Chili, Kanada en die Verenigde State.

Uruguay het tot dusver vir vier rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer (in 1999, 2003, 2015 en 2019).

GeskiedenisWysig

1900’s–1960’sWysig

 
Uruguay teen Chili tydens die 1951-Suid-Amerikaanse kampioenskap in Buenos Aires

Rugby is op Uruguaanse bodem dalk in die 19de eeu gespeel, met berigte waarvolgens in 1865 rugbyvoetbal in Uruguay gespeel is,[5] alhoewel die oorsprong van rugby in Uruguay ietwat omstrede bly. Ongeag wie die eerste rugbywedstryd in Uruguay gespeel het, is dit duidelik dat rugby deur Britse immigrante in die 19de eeu na Uruguay gebring is, terwyl die speel veral deur die Gemeente van Christenbroers, wat van Ierse herkoms was, gewild gemaak is. Vervolgens beskik Uruguay oor een van die oudste rugbykulture buite die Britse Eilande en een van die mees gevestigde in Suid-Amerika.

Uruguay het sy amptelike internasionale debuut in 1948 gemaak, toe hulle teen Chili speel, maar Uruguay verloor met 21–3. Ná hul debuutwedstryd het Uruguay aan die Pan-Amerikaanse Spele deelgeneem, en teen die meer ervare Argentinië uitgedraf, maar met 0–62 verloor. Uruguay het toe vir ’n tweede keer teen Chili gespeel, en kon hulle 8–3 verslaan. Die eindstryd van die toernooi was ’n 17–10-oorwinning oor Brasilië. Uruguay het vervolgens as naaswenners tydens die eerste nieamptelike Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap geword.

Uruguay het, ná twee jaar se onderbreking, in 1956 teen Chili gespeel, wie hulle 6–3 geklop het. In 1958 het hulle aan die eerste amptelike Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem, en in ’n poel van drie spanne meegeding. Hulle het hul eerste wedstryd teen Chili gespeel, maar hierdie keer met 9–34 verloor. Die Teros ontmoet weer Argentinië, en het nog ’n nederlaag gely, dié keer met 3–50. Uruguay kon Peru (10–6) in die laaste wedstryd verslaan.

In 1960 het Uruguay vir die eerste keer teen een van die rugbymagte van die Noordelike Halfrond te staan gekom, en teen Frankryk XV in Montevideo tydens die Franse toer na Suid-Amerika met 0–59 verloor. Uruguay het ná hierdie wedstryd aan sy tweede Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem. In hul eerste taai wedstryd kon Uruguay Brasilië klop (11–8), maar het toe teen Chili (5–28) en Argentinië (3–36) in hul nouste resultaat tot dusver teen albei lande verloor.

1970’s–1980’sWysig

Die 1970’s het in 1971 met ’n oorwinning oor Paraguay afgeskop, wat deur ’n oorwinning en ’n nederlaag teen Chili en ’n oorwinning oor Brasilië opgevolg is. Hulle het in die 1970’s ook twee keer teen Argentinië gespeel. Uruguay kon al sy wedstryde ten spyte van dié teen Argentinië, asook een nederlaag en een gelykop teen Chili, wen. Die volgende wedstryd teen Argentinië, twee jaar later in 1979, was Uruguay egter naby om die Poemas te klop, met net drie punte af, en die eindtelling was 19–16.

Die 1980’s begin met ’n 54–14-oorwinning oor Paraguay, wat gelei het tot ’n wenstreep wat in 1983 deur Argentinië stopgesit is. In 1985 het Frankryk Montevideo besoek om ’n tweede keer teen die Teros te speel, en kon hulle 34–6 klop. Nog ’n kort onoorwonne streep het gedurende 1987/1989 plaasgevind, wat onderbreek is deur ’n 19–17-nederlaag teen Chili. Dit is opgevolg deur ’n tweede nederlaag teen Argentinië en ’n nederlaag aan ’n nuwe teenstander, die Amerikaanse Arende.

1990’sWysig

 
Die suidelike kiewiet, embleem van die Uruguaanse nasionale rugbyspan

Die 1990’s het afgeskop met oorwinnings oor Chili, Brasilië en Paraguay. Dit is opgevolg deur oorwinnings oor hul tradisionele teenstanders, alhoewel Uruguay nog steeds teen Argentinië verloor het, het hulle ook in 1995 in ’n taai wedstryd teen Kanada met 28–9 verloor. Uruguay het teen sterker spanne soos Argentinië, Kanada en die VSA gespeel, maar die wedstryde teen Kanada en die VSA was nou meer mededingend as van hul vorige wedstryde.

Hul grootste prestasie tot dusver was die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1999 in Wallis. Hulle kon hul poelwedstryd teen Spanje wen, en het derde in hul poel geëindig.

2000–hedeWysig

 
Die Estadio Charrúa in Montevideo, tuiste van Uruguaanse rugby
 
Kwalifiserende wedstryd tussen Uruguay en Rusland vir die Rugbywêreldbeker 2015

Uruguay het in 2001 met minder as tien punte teen Argentinië verloor, en het dieselfde jaar ook teen spanne soos Italië gespeel. Uruguay kon in die vroeë 2000’s die meeste van sy wedstryde teen die tradisionele Amerikaanse teenstanders wen. Later in 2002 kon Uruguay Kanada 25–23 verslaan. Hulle kon die prestasie herhaal deur die VSA 10–9 te klop. Uruguay kon ook vir die Rugbywêreldbeker 2003 kwalifiseer, waar hulle hul wedstryd teen Georgië met 24–12 kon wen.

Uruguay se veldtog vir die Rugbywêreldbeker 2007 het in die Amerikas se rondte 3a afgeskop, waar hulle teen Argentinië en Chili te staan gekom het. Nadat Uruguay in hul eerste wedstryd deur Argentinië 26–0 verslaan is, kon hulle Chili 43–15 in Montevideo klop, waarna hulle tot rondte 4 gevorder het. Hier het hulle teen die VSA te staan gekom, maar Uruguay het volgens algehele punte verloor, waarna hulle die uitspeelrondte as Amerikas 4 betree het. Uruguay het sy uitspeelwedstryde teen Portugal gespeel — hulle het die eerste in Lissabon verloor en die tweede in Montevideo gewen — maar volgens algehele punte verloor en dus die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk misgeloop.

Uruguay het die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2011 verloor. Uruguay kon die 2009 Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap "A" wen, nadat hulle Brasilië en Chili op Estadio Charrúa kon klop. Uruguay het toe teen die VSA 22–27 en 6–27 verloor. In die uitspeelwedstryd kon Uruguay Kasakstan 44–7 verslaan, maar in die wedstryd om die 20ste en laaste plek vir die Rugbywêreldbeker 2011 kon Uruguay tuis net in ’n 21–21-gelykop teen Roemenië speel en is in Boekarest 12–32 verslaan.

Gedurende die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2015 kon Uruguay die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap "A" wen, nadat hulle op Estadio Charrúa beide Brasilië (58–7) en Chili (23–9) verslaan. In Maart 2014 het Uruguay teen die VSA in ’n NACRA-CONSUR-uitspeelwedstryd om die laaste Amerikaanse plek te staan gekom. Uruguay ewenaar die tuiswedstryd 27–27, maar verloor die wegwedstryd met 32–13. Uruguay het toe die uitspeelwedstryd gespeel, waar hulle Hongkong 28–3 op Estadio Charrúa verslaan, en teen Rusland om die 20ste en laaste plek te staan kon. Uruguay kon vir die Rugbywêreldbeker 2015 kwalifiseer, nadat hulle Rusland volgens ’n algehele puntestand 57–49 in die twee wedstryd kon verslaan, die tweede wedstryd was ’n 36–27-oorwinning voor ’n skare van 14 000 op die Charrua-stadion.[6]

Uruguay kon drie oorwinnings tydens die 2016 Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap aanteken, maar eindig vierde, nadat hulle net twee bonuspunte kon aanteken. Tydens die 2017 Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap het Uruguay drie oorwinnings behaal en twee nederlae gely, en derde geëindig. Op 3 Februarie 2018 kon Los Teros vir die Rugbywêreldbeker 2019 as Amerikas 2 kwalifiseer, nadat hulle Kanada tuis en weg kon klop, en kon die toernooi met ’n verrassende 30–27-oorwinning oor Fidji op 25 September afskop, dit was Uruguay se eerste oorwinning tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi in 16 jaar.[7][8]

Op 30 Oktober 2019 het ’n nagklub in die suidweste van Japan kriminele klagte teen spelers van die Uruguaanse span van die Rugbywêreldbeker in 2019 weens beweerde skade aan eiendom ingedien.[9]

RekordsWysig

Algehele rekordWysig

 
Uruguay se plek op Wêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede

Uruguay het teen 16 Desember 2019 135 van hulle 284 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 47,54%.[10]

Uruguay se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 16 Desember 2019)[10]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
  Argentinië 42 0 42 0 0
  Argentinië XV 12 3 9 0 40
  Argentinië Jaguars 2 0 2 0 0
  Australië 1 0 1 0 0
  België 1 1 0 0 100
  Brasilië 27 25 2 0 92,59
  Chili 52 40 11 1 77,88
  Duitsland 1 0 1 0 0
  Engeland 2 0 2 0 0
  Fidji 4 1 3 0 25
  Fidji XV 1 0 1 0 0
  Fidji Warriors 3 1 2 0 33,33
  Frankryk XV 2 0 2 0 0
  Georgië 6 2 4 0 33,3
  Hongkong 1 1 0 0 100
  Italië 3 0 3 0 0
  Japan 3 1 2 0 33,33
  Kanada 13 5 8 0 33,33
  Kasakstan 1 1 0 0 100
  Marokko 2 1 1 0 50
  Namibië 4 3 1 0 75
  Nieu-Seeland XV 1 0 1 0 0
  Opkomende Ierland 3 0 3 0 0
  Opkomende Italië 4 2 2 0 50
  Paraguay 26 25 0 1 96,15
  Peru 1 1 0 0 100
  Portugal 10 7 3 0 70
  Roemenië 9 1 7 1 11,11
  Rusland 9 5 4 0 55,55
  Samoa 1 0 1 0 0
  Skotland 1 0 1 0 0
  Skotland A 1 0 1 0 0
  Spanje 12 6 6 0 50
  Suid-Afrika 3 0 3 0 0
  Suid-Afrika Presidents XV 1 0 1 0 0
  Venezuela 1 1 0 0 100
  Verenigde State 19 3 15 1 18,42
  Wallis 1 0 1 0 0
Totaal 284 135 145 4 47,54

WêreldbekerrekordWysig

Jaar Uitslag
1987 Geen deelname
1991 Geen deelname
1995 Geen deelname
1999 Poelfase
2003 Poelfase
2007 Geen deelname
2011 Geen deelname
2015 Poelfase
2019 Poelfase
2023 N.v.t.

VerwysingsWysig

  1. "Most matches" (in Engels). ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 16 Desember 2019.
  2. "Most points" (in Engels). ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 16 Desember 2019.
  3. "Most tries" (in Engels). ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 16 Desember 2019.
  4. "World Rugby Rankings" (in Engels). Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2020. Besoek op 16 Desember 2019.
  5. (en) Richards, bl. 54, Hoofstuk 2 Practising the Games of the Anglo-Saxon...
  6. (en) "Uruguay qualify for Rugby World Cup 2015" Geargiveer 12 Oktober 2014 op Wayback Machine, IRB.com, 11 Oktober 2014. [dooie skakel]
  7. "Uruguay shock Fiji in World Cup thriller to pull off historic victory". The Guardian (in Engels). 24 September 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2019. Besoek op 16 Desember 2019.
  8. "Uruguay pull off massive shock with World Cup win over Fiji". The 42 (in Engels). 25 September 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2019. Besoek op 16 Desember 2019.
  9. "Rugby: Nightclub files criminal complaint against Uruguay players". Kyodo News (in Engels). 30 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 16 Desember 2019.
  10. 10,0 10,1 "International Rugby Union Statistics – Uruguay" (in Engels). ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2018. Besoek op 16 Desember 2019.

Eksterne skakelsWysig