Maak hoofkeuseskerm oop

Spaanse nasionale rugbyspan

Die Spaanse nasionale rugbyspan verteenwoordig Spanje in rugby en staan ook bekend as Los Leones (Spaans vir: "die leeus"). Rugby in Spanje word bestuur deur die Federaçión española de rugby en hulle speel sedert die 1920’s rugby, met die eerste internasionale wedstryd teen Italië in 1929. Hulle ding gereeld mee om die Europese Nasiesbeker. Spanje het vir die Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer, waar hulle in ’n poel saam met Suid-Afrika, Skotland en Uruguay was, maar hulle het op die laaste plek geëindig. Die Spaanse rugbyspan is tans (2 Desember 2019) 16de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Spanje
Flag of Spain.svg
Unie Federaçión española de rugby
Bynaam(e) Los Leones (Die leeus)
Embleem Leeu
Stadion Estadio Nacional Complutense
Kapasiteit 12 400
Afrigter(s) Santiago Santos
Kaptein(s) Jesús Recuerda Núñez
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Jaime Nava de Olano (78)[1]
Meeste punte Esteban Roqué Segovia (285)[2]
Meeste drieë César Sempere (31)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Spanje Spanje 9–0 Italië Vlag van Italië
(Barcelona, Spanje; 20 Mei 1929)
Grootste oorwinning
Vlag van Spanje Spanje 90–8 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(Madrid, Spanje; 2 April 1995)
Grootste nederlaag
Vlag van Spanje Spanje 10–92 Australië Vlag van Australië
(Madrid, Spanje; 1 November 2001)
Wêreldbeker
Verskynings 1/9 (Eerste in 1999)
Beste uitslag Laaste in poel in 1999
Unie webwerf
www.ferugby.es

Aan die einde van 2013 het Spanje na Suid-Amerika gereis om teen Chili en Uruguay te speel waarna hulle na Spanje teruggekeer het om teen Japan te speel. Spanje het teen Chili gewen maar teen Uruguay en Japan verloor.

GeskiedenisWysig

Vroeë geskiedenis en amateurtydperkWysig

Die presiese beginpunt van rugby in Spanje is onbekend; in 1921 het die Katalaanse student Baldiri Aleu die speel uit Frankryk aan ’n Spaanse gehoor voorgestel, maar die speel is dalk vroeër op Spaanse bodem gespeel.[5] Gedurende die 1920's het die speel in universiteite van die land geleidelik gewild geword. Die eerste Copa del Rey de Rugby is in 1926 van stapel gestuur, en deur Barcelona gewen. ’n Nieamptelike Spaanse XV het in 1927 teen Frankryk, insluitende Yves du Manoir gespeel, maar die wedstryd is deur ’n rebellerende beheerliggaam aangebied.[6]

Spanje het sy eerste amptelike wedstryd in 1929 gespeel, toe hulle Italië 9–0 op Estadi Olímpic de Montjuïc kon klop.[6] Gedurende die 1930's het die Spaanse rugbyspan onreëlmatig gespeel, en wedstryde teen Italië, Marokko, Duisland en Portugal gespeel. Weens die Tweede Wêreldoorlog is rugbywedstryde in die grootste deel van Europa, insluitende Spanje, afgelas. Rugbybedrywighede in Europa is in die 1950's voortgesit; gedurende hierdie dekade het die Spaanse span teen teenstanders soos Wes-Duitsland, Italië en Roemenië gesukkel. Die patroon is in die 1960's en 1970's voortgesit; Spanje het tradisioneel teen meer gevestigde rugbynasies soos Roemenië en Italië gesukkel, maar kon spanne van aangrensende lande soos Portugal en Marokko klop. Alhoewel daar geen amptelike wedstryde tussen Spanje en die Tuisnasies of die SANZAR beslis is nie, het verskeie Spaanse spanne teen ander nasionale spanne uitgedraf.[7]

Die 1980's was ’n goue era vir Spaanse rugby; in November 1982 het Spanje vir die eerste keer wedstryde teen nie-FIRA-lede gespeel, en ’n toets teen beide die Māori All Blacks en die Suid-Amerikaanse krag Argentinië in Madrid beslis. Die Spanjaarde kon die Māori 66–3 verneder, en was op die punt om die Argentyne te klop, maar het nogtans 19–28 verloor. Spanje het ook Zimbabwe vir verskeie toetse gedurende die 1980's gehuisves. Die Spanjaarde kon al verrassings behaal, en Zimbabwe in Harare in 1984 30–18 klop.

Begin van die Rugbywêreldbekertoernooie (1987–2009)Wysig

 
Spanje speel teen Tsjeggië op 3 November 2007
 
Spanje speel teen Duitsland op 15 November 2008

Die Spaanse span kon nog ’n indrukwekkende toer na Zimbabwe, ’n span wat aan die Rugbywêreldbeker 1987 deelgeneem het, onderneem, en hulle 28–16 en 14–9 in Bulawayo en Harare klop. Ander destydse noemenswaardige resultate sluit ’n oorwinning oor Uruguay 18–6, maar ook om die spanne van Engeland en Skotland skrik te maak, en hul afstand van binne tien punte om die Māori in 1988 amper te klop; Spanje is as een van die beste nie-Vyfnasies-spanne in Europa, net agter Roemenië, Italië en die Sowjetunie beskou. Spanje het in 1987 amptelik by die IRR aangesluit, nadat hulle nie vir die Rugbywêreldbeker 1987 genooi is nie, ten spyte van die USSR wat sy uitnodiging verwerp het.

Die 1990's was gemeng met beide amper mislukkings en uiteindelike sukses. Tydens die Europese kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1991 kon Spanje sy eerste groep, bestaande uit Nederland, Pole en België, maklik wen, al die wedstryde is tuis beslis. Spanje het die Rugbywêreldbeker 1991 egter net-net misgeloop, nadat hulle deur Roemenië 19–6 geklop is, en derde agter Italië en Roemenië geëindig het. In 1992 kon Spanje Roemenië vir die eerste keer klop, nadat hulle die Roemene 6–0 verslaan. Spanje kon dieselfde jaar ook amper Argentinië klop, maar is in ’n naelbytery in Madrid 43–34 verslaan.

1995 het op soortgelyke wyse as die 1991-veldtog begin, nadat Spanje die eerste groep maklik kon wen. Spanje is egter ongelukkig in ’n groep met Wallis geplaas, en het die beslissende wedstryd 54–0 verloor, en het vervolgens die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika misgeloop.

Spanje het sy kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1999 in Poel 3 van rondte B begin. Hulle kon al vier wedstryde in die rondte wen, en die tabel as eerste bo Portugal afsluit. Hulle het, saam met Portugal, tot die volgende rondte met Skotland gevorder. Hulle het as naaswenner geëindig en vervolgens vir hul eerste rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1999 is Spanje in Poel A, saam met Skotland, Suid-Afrika en Uruguay geloot. Hul eerste wedstryd tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi was teen Uruguay, wat Spanje 27–15 verloor het. Hulle het hul volgende wedstryde teen Skotland en die Springbokke met 40 punte verloor, albei wedstryde is op Murrayfield beslis. Spanje kon nie daarin slag om ’n drie te druk nie, die enigste span wat vir die toernooi gekwalifiseer het, maar nie daarin kon slag nie.

Spanje het met die kwalifikasie vir die Rugbywêreldbeker 2003 in Mei 2002 begin. Hulle het tot rondte 3 gevorder, nadat Spanje Portugal kon klop. Hulle het egter teen beide Italië en Roemenië verloor, en het teen Rusland vir ’n plek in die uitspeelrondte te staan gekom. Ten spyte van hul 3–36-nederlaag in die eerste wedstryd in Madrid, kon Spanje ’n verrassende oorwinning in die tweede wedstryd aanteken en 38–22 wen. Ondanks hul verlies volgens algehele punte, het Spanje tot die uitspeelwedstryd gevorder, nadat Rusland weens die inspanning van ongeskikte spelers gediskwalifiseer is. Hulle verslaan Tunisië en het teen die VSA te staan gekom. Spanje is in albei wedstryde 62–13 en 58–13 geklop, en het die rugbywêreldbekertoernooi weereens misgeloop.

Tydens die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2007, het Spanje eerste in Poel A van rondte 2 in die Europese kwalifisering geëindig en tot rondte drie gevorder, waar hulle in Poel A geloot is. Hier kon Spanje al sy vier wedstryde wen en as wenner van die poel eindig om sodoende tot die uitspeelwedstryd te vorder. Hulle het teen Duitsland te staan gekom, en hoewel hulle hul eerste wedstryd verloor het, kon hulle die tweede wen en ’n 42–28 algeheel behaal en vervolgens tot rondte 4 vorder, waar hulle Tsjeggië kon klop om tot rondte 5 te vorder. Spanje het egter teen Roemenië en Georgië in Poel B verloor, wat hul hoop om die Wêreldbeker in Frankryk te haal, beëindig het.

2010–hedeWysig

 
Spanje speel teen Portugal op 16 Maart 2013

Spanje het die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland misgeloop, nadat hulle tydens die kwalifisering gesukkel het. Spanje het agt van sy tien wedstryde verloor, en kon net Duitsland twee keer klop, en het vervolgens nie tot die volgende kwalifiseringsrondte gevorder nie.

Spanje het in Februarie 2012 vir die eerste keer die top 20 in die IRR se ranglys behaal, nadat hulle die hoër geplaaste Georgië 25–18 kon klop, en Spanje kon die hele jaar onder die beste 20 spanne bly, en 2012 op die 18de plek afgesluit.[4] Ondanks die prestasie was die veldtog vir die Rugbywêreldbeker 2015 teleurstellend, nadat Spanje net twee van sy wedstryde kon wen en twee gelykop aangeteken het. Dit het tot ’n herstrukturering en samestelling van die FER se strategieë gelei.[8] Spanje het onlangs aan WêreldRugby se Nasiesbeker en die 2014 IRR Tbilisi-beker deelgeneem.

Spanje is, saam met België en Roemenië, nadat hulle tydens die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2019 ongeskikte spelers ingespan het, vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet.[9][10] Vervolgens kon die drie spanne nie vir die 2019-toernooi kwalifiseer nie.

RekordsWysig

Algehele rekordWysig

Spanje het teen 2 Desember 2019 149 van hulle 369 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 40,38%.[11]

Spanje se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 2 Desember 2019)[11]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
  Andorra 3 3 0 0 100
  Argentinië 4 0 4 0 0
  Argentinië XV 2 0 2 0 0
  Argentynse Jaguars 1 0 1 0 0
  Australië 1 0 1 0 0
  Australië A 1 0 1 0 0
  België 16 13 2 1 81,25
  Brasilië 1 1 0 0 100
 Britse Lugmag 4 0 2 2 0
 Britse Barbarians 1 0 1 0 0
  Chili 5 3 2 0 60
  Denemarke 1 1 0 0 100
  Duitsland 13 9 3 1 69,23
  Opkomende Engeland 1 0 1 0 0
  Engeland o/23 2 0 2 0 0
  Fidji 1 0 1 0 0
  Frankryk XV 24 1 23 0 4,17
  Franse Leër 4 1 2 1 25
  Georgië 19 3 15 1 15,79
  Hongarye 1 1 0 0 100
  Italië 27 3 23 1 11,11
  Opkomende Italië 1 0 1 0 0
  Japan 3 0 3 0 0
  Joego-Slawië 4 4 0 0 100
  Kanada 2 0 2 0 0
  Kenia 1 0 1 0 0
  Kroasië 2 1 0 1 50
  Māori All Blacks 2 0 2 0 0
  Marokko 20 13 5 0 65
  Moldowa 1 1 0 0 100
  Namibië 7 5 2 0 71,42
  Nederland 14 13 0 1 92,86
  Oekraïne 2 2 0 0 100
  Pole 16 10 6 0 62,50
  Portugal 36 24 10 2 66,67
  Roemenië 36 3 33 0 8,33
  Rusland 21 5 16 0 23,81
  Skotland 1 0 1 0 0
  Skotland XV 4 0 4 0 0
  Skotland A 1 0 1 0 0
  Slowenië 1 1 0 0 100
  Sowjetunie 7 0 7 0 0
  Suid-Afrika 1 0 1 0 0
  Swede 2 2 0 0 100
  Switserland 1 1 0 0 100
  Tonga 1 0 1 0 0
  Tsjeggië 8 6 2 0 75
  Tsjeggo-Slowakye 5 2 2 1 40
  Tunisië 5 4 1 0 80
  Uruguay 11 5 6 0 45,45
  Verenigde State 3 0 3 0 0
  Wallis 1 0 1 0 0
  Wes-Duitsland 10 4 5 1 40
  Zimbabwe 7 5 2 0 71,43
Totaal 369 149 205 15 40,38

WêreldbekerrekordWysig

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Poelfase
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

VerwysingsWysig

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 2 Desember 2019.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 2 Desember 2019.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 2 Desember 2019.
  4. 4,0 4,1 (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 2 Desember 2019.
  5. (es) "Historia del Rugby: España". Rugby de Calle. 17 September 2015. Besoek op 11 Maart 2016.
  6. 6,0 6,1 (en) Richards, Huw (2006). A Game for Hooligans. Edinburg: Mainstream Publishing. p. 129. ISBN 978-1-84596-255-5. Hoofstuk 6, Gathering Storms
  7. (es) "80 años de historia". Arquitectura Rugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2016. Besoek op 11 Maart 2016.
  8. (es) "Blog De la Calle: Rugby español, ni español ni..." Eurosport. 25 Februarie 2016. Besoek op 10 Maart 2016.
  9. (en) "Independent Appeal Committee decision regarding Romania and Spain". Wêreldrugby. 6 Junie 2018. Besoek op 2 Desember 2019.
  10. (en) "Russia handed 2019 World Cup spot". ESPNscrum. 15 Mei 2018. Besoek op 2 Desember 2019.
  11. 11,0 11,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Spain". ESPNscrum. Besoek op 2 Desember 2019.

Eksterne skakelsWysig