Marokko (Arabies: المغرب‎ al-Maġrib, letterlik "die weste"; Berbers: ⵍⵎⴰⵖⵔⵉⴱ Lmaġrib; Frans: Maroc), amptelik die Koninkryk van Marokko (Arabies: المملكة المغربية‎‎ al-Mamlakah al-Maghribiyah, letterlik "die westelike Koninkryk"; Berbers: ⵜⴰⴳⵍⴷⵉⵜ ⵏ ⵍⵎⴰⵖⵔⵉⴱ Tageldit n Lmaɣrib), is 'n land in Noordwes-Afrika. Dit het 'n lang kuslyn aan die Atlantiese Oseaan wat verby die Straat van Gibraltar strek tot in die Middellandse See. Die land grens aan Algerië in die ooste. Die suidgrens met Wes-Sahara en Mauritanië is omstrede. Die Spaanse eksklawes Ceuta en Melilla word ook deur Marokko opgeëis.

المملكة المغربية (Arabies)
Al-Mamlakah al-Maġribiyah
ⵜⴰⴳⵍⴷⵉⵜ ⵏ ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ (Berbers)
Tagldit N Lmġrib
Koninkryk van Marokko
Vlag van Marokko Wapen van Marokko
Vlag Wapen
Nasionale leuse: الله، الوطن، الملك (Arabies)
Allāh, al-Waṭan, al-Malik
ⴰⴽⵓⵛ, ⴰⵎⵓⵔ, ⴰⴳⵍⵍⵉⴷ (Berbers)
Akush, Amur, Agllid
(Afrikaans: "God, Vaderland, Koning")
Volkslied: النشيد الوطني المغربي
(Arabies vir: "Cherifiese volkslied")
Ligging van Marokko
Hoofstad Rabat

34°01′N 6°50′W / 34.017°N 6.833°W / 34.017; -6.833

Grootste stad Casablanca

33°32′N 7°35′W / 33.533°N 7.583°W / 33.533; -7.583

Amptelike tale Arabies en Berbers
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie[1]
Mohammed VI
Saadeddine Othmani
Onafhanklikheid
Vorming
• Idrisid-dinaste (stigting)
• Alaouite-dinaste (hede)
• Protektoraat gestig
• Protektoraat afgeskaf


789
1666
30 Maart 1912
7 April 1956
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
446 550 of 710 850 km2  (58ste of 40ste)
172 487 myl2
0,056
Bevolking
 - 2014-skatting
 - Digtheid
 
33 848 242[2] (39ste)
73,1 / km2 (122ste)
189,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$216,339 miljard[3]
$6 395[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$135,669 miljard[3]
$4 011[3]

MOI (2014) Green Arrow Up Darker.svg 0,628[4] (126ste)  –  medium
Gini (2007) 40,9[5] –  medium
Geldeenheid Dirham (MAD)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC±0)
WAST (UTC+1)
Internet-TLD .ma
Skakelkode +212
Kaart van Marokko. Die kaart sluit nie Marokko se aanspraak op Wes-Sahara in nie. Kaarte uit Marokko wys Wes-Sahara as deel van Marokko.
Topografiese kaart van Marokko

Wes-Sahara is grotendeels onder die gesag van Marokko, die gebiede wat nie neur Marokko beset word nie, vorm deel van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara wat deur die Polisario gelei word. Weens die konflik om Wes-Sahara het Marokko op 12 November 1984 van die Organisasie vir Afrika-eenheid onttrek en daarmee die enigste land van Afrika geword wat nie 'n lidland van die Afrika-unie was nie. In 1987 het Marokko vir lidmaatskap by die Europese Gemeenskap, die voorganger van die huidige Europese Unie, gevra, maar is weens sy ligging in Afrika afgewys. Op 30 Januarie 2017 het Marokko ten spyte van die Wes-Sahara-konflik lid van die AU geword.[6]

Marokko het 'n oppervlakte van 446 550 (sonder Wes-Sahara) of 710 850 (met Wes-Sahara) en 'n bevolking van 33 250 000 in 2014 gehad. Die hoofstad is Rabat en die grootste stad is Casablanca. Ander groot stede sluit in Fes, Marrakesj en Tangier. Marokko se sentrale streek word deur die Atlasgebergte beheer.

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (fr) Constitution of the Kingdom of Morocco, I-1”. (PDF) URL besoek op 9 Januarie 2013.
  2. (fr) Note sur les premiers résultats du Recensement Général de la Population et de l’Habitat 2014”. Haut Commissariat au Plan: 2015. URL besoek op 31 Januarie 2017.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Marokko”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 31 Januarie 2017.
  4. (en) 2015 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 31 Januarie 2017.
  5. (en) Gini Index”. Wêreldbank. URL besoek op 3 Augustus 2014.
  6. (en) Morocco to rejoin African Union despite Western Sahara dispute”. BBC: 30 Januarie 2017. URL besoek op 31 Januarie 2017.

Eksterne skakelsWysig