Marrakesj
stad in die weste van Marokko
Marrakesj (مراكش) is 'n stad in die weste van Marokko en is die hoofstad van die gelyknamige provinsie. Die stad het 928 850 inwoners in 2014 gehad en het 'n oppervlakte van 62 km². Marrakesj een van die vier koningsstede van Marokko, saam met Fez, Meknes en Rabat. Die stad is op die vrugbare Haouzvlakte aan die voet van die Hoë Atlas geleë. Die Medina van Marrakesj is in 1985 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Marokko |
Provinsie | Marrakech-Tensift-El Haouz |
Koördinate | 31°38′N 08°00′W / 31.633°N 8.000°W |
Gestig op | 7 Mei 1070 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 62 vk km |
Hoogte bo seevlak | 466 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2014) | 928 850 |
- Bevolkingsdigtheid | 16 717/vk km |
Tydsone | UTC+1 |
Burgemeester | Fatima-Zahra Mansouri |
Klimaat
wysigJunie, Julie en Augustus is die warmste maande in Marrakesh, met temperature wat bedags tot in die veertigs kan styg. Na sononder is die temperature meer gematig en kan mens buitentoe gaan. Die winter bring gematigde temperature, met dagtemperature tussen 15 en 25 grade.[1]
Galery
wysig-
Saadi tombes
-
Die Koutoubia-moskee
-
Djemaa el Fna
-
Stadshuis
-
Ou stadspoort, Bab Agnaou
-
Muur, Agdal-tuine
-
Ballonvaart in die Marrakesj-omgewing
-
Menara-tuine
-
Madrassa Ben Yusef
Verwysings
wysig- ↑ "Weer Marrakech, Morocco". www.marrakechvakantie.nl. 2014. Besoek op 12 Oktober 2014.[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Marrakesh. |