Die Rugbykampioenskap
Die Rugbykampioenskap (voorheen bekend as die Drienasiesreeks) is ’n internasionale rugbykompetisie wat jaarliks in die Suidelike Halfrond gespeel word tussen die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, onderskeidelik die Poemas, Wallabies, All Blacks en Springbokke genoem. Die kompetisie word georganiseer deur SANZAAR, ’n konsortium wat gestig is deur die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse Rugbyunies; wat nou ook die Argentyne betrek. Die huidige kampioen is Nieu-Seeland, wat die 2023-toernooi gewen het.
Die Rugbykampioenskap | |
2024-Rugbykampioenskapreeks | |
Kenteken van die Rugbykampioenskap
| |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 1996 (as Drienasies) 2012 (as die Rugbykampioenskap) |
Eienaar | SANZAAR |
Inwydingseisoen | 1996 (Drienasiesreeks) 2012 (Die Rugbykampioenskapreeks) |
Deelnemende lande | Argentinië Australië Nieu-Seeland Suid-Afrika |
Aantal spanne | 4 |
Mees onlangse kampioen | Nieu-Seeland (2023) |
Verwante kompetisies | Bledisloebeker Mandela Uitdaagplaat Poematrofee Vryheidsbeker |
Die Rugbykampioenskap is die opvolger van die Drienasiesreeks (1996–2011, 2020). In die media word na die wenner van die Rugbykampioenskap soms nieamptelik as die Suidelike Halfrond-kampioen verwys. As deel van Die Rugbykampioenskap word om die Mandela Uitdaagplaat, Bledisloebeker, Vryheidsbeker en Poematrofee meegeding. Nieu-Seeland hou die rekord vir die meeste toernooititels, met 20 titels. Hulle kon die ou Drienasiesreeks tien keer wen, gevolg deur Suid-Afrika met vier en Australië met drie titels. Sedert die Rugbykampioenskap in 2012 ’n aanvang geneem het, het slegs Argentinië nog nie die toernooi gewen nie.
Ten spyte van die groot tydsverskil tussen die lande (7,5 ure tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, en 5,5 ure tussen Argentinië en Suid-Afrika) is daar groot belangstelling onder al die ondersteuners wat die wedstryde op televisie volg wanneer hul spanne oorsee speel. Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika behoort tot die beste rugbylande wêreldwyd: Australië het die Rugbywêreldbekertoernooi twee keer gewen, terwyl beide Nieu-Seeland en Suid-Afrika dit drie keer elk gewen het. Volgens Wêreldrugby se ranglys is Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika die vier beste spanne van die Suidelike Halfrond.
Geskiedenis
wysig’n Soortgelyke kampioenskap soos die Noordelike Halfrond se hedendaagse Sesnasies-toernooi – en sy voorgangers – het in die Suidelike Halfrond nie bestaan nie; net Australië en Nieu-Seeland het elke jaar die Bledisloebeker uitgespeel. Met die einde van Apartheid in Suid-Afrika is dié land weer tot internasionale sport toegelaat. Die amptelike verklaring van die professionalisering van rugby in Augustus 1995 het die konsep vir die Drienasiesreeks moontlik gemaak. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika is onderhandelings tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika se rugbyunies gevoer en SANZAR, die voorganger van die hedendaagse SANZAAR, gestig. Die eerste toernooi is uiteindelik in 1996 gehou en deur Nieu-Seeland gewen. In 2012 het Argentinië by die toernooireeks aangesluit, wat sedertdien as Die Rugbykampioenskap bekend staan. In 2020 het die toernooi kortliks na die ou Drienasies teruggekeer, nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie weens die wêreldwye Covid-19-pandemie besluit het om die Springbokke aan dié toernooi te onttrek.
Uitslae
wysigAlgeheel
wysigDrienasieswenners
wysigJaar | Wenner | Speel | Wen | Gelykop | Verloor | Punte vir | Punte teen |
Punte- verskil |
Bonus- punte |
Liga- punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1996 | Nieu-Seeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 119 | 60 | +59 | 1 | 17 |
1997 | Nieu-Seeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 159 | 109 | +50 | 2 | 18 |
1998 | Suid-Afrika | 4 | 4 | 0 | 0 | 80 | 54 | +26 | 1 | 17 |
1999 | Nieu-Seeland | 4 | 3 | 0 | 1 | 103 | 61 | +42 | 0 | 12 |
2000 | Australië | 4 | 3 | 0 | 1 | 104 | 86 | +18 | 2 | 14 |
2001 | Australië | 4 | 2 | 1 | 1 | 81 | 75 | +6 | 1 | 11 |
2002 | Nieu-Seeland | 4 | 3 | 0 | 1 | 97 | 65 | +32 | 3 | 15 |
2003 | Nieu-Seeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 142 | 65 | +77 | 2 | 18 |
2004 | Suid-Afrika | 4 | 2 | 0 | 2 | 110 | 98 | +12 | 3 | 11 |
2005 | Nieu-Seeland | 4 | 3 | 0 | 1 | 111 | 86 | +25 | 3 | 15 |
2006 | Nieu-Seeland | 6 | 5 | 0 | 1 | 179 | 112 | +67 | 3 | 23 |
2007 | Nieu-Seeland | 4 | 3 | 0 | 1 | 100 | 59 | +41 | 1 | 13 |
2008 | Nieu-Seeland | 6 | 4 | 0 | 2 | 152 | 106 | +46 | 3 | 19 |
2009 | Suid-Afrika | 6 | 5 | 0 | 1 | 158 | 130 | +28 | 1 | 21 |
2010 | Nieu-Seeland | 6 | 6 | 0 | 0 | 184 | 111 | +73 | 3 | 27 |
2011 | Australië | 4 | 3 | 0 | 1 | 92 | 79 | +13 | 1 | 13 |
2020 | Nieu-Seeland | 4 | 2 | 0 | 2 | 118 | 54 | +64 | 3 | 11 |
Rugbykampioenskapwenners
wysigJaar | Wenner | Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Punte vir | Punte teen | Punteverskil | Bonus- punte |
Ligapunte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2012 | Nieu-Seeland | 6 | 6 | 0 | 0 | 177 | 66 | +111 | 2 | 26 |
2013 | Nieu-Seeland | 6 | 6 | 0 | 0 | 202 | 115 | +87 | 4 | 28 |
2014 | Nieu-Seeland | 6 | 4 | 1 | 1 | 164 | 91 | +73 | 4 | 22 |
2015 | Australië | 3 | 3 | 0 | 0 | 85 | 48 | +37 | 1 | 13 |
2016 | Nieu-Seeland | 6 | 6 | 0 | 0 | 262 | 84 | +178 | 6 | 30 |
2017 | Nieu-Seeland | 6 | 6 | 0 | 0 | 246 | 119 | +127 | 4 | 28 |
2018 | Nieu-Seeland | 6 | 5 | 0 | 1 | 225 | 132 | +93 | 5 | 25 |
2019 | Suid-Afrika | 3 | 2 | 1 | 0 | 97 | 46 | +51 | 2 | 12 |
2021 | Nieu-Seeland | 6 | 5 | 0 | 1 | 218 | 104 | +114 | 5 | 25 |
2022 | Nieu-Seeland | 6 | 4 | 0 | 2 | 195 | 128 | +67 | 3 | 19 |
2023 | Nieu-Seeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 114 | 39 | +75 | 2 | 14 |
Drienasies (1996–2011, 2020)
wysigJaar | Kampioen | Bledisloebeker | Mandela Uitdaagplaat | Vryheidsbeker | Poematrofee | Houtlepel |
---|---|---|---|---|---|---|
1996 | Nieu-Seeland | Nie uitgespeel nie | Nie uitgespeel nie | Nie uitgespeel nie | Australië | |
1997 | Nieu-Seeland | Australië | ||||
1998 | Suid-Afrika | Australië | Nieu-Seeland | |||
1999 | Nieu-Seeland | Australië | Suid-Afrika | |||
2000 | Australië | Suid-Afrika | ||||
2001 | Australië | Suid-Afrika | ||||
2002 | Nieu-Seeland | Australië | Suid-Afrika | Suid-Afrika | ||
2003 | Nieu-Seeland | Nie uitgespeel nie | Suid-Afrika | |||
2004 | Suid-Afrika | Nieu-Seeland | Suid-Afrika | Nieu-Seeland | ||
2005 | Nieu-Seeland | Nie uitgespeel nie | Australië | |||
2006 | Nieu-Seeland | Australië | Nieu-Seeland | Suid-Afrika | ||
2007 | Nieu-Seeland | Australië | Nieu-Seeland | Suid-Afrika | ||
2008 | Nieu-Seeland | Australië | Nieu-Seeland | Suid-Afrika | ||
2009 | Suid-Afrika | Nieu-Seeland | Suid-Afrika | Suid-Afrika | Australië | |
2010 | Nieu-Seeland | Australië | Nieu-Seeland | Suid-Afrika | ||
2011 | Australië | Nieu-Seeland | Australië | Nieu-Seeland | Suid-Afrika | |
2020 | Nieu-Seeland | Nie uitgespeel nie | Australië | Australië |
Die Rugbykampioenskap (2012–tans)
wysigAlgehele punteleer
wysigDrienasies
wysigNasie | Wedstryde | Punte | Bonus- punte |
Tabel- punte |
Kampioen- skappe | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
gespeel | gewen | gelykop | verloor | vir | teen | verskil | ||||
Nieu-Seeland | 76 | 52 | 0 | 24 | 2054 | 1449 | +605 | 35 | 243 | 11 |
Australië | 76 | 30 | 3 | 43 | 1591 | 1817 | –226 | 34 | 160 | 3 |
Suid-Afrika | 72 | 28 | 1 | 43 | 1480 | 1831 | –351 | 24 | 138 | 3 |
Argentinië | 4 | 1 | 2 | 1 | 56 | 84 | –28 | 0 | 8 | 0 |
Bron: espnscrum.com(besoek op 8 Oktober 2018, statistiek dus op datum.)
Die Rugbykampioenskap
wysigNasie | Wedstryde | Punte | Bonus- punte |
Tabel- punte |
Kampioen- skappe | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
gespeel | gewen | gelykop | verloor | vir | teen | verskil | ||||
Nieu-Seeland | 57 | 48 | 2 | 7 | 1979 | 1059 | +920 | 36 | 233 | 9 |
Suid-Afrika | 57 | 28 | 4 | 25 | 1449 | 1289 | +160 | 26 | 146 | 1 |
Australië | 57 | 25 | 3 | 29 | 1304 | 1560 | –256 | 13 | 127 | 1 |
Argentinië | 57 | 8 | 1 | 48 | 1036 | 1868 | –832 | 12 | 43 | 0 |
Bygewerk op 30 Julie 2023
Bron: espnscrum.com (besoek op 30 Julie 2023)
Meeste punte en drieë
wysigDie volgende afdeling bevat rekords van punte en drieë wat aangeteken is in die Drienasiesreeks/Die Rugbykampioenskap (alle tye).
Voorste puntemakerswysig
Opgedateer: 30 Julie 2023 |
Voorste driedrukkerswysig
Opgedateer: 30 Julie 2023 |
Sien ook
wysig- Sesnasies-toernooi, ’n soortgelyke kompetisie tussen die ses sterkste nasionale rugbyspanne van die Noordelike Halfrond
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Rugby Championship – Players stats – It's rugby". Besoek op 30 Julie 2023.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Die Rugbykampioenskap. |