2015-Rugbykampioenskapreeks
Die 2015-Rugbykampioenskapsreeks was die vierde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Julie tot 8 Augustus 2015 gespeel; vroeër en korter as in 2014, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nieu-Seeland het die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 17 Julie - 8 Augustus |
---|---|
Kampioen | Australië (4 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 33 (5.5 per wedstryd) |
Bywoning | 243 416 (40 569 per wedstryd) |
Meeste punte | Handré Pollard (30) |
Meeste drieë | Adam Ashley-Cooper Juan Imhoff (3 elk) |
← 2014 2016 → | |
Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]
Formaat
wysigDie formaat vir die 2015-toernooi het na dié van die vorige jare teruggekeer omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Elke span het ’n totaal van drie wedstryde gespeel, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart
wysigNasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Australië | 3 | 3 | 0 | 0 | 85 | 48 | +37 | 1 | 13 |
2 | Nieu-Seeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 85 | 65 | +20 | 1 | 9 |
3 | Argentinië | 3 | 1 | 0 | 2 | 64 | 98 | −34 | 1 | 5 |
4 | Suid-Afrika | 3 | 0 | 0 | 3 | 65 | 88 | −23 | 2 | 2 |
Wedstryddatums
wysigDatum | |
---|---|
Week 1 | 17–18 Julie |
Week 2 | 25 Julie |
Week 3 | 8 Augustus |
Week 1
wysig17 Julie 2015 | Nieu-Seeland | 39–18 | Argentinië | Rugby League Park, Christchurch, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Richie McCaw, Ma’a Nonu, Charles Piutau, Kieran Read, Codie Taylor Doelskoppe: Dan Carter (4) Strafdoele: Dan Carter (2) |
Verslag | Drieë: Agustín Creevy (2) Doelskop: Nicolás Sánchez Strafdoele: Nicolás Sánchez (2) |
Bywoning: 17 512 Skeidsregter: Craig Joubert (RSA) | |
|
18 Julie 2015 | Australië | 24–20 | Suid-Afrika | Langpark, Brisbane, Australië | |
20:05 (AEST) | Drieë: Adam Ashley-Cooper, Michael Hooper, Tevita Kuridrani Doelskoppe: Quade Cooper (2), Matt Giteau (1) Strafdoel: Quade Cooper |
Verslag | Drieë: Eben Etzebeth, Jesse Kriel Doelskoppe: Handré Pollard (2) Strafdoele: Handré Pollard (2) |
Bywoning: 37 633 Skeidsregter: Nigel Owens (WAL) Speler van die wedstryd: Michael Hooper (AUS) | |
|
Week 2
wysig25 Julie 2015 | Suid-Afrika | 20–27 | Nieu-Seeland | Ellispark, Johannesburg, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Drieë: Willie le Roux, Jesse Kriel Doelskoppe: Handré Pollard (2) Strafdoele: Handré Pollard (2) |
Verslag | Drieë: Ben Smith, Dane Coles, Richie McCaw Doelskoppe: Lima Sopoaga (3) Strafdoele: Lima Sopoaga (2) Kaart: Sam Whitelock 59' tot 69' |
Bywoning: 61 500 Skeidsregter: Jérôme Garcès (FRA) Speler van die wedstryd: Charles Piutau (NZL) | |
|
25 Julie 2015 | Argentinië | 9–34 | Australië | Estadio Malvinas Argentinas, Mendoza, Argentinië | |
19:40 (ART) | Strafdoele: Nicolás Sánchez (3) | Verslag | Drieë: Joe Tomane, Dean Mumm, Tevita Kuridrani, Adam Ashley-Cooper Doelskop: Bernard Foley Strafdoele: Bernard Foley (4) Kaart: Quade Cooper 65' tot 75' |
Bywoning: 25 000 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) Speler van die wedstryd: David Pocock (AUS) | |
|
Week 3
wysig8 Augustus 2015 | Australië | 27–19 | Nieu-Seeland | ANZ-stadion, Sydney, Australië | |
20:05 (AEST) | Drieë: Sekope Kepu, Adam Ashley-Cooper, Nic White Doelskoppe: Matt Giteau (2), Nic White Strafdoele: Matt Giteau, Nic White Kaarte: Sekope Kepu 7' tot 17', Nick Phipps 53' tot 63' |
Verslag | Drieë: Nehe Milner-Skudder (2) Strafdoele: Dan Carter (3) Kaart: Aaron Smith 42' tot 52' |
Bywoning: 73 824 Skeidsregter: Wayne Barnes (ENG) Speler van die wedstryd: Michael Hooper (AUS) | |
|
8 Augustus 2015 | Suid-Afrika | 25–37 | Argentinië | Kings Park, Durban, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Drieë: Lood de Jager, Willie le Roux, Bryan Habana Doelskoppe: Handré Pollard (2) Strafdoele: Handré Pollard (2) |
Verslag | Drieë: Marcelo Bosch, Juan Imhoff (3) Doelskoppe: Juan Martín Hernández (4) Strafdoele: Juan Martín Hernández, Marcelo Bosch Skepdoel: Marcelo Bosch Kaart: Pablo Matera 75' tot 80' |
Bywoning: 27 447 Skeidsregter: Romain Poite (FRA) Speler van die wedstryd: Juan Imhoff (ARG) | |
|
Rugbykampioenskapreekskampioen 2015 |
---|
Australië |
Statistiek
wysigMeeste punte en drieë
wysigMeeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.