Eben Etzebeth
Eben Etzebeth (gebore 29 Oktober 1991, Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy het vir die Stormers in Superrugby en vir Toulon in Frankryk se Top 14 gespeel. Hy behoort vanaf 2022 vir die Sharks te speel in die Verenigde Rugbykampioenskap. Hy speel op slotposisie en is bekend vir sy harde, fisiese spel. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023.
| |||||
Volle naam | Eben Etzebeth | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 29 Oktober 1991 | ||||
Geboorteplek | Kaapstad, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 203 cm | ||||
Massa | 122 kg | ||||
Skool | Hoërskool Tygerberg | ||||
Universiteit | Universiteit van Kaapstad | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Slot | ||||
Springbokno. | 833 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011 | UCT Ikey Tigers | 7 | (5) | ||
korrek soos op 11 Junie 2022. | |||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015–2016 2019–2022 |
NTT Docomo Red Hurricanes Toulon |
8 40 |
(5) (35) | ||
korrek soos op 11 Junie 2022. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011–2014 | Westelike Provinsie | 7 | (0) | ||
korrek soos op 19 Augustus 2021. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012–2019 2022– |
Stormers Sharks |
61 0 |
(20) | ||
korrek soos op 11 Junie 2022. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2012- | Suid-Afrika | 119 | (30) | ||
korrek soos op 1 November 2023. |
Uitbeelding
wysigEtzebeth het in 2009 aan die Hoërskool Tygerberg in die Wes-Kaap gematrikuleer.
Loopbaan
wysigWestelike Provinsie en Stormers
wysigHy maak sy debuut vir die Stormers op 25 Februarie 2012 teen die Hurricanes.[1] Hy word as "Speler-van-die-Wedstryd" aangewys tydens die Westelike Provinsie se oorwinning in die halfeindstryd om die Curriebeker in 2012. In April 2013 het hy 'n ooreenkoms onderteken wat hom tot minstens 2016 in Kaapstad sou hou.[2]
Suid-Afrika o/20
wysigAs 'n lid van die Junior Bokke (Suid-Afrikaanse o/20 span) het hy aan die IRR Juniorwêreldkampioenskap in 2011 deelgeneem.[3]
Springbokkleure
wysigEtzebeth word die eerste keer opgeroep vir die Springbokoefengroep deur die nuwe hoofafrigter Heyneke Meyer, voor die reeks van drie toetse teen Engeland in Junie 2012.[4]
Hy maak op 9 Junie 2012 sy Springbokdebuut op slot langs mede-nuweling Juandré Kruger te Kings Park-stadion in Durban. Suid-Afrika tree as 22-17 wenners uit die stryd teen Engeland, en wen ook die laaste twee toetse.[5]
Hy lei die Springbokke op 24 Junie 2017 teen die Franse in die 3de toets en word sodoende Suid-Afrika se 59ste Springbokkaptein. Hy druk ook 'n drie in die wedstryd.
Toetsdrieë
wysigDrie | Teenstanders | Stad | Veld | Kompetisie | Datum | Uitslag |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Australië | Brisbane, Australië | Suncorpstadion | Rugbykampioenskap | 18 Julie 2015 | verloor 20–24 |
2 | Argentinië | Londen, Engeland | Olimpiese Stadion | Rugbywêreldbeker 2015 | 30 Oktober 2015 | wen 24–13 |
3 | Frankryk | Johannesburg, Suid-Afrika | Ellispark | 2017 Franse toets | 24 Junie 2017 | wen 35–12 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Etzebeth maak Stormers debuut". Iol.co.za. 22 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Stormers retain key quartet". Rugby365. 22 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016. Besoek op 12 Oktober 2013.
- ↑ (en) "SA Onder-20 span aangekondig". Sport24. 6 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Springboks to blood forwards Eben Etzebeth, Juandre Kruger and Marcell Coetzee against England in Durban Test". Daily Telegraph. Associated Press. 7 Junie 2012. Besoek op 22 April 2013.
- ↑ (en) "South Africa vs England". South African Rugby Union. 9 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 22 April 2013.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Eben Etzebeth. |
- Eben Etzebeth by SARugby.co.za
- Eben Etzebeth by www.genslin.us/bokke
- Eben Etzebeth by itsrugby.co.uk
- Eben Etzebeth[dooie skakel] by die Stormers
- Eben Etzebeth IRR Juniorwêreldbeker spelersprofiel Geargiveer 6 Oktober 2014 op Wayback Machine
Voorafgegaan deur Warren Whiteley |
Springbokkaptein 2017-2018 (12 toetse) |
Opgevolg deur Pieter-Steph du Toit |