Rugby League Park
Rugby League Park (ook bekend as Christchurchstadion) is 'n stadion in Christchurch, Nieu-Seeland, wat vir rugby en rugby league aangewend word. Die stadion was vroeër bekend as die Addington Skougronde en word besit deur die Canterbury Rugby League.
Rugby League Park | ||
Lugbeeld van Rugby League Park in 2012
| ||
Ligging | Christchurch, Nieu-Seeland | |
---|---|---|
Koördinate | 43°32′37.32″S 172°36′14.76″O / 43.5437000°S 172.6041000°O | |
Eienaar | Canterbury Rugby League | |
Kapasiteit | 18 000 (sedert 2012 vir Superrugby) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Renovasie | 24 Maart 2012 | |
Huurders | ||
Crusaders (Superrugby) (2012-huidig) Canterbury Bulls South Island Rugby League-span |
Rugby League Park het ernstige skade gekry tydens die Christchurch-aardbewing in Februarie 2011 en was gesluit tot 24 Maart 2012.[1]
Na die aardbewing moes die pawiljoene afgebreek word. Die AMI-stadion, die hoofsportgronde in Christchurch, het egter heelwat meer skade gely. As tydelike vervanging vir die stad is Rugby League Park opgegradeer na 18 000 sitplekke in Maart 2012 met ’n moontlike uitbreiding na 26 000 vir groot wedstryde. Die gevolg was dat die Crusaders hul basis na Rugby League Park verskuif het vir die 2012 Superrugbyseisoen. Die stadion sou ook die gasheer wees van ’n All Black-wedstryd en ’n wedstryd van die Wellington Phoenix.[2][3]
Wedstryde
wysigRugbyliga-toetswedstryde
wysigToets# | Datum | Uitslag | Toeskouers |
---|---|---|---|
1 | 29 Julie 1950 | Nieu-Seeland versl. Groot-Brittanje 16–10 | 10 000 |
2 | 27 Junie 1953 | Nieu-Seeland versl. Australië 25–5 | 5 509 |
3 | 1 Augustus 1964 | Nieu-Seeland versl. Frankryk 18–8 | 4 935 |
4 | 19 Julie 1970 | Groot-Brittanje versl. Nieu-Seeland 23–9 | 8 600 |
5 | 4 Augustus 1974 | Groot-Brittanje versl. Nieu-Seeland 17–8 | 6 316 |
6 | 15 Junie 1975 | Nieu-Seeland versl. Frankryk 27–0 | 2 500 |
7 | 12 Junie 1977 | Groot-Brittanje versl. Nieu-Seeland 30–12 | 7 000 |
8 | 5 Augustus 1979 | Groot-Brittanje versl. Nieu-Seeland 22–7 | 8 500 |
9 | 22 Julie 1984 | Nieu-Seeland versl. Groot-Brittanje 28–12 | 9 824 |
10 | 17 Julie 1988 | Nieu-Seeland versl. Groot-Brittanje 12–10 | 8 525 |
11 | 23 Junie 1991 | Nieu-Seeland versl. Frankryk 32–10 | 2 000 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) Afskop uitgestel maar wintersportsoorte verwag om te speel Geargiveer 24 Julie 2011 op Wayback Machine The Star, 4 Maart 2011
- ↑ (en) Nuwe rugbystadion vir Christchurch New Zealand Herald, 8 November 2011
- ↑ Gorman, Paul (8 September 2011). "League park Crusaders se nuwe tuiste". The Press (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2017. Besoek op 6 November 2011.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rugby League Park.