2008-Drienasiesreeks

Die 2008-Drienasiesreeks was die 13de keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 5 Julie tot 13 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die negende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Jongi Nokwe van Suid-Afrika het die meeste drieë gedruk (4).

2008-Drienasies
Datums 5 Julie - 13 September
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (9 titels)
Wedstryde gespeel 9
Drieë gedruk 43 (4.78 per wedstryd)
Bywoning 435 789 (48 421 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Dan Carter (82)
Meeste drieë Vlag van Suid-Afrika Jongi Nokwe (4)
2007
2009

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

Formaat

wysig

Die formaat vir die 2008-toernooi was ietwat anders as dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

wysig
Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte
Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil
1   Nieu-Seeland 6 4 0 2 152 106 +46 3 19
2   Australië 6 3 0 3 119 163 –44 2 14
3   Suid-Afrika 6 2 0 4 115 117 –2 2 10

Wedstryddatums

wysig
Datum Datum Datum
Week 1 5 Julie Week 4 26 Julie Week 7 23 Augustus
Week 2 12 Julie Week 5 2 Augustus Week 8 30 Augustus
Week 3 19 Julie Week 6 16 Augustus Week 9 13 September

Week 1

wysig

Week 2

wysig

Week 3

wysig

Week 4

wysig

Week 5

wysig

Week 6

wysig

Week 7

wysig

Week 8

wysig

Week 9

wysig


Drienasiesreekskampioen 2008
  Nieu-Seeland

Statistiek

wysig

Meeste punte en drieë

wysig
Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1   Dan Carter 82
2   Matt Giteau 46
3   Butch James 27
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1   Jongi Nokwe 4
2   Adrian Jacobs 3
  Tony Woodcock

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.
  2. (en) "All Blacks shut Springboks out of game". All Blacks. 17 Augustus 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2008. Besoek op 5 September 2008.
  3. (en) "South Africa 0–19 New Zealand". BBC. 16 Augustus 2008. Besoek op 4 Augustus 2022.

Eksterne skakels

wysig