Michael Leitch
Michael Leitch (リーチ マイケル Rīchi Maikeru) (gebore 7 Oktober 1988 in Burwood, Nieu-Seeland) is 'n Japannees-Nieu-Seelandse rugbyspeler wat in die lostrio vir die Japannese nasionale rugbyspan speel. Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2011, 2015, 2019 en 2023 vir Japan uitgedraf.
| |||||
Michael Leitch in 2014 | |||||
Volle naam | Michael Leitch | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 7 Oktober 1988 | ||||
Geboorteplek | Burwood, Nieu-Seeland | ||||
Lengte | 190 cm | ||||
Massa | 105 kg | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank, Agsteman | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011– | Toshiba Brave Lupus | 69 | (100) | ||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013, 2015–2017 2018- |
Chiefs Sunwolves |
30 0 |
(30) (0) | ||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2008– | Japan | 57 | (70) | ||
Nasionale Sewesspan | |||||
Jare | Land | Toernooie | |||
Japannese nasionale sewesrugbyspan |
Vroeë lewe
wysigLeitch is gebore in Nieu-Seeland met 'n Nieu-Seelandse pa en 'n Fidjiaanse ma, maar verhuis na Japan op die ouderdom van 15 om te gaan studeer. In 2008 was hy kaptein van Japan by die Junior-Wêreldkampioenskap. Hy het 'n Japannese burger geword in 2013.[1][2][3]
Professionele loopbaan
wysigHy het in 2018 sy debuut vir die Japannese nasionale rugbyspan gemaak teen die VSA in Nagoja, maar ontvang 'n geel kaart in die wedstryd vir 'n gevaarlike duikslag. Hy is hierna 'n gereelde lid van die nasionale span. Sy eerste drie was teen Kasakstan in April 2009.[4] Hy het in 2011 aan die wêreldbeker deelgeneem en is geloof as een van Japan se beste voorspelers,[5] wen die "Speler van die wedstryd" in die nederlaag teen Tonga.[6]
Na die Wêreldbeker het hy by die Toshiba Brave Lupus in die Topliga aangesluit en in sy eerste seisoen ontvang hy die "vonds van die seisoen"-toekenning.[7] Hy volg dit op met "span van die seisoen"-toekenning vir 'n tweede seisoen.[8] Hy verhuis terug na Nieu-Seeland, maar verbeur sy speelkans as gevolg van 'n gebreekte arm. In sy eerste wedstryd na herstel van besering speel hy vir Japan teen Fidji in Junie, en doen 'n gebreekte been op.
Hy kry 'n tweede kans met die Chiefs met die ondertekening van 'n kontrak met die Hamilton-gebaseerde span vir die 2015 Superrugbyseisoen.[9]
Hy is in April 2014 deur Eddie Jones aangestel as die Japannese nasionale spankaptein, slegs die tweede Nieu-Seelandsgebore speler om die Dapper Bloeisels te lei, na Andrew McCormick in die 1990's.[10]
Vir die 2018-seisoen verskuif hy na die Sunwolves, die Japannese Superrugbyspan.
Hy is tans die kaptein van die Japannese nasionale rugbyspan wat hulle ook aangevoer het tot "die grootste skok in wêreldbekergeskiedenis" toe die span die Springbokke in 2015 geklop het.[11]
Verwysings
wysig- ↑ (en) Leitch feels right at home in Japan. Rugby World Cup 2015. World Rugby.
- ↑ (en) "Win or lose, Japan will be fast and furious, says captain Leitch". Rugby World Cup 2015. Wêreldrugby. 11 Augustus 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2019. Besoek op 23 September 2015.
- ↑ (en) "Japan win greater than England's RWC win". Sport24. AFP. 21 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2019. Besoek op 23 September 2015.
- ↑ (en) Michael Leitch – Japan Rugby Club.
- ↑ (en) Limelight too bright for rising star Leitch.
- ↑ (en) Tonga take control to eliminate Japan. Argief geskep van die oorspronklike op 2012-02-07.
- ↑ (fr) "Le XV type de Top League 2011/2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2017.
- ↑ (fr) "Le XV type de Top League 2012/2013". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2017.
- ↑ (en) "Dave Rennie on the hunt for another halfback". Stuff. 17 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 17 Oktober 2014.
- ↑ (en) Michael Leitch – Japan Rugby Club.
- ↑ (en) "Match report highlights: South Africa 32-34 Japan". ITV. 19 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 19 September 2015.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Michael Leitch.
- (en) Amptelike webwerf Geargiveer 3 Maart 2017 op Wayback Machine
- (en) It's Rugby profiel
- (en) WB 2011 profiel
- (en) Chiefs profiel
- (en) [1] Geargiveer 10 Maart 2018 op Wayback Machine