Rotorua Internasionale Stadion
Die Rotorua Internasionale Stadion is 'n veeldoelige stadion in Rotorua, Nieu-Seeland. Die stadion is teenaan Devon Street West in die voorstad Westbrook geleë.
Rotorua Internasionale Stadion | ||
Bynaam | Die Hangi-put | |
---|---|---|
Ligging | Rotorua, Nieu-Seeland | |
Koördinate | 38°9′21″S 176°13′27″O / 38.15583°S 176.22417°O | |
Kapasiteit | Rugby: 34 000 Konserte: 30 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1911 | |
Huurders | ||
Bay of Plenty Rugby Union Rotorua United |
Die stadion het 'n kapasiteit van 34 000 toeskouers.[1] Dit is oorspronklik in 1911 gebou, en is sedertdien verskeie kere opgegradeer. Die stadion het 'n bedekte pawiljoen wat tot 4 000 mense sitplek kan bied, asook 'n beton-sitarea aan die westekant van die veld.
Die stadion word hoofsaaklik vir rugbywedstryde ingespan en is een van die twee tuisvelde van die Bay of Plenty-span (rugbyunie). Tydens die Rugbywêreldbeker 1987 is in die stadion die klein finale vir die derde plek tussen Australië en Wallis beslis. Verskeie wedstryde is ook tydens die 2011 Rugbywêreldbeker hier gespeel.
Sagtebalbane is aan die noordekant van die stadion geleë.
Wedstryde
wysigRugbywêreldbeker 1987
wysig- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1987.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
18 Junie 1987 | Australië | 21–22 | Wallis | Klein finale | 29 000 |
Rugbywêreldbeker 2011
wysig- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2011.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
10 September 2011 | 15:30 | Fidji | 49–25 | Namibië | Groep D | 10 100 |
14 September 2011 | 14:30 | Samoa | 49–12 | Namibië | Groep D | 12 752 |
25 September 2011 | 18:00 | Ierland | 62–12 | Rusland | Groep C | 25 661 |
Rugbyliga-toetswedstryde
wysigToets# | Datum | Uitslag | Toeskouers | Notas |
---|---|---|---|---|
1 | 16 Julie 1989 | Australië versl. Nieu-Seeland 8–0 | 26 000 | Gespeel as deel van die 1989 Trans-Tasmansee Toetsreeks |
2 | 5 Oktober 1996 | Nieu-Seeland versl. Papoea-Nieu-Guinee 62–8 | 4 800 | |
3 | 14 Oktober 2009 | Nieu-Seeland versl. Tonga 42–24 | 8 000 | |
4 | 30 Oktober 2010 | Nieu-Seeland versl. Papoea-Nieu-Guinee 76–12 | 6 000 | Gespeel as deel van die 2010 Viernasies |
Verwysings
wysig- ↑ "Rotorua International Stadium" (in Engels). eventvenues.co.nz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2009. Besoek op 24 Augustus 2008.
Eksterne skakels
wysig- (en) Amptelike webwerf Geargiveer 5 September 2011 op Wayback Machine