Australiese Hoofstadgebied
Australian Capital Territory Australiese Hoofstadgebied | |||||
---|---|---|---|---|---|
| |||||
Bynaam : The Nation's Capital | |||||
Leuse : For the Queen, the Law and the People | |||||
Ander deelstate en gebiede van Australië | |||||
Land | Australië | ||||
Hoofstad | Canberra 35°18′29″S 149°7′28″O / 35.30806°S 149.12444°O | ||||
Grootste stad | Canberra | ||||
Goewerneur | |||||
Premier | Andrew Barr (ALP) | ||||
Oppervlakte | 2 358 km² | ||||
- Land | 2 280 vk km | ||||
- Water | 77,6 vk km (3,29%) | ||||
Bevolking (2014) | |||||
- Totaal | 385 600 inw. | ||||
- Digtheid | 160 inw./vk km | ||||
Poskode | ACT | ||||
Tydsone | UTC +10 (AOST) UTC+11 (AODT) | ||||
Webwerf | www.act.gov.au | ||||
Die Australiese Hoofstadgebied (Engels: Australian Capital Territory; afgekort: ACT) is 'n klein, selfbesturende gebied in Australië wat die hoofstad Canberra en die gebied direk daarom insluit.[1] Dit is in die suidelike deel van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, tussen Sydney en Melbourne geleë.
Die ACT administreer ook 'n afsonderlike enklawe, die Jervisbaaigebied, aan die suidkus van Nieu-Suid-Wallis. Die Australiese grondwet (geskryf voor die ACT se grondvesting) bepaal dat die ligging van die nasionale hoofstad geheel binne Nieu-Suid-Wallis moet wees.
Geskiedenis
wysigOp 1 Januarie 1901 het die Gemenebes van Australië as 'n dominium (vrygewes) van die Britse Ryk tot stand gekom. Die federale hoofstad se ligging is in 1908 as 'n soort geografiese kompromis tussen die twee grootste stede van die land, Sydney en Melbourne, gekies. In 1911 is die Federale Hoofstadgebied gevorm vir die bou van die nuwe hoofstad, Canberra. Dit is later na die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory) hernoem.
Die Australiese parlement kon egter eers in 1927 na 'n tydelike gebou in Canberra verskuif. Melbourne het tot dan as die tydelike federale hoofstad ingestaan, waar die federale parlement die parlementsgebou van die voormalige kolonie Victoria gebruik het. Dit het tot na die Tweede Wêreldoorlog geneem om al die departemente na Canberra te verskuif.
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Australiese Hoofstadgebied.
- (en) Amptelike webwerf
Australië | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|