Heard- en McDonaldeilande

Die Heard- en McDonaldeilande (Engels: Heard Island and McDonald Islands, afgekort: HIMI) is 'n onbewoonde en onherbergsame eilandgroep in die suide van die Indiese Oseaan op dieselfde breedtegraad as Vuurland en op dieselfde lengtegraad as Moembaai. Dit lê 1 700 km van Antarktika, 4 100 km suidwes van Perth en 4 200 km suidoos van Suid-Afrika. Die naaste eiland is die Kergueleneilande, wat 450 km noordwes daarvan lê. Die eilande val onder jurisdiksie van Australië. Om onduidelike redes het die eilande (sonder ekonomiese aktiwiteit) sy eie topvlak-domein .hm gekry.

Heard- en McDonaldeilande
Inheemse naam: Heard Island and McDonald Islands
Satellietbeeld van die Heard- en McDonaldeilande
Satellietbeeld van die Heard- en McDonaldeilande
Geografie

Ligging Indiese Oseaan
Koördinate 53°06′S 73°31′O / 53.100°S 73.517°O / -53.100; 73.517
Argipel Heard- en McDonaldeilande

Hoofeilande 2
Oppervlakte 368 km2
Hoogste punt Mawson Peak 2 745 m
Administrasie
Vlag van Australië Australië
Eksterne gebied Heard- en McDonaldeilande

Demografie
Bevolking 0

Ligging van die Heard- en McDonaldeilande in die Indiese Oseaan
Kaart van die Heard- en McDonaldeilande

Heard is vernoem na sy ontdekker, James Heard, 'n robbejagter wat die eiland op 25 November 1853 vir die eerste keer waargeneem het, en die McDonaldeilande na hulle ontdekker, William McDonald, 'n kaptein wat die eilande op 4 Januarie 1854 gesien het.

Die Heard- en McDonaldeilande is sedert 1947 'n gebied van Australië. Hulle word deur die Australiese Antarkriese afdeling van die departement van die omgewing en van erfenis in Canberra beheer. Hulle is in 1997 op UNESCO se lys van wêrelderfenisgebiede gevoeg. Die rede is dat die eilandgroep die enigste subantarktiese vulkaanaktiwiteit toon, waarby geomorfologiese prosesse en glasiale dinamika waargeneem kan word. Die fauna en flora is uniek, sonder veel invloede van buite die eilandgroep.

Eksterne skakels

wysig


  Australië  
Deelstate:Nieu-Suid-WallisQueenslandSuid-AustraliëTasmaniëVictoriaWes-Australië
Interne gebiede:Australiese HoofstadgebiedJervisbaaigebiedNoordelike Gebied
Eksterne gebiede:Ashmore- en CartiereilandeAustralies-Antarktiese GebiedHeard- en McDonaldeilandeKerseilandKokoseilandeKoraalsee-eilandeNorfolkeiland