Kergueleneilande
| |||||
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité | |||||
Ligging van die Kergueleneilande in die suidelike Indiese Oseaan | |||||
Kaart van die Kergueleneilande | |||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Hoofstad | Geen | ||||
Grootste stad | Geen | ||||
Oppervlakte - Totaal |
7 215 vk km | ||||
Bevolking - Totaal - Bevolkingsdigtheid |
120 (2006) 0,02/vk km | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR) | ||||
Tydsone | UTC+10 | ||||
Volkslied | La Marseillaise |
Die Kergueleneilande of die Kerguelenargipel (Frans: Îles Kerguelen of Archipel de Kerguelen; amptelik Archipel des Kerguelen of Archipel Kerguelen) is 'n eilandgroep in die suidelike Indiese Oseaan wat sowat 3 300 km suidoos van die suidpunt van Afrika geleë is. Die Kergueleneilande is geleë by 49°15′S 69°35′O / 49.250°S 69.583°O en word onder die mees afgeleë gebiede op aarde gereken. Daar is geen inheemse bevolking nie, maar Franse navorsingstasies op die eilande word permanent beman deur tussen vyftig en eenhonderd wetenskaplikes, ingenieurs en navorsers.[1]
Die hoofeiland Grande Terre, oorspronklik Desolation Island genoem, is van vulkaniese oorsprong en beslaan 'n oppervlakte van 6 675 km2. Dit word omring deur driehonderd kleiner eilande en riwwe wat gesamentlik 'n argipel met 'n totale oppervlakte van 7 215 km² vorm. Die klimaat is koud, baie winderig en die see is gewoonlik onstuimig.
Die eilandgroep maak deel uit van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede (Terres Australes et Antarctiques Françaises, kort TAAF) wat ook Terre Adélie in Antarktika, die Crozet-argipel, die eilandjies Amsterdam en Sint-Paul en – sedert 2005 – die "Verspreide Eilande" (Îles Éparses) rondom Madagaskar insluit.
Satelliet-eilande
wysigDie belangrikste van die satelliet-eilande is:
- Îles Nuageuses (Noordwes)
- Île de Castries 48°41′S 69°29′O / 48.683°S 69.483°O
- Île Leygues (Noord)
- Île Howe (Noord) 48°50′S 69°25′O / 48.833°S 69.417°O
- Île Saint-Lanne Gramont (Noord, oppervlak 45.8 km², 48°55′S 69°12′O / 48.917°S 69.200°O)
- Île Foch (Noord, oppervlak 206,2 km², hoogte 687 m)
- Île du Port (Noord, in die Golfe des Baliniers, oppervlak 43,0 km², hoogte 340 m)
- Île Violette 49°07′S 69°40′O / 49.117°S 69.667°O
- Île de l'Ouest (Wes)
- Île aux Rennes (Suidoos, oppervlak 36,7 km², hoogte 199 m)
- Île Longue (40 km², 49°32′S 69°54′O / 49.533°S 69.900°O)
Hoofeiland
wysigDie hoofeiland is 150 km van oos na wes en 120 km van noord na suid. Die hoogste piek is Mont Ross, met 'n hoogte van 1850 m. In die Weste word dit bedek deur Cookgletser. Die eiland het talle skiereilande, soos:
- Péninsule Courbet (Oos)
- Presqu'île Jeanne d'Arc (Suidoos)
- Presqu'île Ronarch (Suidoos, geheg aan Presqu'île Jeanne d'Arc)
- Péninsule Rallier du Baty (Suidwes)
- Péninsule Loranchet (Noordwes)
- Presqu'île de la Société de géographie (Noord)
- Presqu'île Joffre (Noord)
Geskiedenis
wysigDie eilande is een van vier distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede, en is in Februarie 1772 deur Yves-Joseph de Kerguelen-Trémarec ontdek. Die argipel is ontgin vir sy robbe tot die vernietiging van die bevolking, pelsrobbe in die 18de eeu en seeolifante in die vroeë 20ste eeu. 'n Aantal ekspidisies het die eilande vlugtig besoek insluitend dié van James Cook in 1776.
Tydens Kersfees 1940 was die Duitse hulpkruiser Atlantis by Kergueleneiland. Gedurende die besoek het hulle onderhoud gedoen en hul watervoorraad aangevul. Die bemanning se eerste ongeval kom toe 'n matroos val terwyl hy die skoorsteen verf. Hy is begrawe in wat soms "die mees suidelike Duitse oorlogsgraf" genoem word.
Kerguelen is sedert 1949 deur 'n klein aantal wetenskapspanne, met 'n bevolking van tussen 50-100 altyd teenwoordig, gebruik. Daar is ook 'n satellietvolgstasie. Die hoofeiland is die tuiste van 'n goed gevestigde wilde huiskatbevolking wat van skeepskatte afstam. Hulle oorleef van seevoëls en nie-inheemse konyne wat na die eilande ingevoer is.
Hoofbasis
wysigDie hoofbasis, "hoofstad" van die distrik, is geleë by die oorstelike punt van die Golfe du Morbihan by 49°21′S 70°13′O / 49.350°S 70.217°O en staan bekend as Port-Aux-Français. Fasiliteite sluit 'n kroeg, gimnasium, hospitaal, biblioteek en die kapel van Notre-dame des Vents in. Historiese plekke, almal op die hoofeiland, sluit in:
- Anse Betsy (historiese geomagnetiese stasie by 49°10′S 70°13′O / 49.167°S 70.217°O)
- Baie de l'Observatoire (historiese geomagnetiese stasie by 49°21′S 70°12′O / 49.350°S 70.200°O)
- Cabane Port-Raymond (wetenskapkamp by 49°20′S 69°49′O / 49.333°S 69.817°O)
- Cap Ratmanoff (geomagnetiese stasie by 49°14′S 70°34′O / 49.233°S 70.567°O, die mees oostelike punt)
- La Montjoie (wetenskapkamp by 48°59′S 68°50′O / 48.983°S 68.833°O)
- Port Bizet (seismografiese stasie by 49°31′12″S 69°54′36″O / 49.52000°S 69.91000°O)
- Port Christmas (historiese geomagnetiese stasie by 48°41′S 69°03′O / 48.683°S 69.050°O)
- Port Couvreux (voormalige walvisstasie en geomagnetiese stasie by 49°17′S 69°42′O / 49.283°S 69.700°O)
- Port Curieuse (hawe aan die Weskus by 49°22′S 68°48′O / 49.367°S 68.800°O)
- Port Douzième (letterlik Twaalfde Hawe, hut en geomagnetiese stasie by 49°31′S 70°09′O / 49.517°S 70.150°O)
- Port Jeanne d'Arc (voormalige walvisstasie en historiese geomagnetiese stasie by 49°33′S 69°49′O / 49.550°S 69.817°O)
Sedert 1963 is 49°22′S 70°14′O / 49.367°S 70.233°O, net oos van Port-aux-Français, 'n lanseerplek vir peilvuurpyle, meestal Amerikaanse Arcas, Franse Dragon en Frans-Sowjet Eridans, maar uiteindelik hoofsaaklik vir 'n Sowjetprogram (M-100).
Fauna
wysigVerskeie pikkewyn en voëls spesies woon op die eiland. Die koningpikkewyn en witoorpikkewyn broei op die eiland.
Die Kergueleneilande in fiksie
wysig- In die seervaardersroman Desolation Island, een van die Aubrey–Maturin reeks deur Patrick O'Brian, herstel die bemanning hulle stukkende skip op 'n eiland wat sterk ooreenkom met Kerguelen, alhoewel daar later in die boek beweer word dat 'n ander Desolation Island is.
- In The Narrative of Arthur Gordon Pym of Nantucket, Edgar Allan Poe se enigste voltooide roman, stap die bemanning van die Jane Guy by Kergueleneiland aanwal voor hulle op die ou einde aanbeweeg na die Suidpool.
- Die argipel speel 'n rol in die roman Kilo Class deur Patrick Robinson ISBN 0-06-109685-7
- Warbots (no. 5) Operation High Dragon behels 'n geheime Chinese militêre basis geleë op Kergueleneiland. ISBN 1-55817-159-2
- In die Deense grafiese roman Mikkeline på skattejagt (Mikkeline se skattejag) deur tekenaar en stokiesvehaalskrywer Claus Deleuran, speel Desolation Island 'n belangrike rol in die knoop. In die grappige storie dien die aktiewe vulkaan Mont Ross as 'n agterdeur na die hel soos beskryf in The Divine Comedy deur Dante Alighieri. ISBN 87-7378-244-0
Kyk ook
wysig- Franse oorsese départemements en gebiede
- Kerguelenkool
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Kerguelen Islands. |
- Amptelike webwerf Geargiveer 3 Junie 2016 op Wayback Machine
- Amptelike webwerf
- Kerguelen Argipel
- Suidelike & Antarktiese Gebiede
- Rebruke oor Kerguelen uit The Times
- Persoonlike werf met baie beeld Geargiveer 9 Januarie 2016 op Wayback Machine
- Desolation Island – Geskiedenis en Geografie Geargiveer 13 Maart 2006 op Wayback Machine
- Voorpyllansering op die Kergueleneilande
- Geomagnetiese Stasies Geargiveer 27 Februarie 2006 op Wayback Machine
- Weervoorspelling vir die Kergueleneilande