David Miller
David Andrew Miller (gebore 10 Junie 1989 in Pietermaritzburg) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2014, 2016, 2021, 2022 en 2024, asook die Kampioenetrofeë in 2013 en 2017 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.[1]
David Miller | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
David Miller in 2014 | ||||||
Volle naam | David Andrew Miller | |||||
Gebore | 10 Junie 1989 Pietermaritzburg, Natal, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Linkshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm bybreek | |||||
Rol | Middelordekolwer | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
EDI debuut (no 98) | 22 Mei 2010 v Wes-Indië | |||||
Laaste EDI | 7 Maart 2020 v Australië | |||||
EDI hempno. | 10 | |||||
T20I debuut (no 45) | 20 Mei 2010 v Wes-Indië | |||||
Laaste T20I | 26 Februarie 2020 v Australië | |||||
T20I hempno. | 10 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2008- | Natal Dolfyne (spanno. 12) | |||||
2011- | Kings XI Punjab | |||||
2012 | Yorkshire | |||||
2013 | Chittagong Kings | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | EDI | T20I | 1e rang | A-lys | ||
Wedstryde | 132 | 78 | 63 | 231 | ||
Lopies aangeteken | 3231 | 1409 | 3,342 | 6156 | ||
Kolfgemiddeld | 40.38 | 29.35 | 36.32 | 41.04 | ||
100s/50s | 5/14 | 1/2 | 6/19 | 9/35 | ||
Hoogste telling | 139 | 101* | 177 | 139 | ||
Vangskote/Stonkings | 61/– | 61/- | 73/- | 103/- | ||
Bron: ESPNcricinfo, 30 Desember 2020 |
Hy speel in die EDI's en Twintig20-wedstryde vir die Proteas. Hy het ook al tweekeer ingestaan as T20I-kaptein in Februarie 2019, toe Faf du Plessis – die gereelde kaptein – 'n ruskans gegun is.
Hy word in 2019 as T20-speler van die jaar aangewys.[2]
Verwysings
wysig- ↑ (en) Andrew Fidel Fernando (27 Junie 2024). "South Africa demolish Afghanistan to enter their maiden men's World Cup final". ESPNcricinfo. Besoek op 30 Junie 2024.
- ↑ (af) Johann Gresse (4 Augustus 2019). "Faf is Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2019. Besoek op 4 Augustus 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie David Miller.
- (en) David Miller by Cricinfo
- (en) David Miller by CricketArchive
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |