Sheffield
Sheffield is 'n stad in die noorde van Engeland (in die Verenigde Koninkryk), tussen Nottingham en Leeds. Die stad het in 2020 'n bevolking van 557 039 gehad. Daar is ook agt plekke in die Verenigde State van Amerika en twee in Nieu-Seeland wat na Sheffield genoem is. Die stad het omtrent twee miljoen bome. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966.
Ligging van Sheffield in Engeland | Wapen |
Suid-Yorkshire | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Engeland |
Graafskap | Suid-Yorkshire |
Koördinate | 53°23′N 1°28′W / 53.383°N 1.467°W |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 122,5 vk km |
Bynaam | Steel City |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 557 039 |
- Bevolkingsdigtheid | 4 547/vk km |
Tydsone | UTC +0 (MGT) |
- Somertyd | UTC +1 (BST) |
Burgemeester (Lord Mayor) | Anne Murphy (Lab) |
Amptelike webwerf | sheffield.gov.uk |
Demografie
wysigSheffield is een van die agt grootste stede in die Verenigde Koninkryk. In 2005 was 88,7% van sy bevolking Blankes, 5,4% Indiërs, 2,4% Swartes, en 3,5% ander. 68,6% van die bevolking is Christene, 4,6% is Moslems, 18% het geen godsdiens nie en ander godsdienste behels ongeveer 1%.
Die Universiteit van Sheffield is ook hier geleë.
Susterstede
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sheffield.
- (en) Toerisme-inligting oor Sheffield op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf