Komatipoort
Komatipoort is 'n dorp in die verre ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika, op die grens met Mosambiek. Die dorp het in 2011 'n bevolking van 4 683 gehad.[1] Komatipoort is hoofsaaklik 'n spoorwegdorp en doeanesentrum, maar beskik ook oor 'n klein lughawe. Die spoorlyn van pres. Paul Kruger het die dorp teen 1 Julie 1891 vanaf Delagoabaai bereik.
Komatipoort | |
---|---|
'n Straat in Komatipoort se dorp | |
Koördinate: 25°26′S 31°57′O / 25.433°S 31.950°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Nkomazi |
Stigting | 1874 |
Regering | |
• Tipe | Deel van 'n Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 11,71 km2 (4,52 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 683 |
• Digtheid | 400/km2 (1 000/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 34,4% |
• Indiërs/Asiërs | 2,8% |
• Bruin mense | 1,2% |
• Swart mense | 61,0% |
• Ander | 0,6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 30,8% |
• Tsonga | 28,4% |
• Swazi | 27,7% |
• Engels | 7,6% |
• Ander | 5,5% |
Poskode (strate) | 1340 |
Skakelkode | 013 |
Omgewing
wysig'n Diep kloof voer die Krokodilrivier, N4 nasionale pad en treinspoor deur die Lebomboberg tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Die dorp is een van die warmstes in die land. Die gemiddelde maksimum-dagtemperatuur gedurende Januarie is 32,9°C en in Julie is dit 26,4°C. Die belangrikste gewasse van die distrik is suikerriet, groente en subtropiese vrugte. Die Lebombo-grenspos is net oos van die dorp.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Komatipoort". Sensus 2011.
- ↑ Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.