1839
jaar
1839 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1834 | 1835 | 1836 | 1837 | 1838 | ◄ 1839 ► | 1840 | 1841 | 1842 | 1843 | 1844 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1839 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die eerste trein in Nederland | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1839 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 39ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Die dorp Pietermaritzburg word geproklameer.
- 18 Februarie – Pous Gregorius XVI stel Charles Januarius Acton, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinaal.
- 9 Maart – Die Koekoorlog kom tot 'n einde.
- 18 Maart – Die Eerste Opiumoorlog breek uit.
- 26 Mei – Pous Gregorius XVI verklaar Veronica Giuliani heilig.
- 2 Julie – Opstand op die slawe-skip La Amistad.
- 8 Julie – Pous Gregorius XVI stel Ferdinando Maria Pignatelli, Theat., aartsbiskop van Palermo aan as kardinaal.
- 20 September – Amptelike opening van die eerste spoorlyn in Nederland, tussen Haarlem en Amsterdam.
- 23 Desember – Pous Gregorius XVI stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX), aartsbiskop-biskop van Imola.
Geboortes
wysig- 19 Januarie – Paul Cézanne, Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder († 1906).
- 11 Februarie – Josiah Willard Gibbs, Amerikaanse wetenskaplike († 1903).
- 28 Februarie – Sytze Wierda, Nederlandse argitek in die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) († 1911).
- 25 Mei – Jules Porgès, Frans-Suid-Afrikaanse entrepreneur en Randheer († 1921).
- 19 September – George Cadbury, 'n Kwaker wat die Cadbury's kakao- en sjokolademaatskappy in Brittanje gestig het († 1922).
Sterftes
wysig- 25 Maart – Miles Bowker, leier van ’n klein geselskap 1820-Setlaars (* 1759)
- 8 April – Graaf van Caledon, die tweede bugerlike goewerneur van die tweede Britse bewind aan die Kaap (* 1777).
- 1 Julie – Mahmoed II, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1785).
- 26 Julie – Sir John Cradock, die derde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1759).
- 3 Desember – Frederik VI van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1768).
Gepubliseer
wysig- 3 Desember – In Supremo Apostolatus, teen slawehandel, deur Pous Gregorius XVI.