1700
jaar
1700 |
◄ | 16de eeu | ◄17de eeu► | 18de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1695 | 1696 | 1697 | 1698 | 1699 | ◄ 1700 ► | 1701 | 1702 | 1703 | 1704 | 1705 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1700 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Tsaar Pieter se boot | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1700 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 100ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 26 Januarie - Die noordweskus van die huidige Verenigde State word deur 'n enorme aardbewing getref. Die tsoenami veroorsaak groot skade in Japan. (Sien: paleoseismologie).
- 12 Februarie – Die Groot Nordiese Oorlog begin.
- 30 Maart – Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI) word kardinaal-priester van S. Silvestro in Capite.
- 21 Junie – Pous Innocentius XII stel nog drie nuwe kardinale aan, waaronder Johannes Philipp von Lamberg, biskop van Passau.
- 17 Julie – Pous Innocentius XII verklaar Augustine Gazotich salig.
- 20 November – By die Slag van Narva verslaan Koning Karel XII van Swede die leër van tsaar Pieter die Grote.
- 23 November – Pous Clemens XI volg Pous Innocentius XII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 30 November – Pous Clemens XI word tot biskop gewy.
- 8 Desember – Pous Clemens XI word gekroon deur kardinaal Benedotto Pamphili.
- 29 Desember – Pous Clemens XI verklaar Jakov Varingez salig.
Geboortes
wysig- 20 September – Hendrik Swellengrebel, die eerste VOC-goewerneur van die Kaapkolonie wat plaaslik gebore is († 1760).
Sterftes
wysig- 16 Oktober – Patriarg Adriaan van Moskou, die tiende en laaste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* 1627)
- 27 September – Pous Innocentius XII, die 242ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1615).
- Onbekend – Douw Gerbrandts Steyn, die groot stamvader van die Steyn's in Suid-Afrika (* 1631).
- Onbekend – Louis Joliet, Franse ontdekkingsreisiger en pelshandelaar (* 1645).