Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1953


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1953 het op 15 April 1953 plaasgevind. Die uitslag was 'n absolute meerderheid vir die regerende Nasionale Party van Eerste Minister D.F. Malan, terwyl die grootste opposisieparty, die Verenigde Party van J.G.N. Strauss sewe setels verloor het.

Dr. D.F. Malan en adv. Hans Strijdom in gesprek tydens die verkiesingsveldtog van 1953

In die aanloop tot die verkiesing het die Verenigde Party en die klein sosiaal-demokratiese Arbeidersparty ooreengekom om nie kandidate in dieselfde kiesafdelings te nomineer nie.[1] Die oorwinning van die Nasionale Party verseker dat Malan vir 'n tweede termyn eerste minister word en ook sy apartheidswetgewing kon versterk.

Uitslag

wysig
 
Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1953-verkiesing

   Nasionale Party: 94 setels

   Verenigde Party: 57 setels

   Arbeidersparty: 5 setels

   Onafhanklikes: 3 setels

Party Leier % Setels Verskil
Nasionale Party Dr. D. F. Malan 49,48% 94 +15
Verenigde Party Dr. J.G.N. Strauss 47,65% 57 -8
Arbeidersparty John Christie 2,87% 5 -1
Onafhanklikes 6,63% 3
Totaal 100% 159

Verwysings

wysig
  1. Winkler Prins Jaarboek 1954, door: red. Winkler Prins, blz. 410