Nasionale Raad van Provinsies
Die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) is die hoërhuis van die Parlement van Suid-Afrika. Die NRVP is in Kaapstad, die wetgewende hoofstad van Suid-Afrika gevestig.
██ ANC permanente delegate ██ ANC spesiale delegate ██ DA permanente delegate ██ DA spesiale delegate | ██ EFF permanente delegate ██ EFF spesiale delegate ██ ander party permanente delegate ██ ander party spesiale delegate |
In 1997 word die destydse hoërhuis van die Suid-Afrikaanse parlement, die Senaat, met die NRVP vervang. Alle senatore het met onmiddellike ingang lidmaatskap van die NRVP verkry.
Die NRVP se vergaderings word deur 'n voorsitter gelei. Die voorsitter tans is Amos Masondo van die ANC. Hy beklee die amp sedert 2019. Sy voorganger is Thandi Modise. Die adjunkvoorsitter van die NRVP is Sylvia Lucas. Cathlene Labuschagne van die Demokratiese Alliansie is die opposisieleier.
Lys van voorsitters van die NRVP
wysigPersoon | Ampstermyn | Party |
---|---|---|
Mosiuoa Lekota | 1997–1999 | ANC |
mev. Naledi Pandor | 1999–2004 | ANC |
mev. Joyce Kgoali | 2004 | ANC |
Johannes Mahlangu | 2004–2014 (waarnemend tot 17 Januarie 2005) |
ANC |
mev. Thandi Modise | 2014–2019 | ANC |
Amos Masondo | sedert 2019 | ANC |
Eksterne skakels
wysig- (en) Parlement van Suid-Afrika
- (en) Die Nasionale Raad van Provinsies se amptelike webwerf Geargiveer 19 November 2016 op Wayback Machine