Thandi Modise
Thandi Modise (* 25 Desember 1959, Vryburg) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en tans die Minister van Verdediging en Militêre Veterane. Sy was die Speaker van die Nasionale Vergadering voor die aanstelling. Sy het as voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies gedien van 2014 tot 2019. Voor dit was sy die Premier van Noordwes (2010 tot 2014) en word in hierdie hoedanigheid deur Supra Mahumapelo (ANC) opgevolg, na die algemene verkiesing van 2014.
Thandi Modise | |
Ampstermyn 22 Mei 2019 – 8 Augustus 2021 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Baleka Mbete |
Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies
| |
Ampstermyn 21 Mei 2014 – 22 Mei 2019 | |
President | J. Zuma→C. Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Johannes Mahlangu |
Opgevolg deur | Amos Masondo |
4de Premier van Noordwes
| |
Ampstermyn 19 November 2010 – 21 Mei 2014 | |
Voorafgegaan deur | Maureen Modiselle |
Opgevolg deur | Supra Mahumapelo |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 25 Desember 1959 Vryburg, Kaapprovinsie |
Politieke party | African National Congress |
Apartheidsjare
wysigSy verlaat Suid-Afrika in 1976 om by die verbanne African National Congress (ANC) aan te sluit en ontvang opleiding in Angola. Sy keer in 1978 terug na Suid-Afrika as 'n werknemer van die militêre vleuel van die ANC, Umkhonto we Sizwe (MK). In 1979 word sy in hegtenis geneem en gevangenisstraf opgelê, wat haar die eerste vrou maak om in Suid-Afrika vir aktiwiteite verbonde aan MK tronk toe gestuur te word.
Aanklagte van dieremishandeling op haar plaas
wysigIn Julie 2014 ontdek die NDBV 'n aantal dooie diere, insluitend hoenders, varke, bokke en ganse, op 'n plaas wat Modise in Modderfontein, buite Potchefstroom, in die Noordwes-provinsie besit. Dit was duidelik dat die diere langer as 'n week sonder kos en water gegaan het, en 85 oorblywende varke op die plaas het hulsef daarop gewend het om 58 dooie varke te kannibaliseer.[1] Geen werkers was op die perseel te vinde nie. Die Noordwes-polisie het op 7 Julie bevestig dat sy teregstaan op aanklagte van dieremishandeling in stryd met die Wet op Dierebeskerming. Sy het op die bewerings gereageer deur te verklaar dat sy leer hoe om te boer,[2] en dat sy 'n plaasbestuurder aangestel het, maar dat hy sy pligte versaak het weens 'n gesinsaangeleentheid.[3] Ongeveer vier maande later is gerapporteer dat die omstandighede op die plaas verbeter het, dat Modise se vee voldoende voedsel ontvang het en in 'n "aanvaarbare toestand" was.[4]
Bronne
wysig- ↑ "Thandi Modise could face criminal charges over farm horror". eNCA. Besoek op 7 Julie 2014.
- ↑ "Today's top stories". Destinyconnect.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 7 Julie 2014.
- ↑ "Modise to cooperate with SPCA". iafrica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2014. Besoek op 7 Julie 2014.
- ↑ "Better conditions at Thandi Modise's farm". The Citizen. Besoek op 21 Januarie 2015.[dooie skakel]
- "Gerrie Nel gaan saak van dieremishandeling privaat vervolg". Maroela Media. 19 Julie 2018. Besoek op 19 Julie 2018.