Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 is 'n algemene verkiesing wat op 7 Mei 2014 in Suid-Afrika gehou is. Dit was die vierde volledig-demokratiese verkiesing sedert die einde van apartheid in 1994.
Agtergrond
wysigVolgens die Grondwet van Suid-Afrika moet 'n verkiesing minstens elke vyf jaar plaasvind. Die doel van die verkiesing is om 'n nuwe Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers te verkies. Die Nasionale Vergadering bestaan uit 400 lede wat deur eweredige verteenwoordiging verkies word en wat op hulle beurt die president van die land verkies.
Politieke partye
wysigDie regerende African National Congress (ANC) met die ondersteuning van die drieledige alliansie met die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakverbonde (COSATU) en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het sedert 1994 die meerderheid van die setels in die Nasionale Vergadering. In 1999 en 2004 het die steun effens toegeneem maar in 2009 van 69% na 65,9% afgeneem. Die ANC is gelei deur Jacob Zuma wat in 2012 vir ’n tweede vyfjaartermyn verkies is tot president van die ANC toe hy ’n wegholoorwinning teen Kgalema Motlanthe, die enigste opponent, behaal het. Cyril Ramaphosa is aangewys as adjunkpresident van die ANC nadat Motlanthe ’n tweede termyn van die hand gewys het.
Die Demokratiese Alliansie se steun het van 2009 tot 2014 toegeneem van 16,7% tot 22,2%, wat aan die party 'n bykomende 22 setels gee. Helen Zille is as leier herkies tydens die party se Federale Kongres in Gauteng. Die Congress of the People (Cope) was tot voor die verkiesing die derde grootste party en is gelei deur Mosiuoa Lekota. Hy is egter deur Mbhazima Shilowa teengestaan met die geveg wat tot in die Hooggeregshof gedraai het. As gevolg van die stryery het die party heelwat steun verloor en dit het daarop uitgeloop dat die United Congress deur ontnugterde Cope-lede gestig is.
Die Vryheidsfront Plus is in die verkiesing gelei deur Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye nadat hy ook herkies is as leier. Mangosuthu Buthelezi is steeds die leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) ten spyte van ’n aanslag deur Zanele kaMagwaza-Msibi, voormalige voorsitter van die IVP. Sy het die Nasionale Vryheidsparty gestig na ’n vete met Buthelezi.
Op 11 Maart 2014 het die Christen Demokratiese Party aangekondig dat die party hom aan die verkiesing onttrek omdat “met lede se swaarverdiende geld gedobbel word” in ’n poging om ’n setel in die parlement te kry.[1]
Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Verkiesingskommissie het op 17 Maart aangekondig dat 33 partye kandidate vir die nasionale parlementêre verkiesing geregistreer het. Die aantal partye wat om plekke in die provinsiale wetgewers meegeding het is soos volg:[2]
- Wes-Kaap – 26
- Gauteng – 22
- Limpopo – 20
- Oos-Kaap – 18
- KwaZulu-Natal – 18
- Vrystaat – 17
- Mpumalanga – 16
- Noord-Kaap – 16
- Noordwes – 16
Vier partye het egter nie die verlangde deposito betaal nie en het hul deelname verbeur omdat hulle nie voor 24 Maart 2014 die deposito betaal het nie.[3]
Nuwe partye
wysigVerskeie nuwe partye het op nasionale en provinsiale vlak aan die verkiesing deelgeneem:
- South Africa First (SAF) is gestig deur voormalige lede van Umkhonto we Sizwe, die ANC se gewapende vleuel.
- Agang is gestig deur Mamphela Ramphele.
- Die Werkers- en Sosialistiese Party (WASP) is op Sharpevilledag in 2013 gestig deur leiers van die onafhanklike mynwerkers se betogingskomitee wat aan die stuur van betoging by Marikana was, en die Democratic Socialist Movement (DSM).
- Die Ekonomiese Vryheidsvegters is gestig deur Julius Malema.
- Die United Congress is gestig deur Mluleki George.
- Die Nasionale Vryheidsparty is gestig deur Zanele kaMagwaza-Msibi, voorheen van die IVP.
- Front Nasionaal is gevorm deur ’n samesmelting van die Boere-Krisis-Aksie en die Federale Vryheidsparty.
Alliansies/Samewerkingsooreenkomste
wysigDie Onafhanklike Demokrate wat 4 setels en 0,9% van die stemme in 2009 gekry het, het met die Demokratiese Alliansie saamgesmelt voor die verkiesing.
Op 17 Desember 2013 is aangekondig dat vyf politieke partye, naamlik Cope, die IVP, die ACDP, die UCDP en die Vryheidsfront Plus ’n samewerkingsooreenkoms bereik het met 20 spesifieke prioriteite waaroor die partye eenstemmigheid bereik het. Die partye in die koalisie, genaamd die Kollektief vir Demokrasie en onder voorsitterskap van Mosiuoa Lekota van Cope, sal hul eie identiteite behou en onder hul eie name en logos aan die verkiesing deelneem.[4] Die IVP het aanvanklik deelname aan die koalisie ontken en gesê dat hulle versigtig is vir die stig van sulke koalisies omdat dit in vorige verkiesings slegs verwarring onder hul ondersteuners veroorsaak het.[5][6]
Op 20 Desember 2013 het NUMSA, een van Cosatu se grootste bondgenote, aangekondig dat hulle nie die ANC of enige ander politieke party sal steun in 2014 nie en dat NUMSA beplan om ’n nuwe werkersklas-kollektief soortgelyk aan die ontbinde United Democratic Front met die uiteindelike doel om ’n sosialistiese party te vorm wat aan die 2019-verkiesing gaan deelneem.[7][8]
Op 28 Januarie 2014 het die DA aangekondig dat Mamphela Ramphele ’n uitnodiging om as presidentskandidaat van die DA te staan, aanvaar het[9][10][11] en dat die DA en Agang sou saamsmelt.[12][13] Op 31 Januarie 2014 het Ramphele gesê dat sy nie DA-lidmaatskap wou aanvaar nie en dat sy die leier van Agang Suid-Afrika sal bly. Dit het heelwat verwarring veroorsaak.[14] Op 2 Februarie 2014 het Zille gesê dat Ramphele die ooreenkoms verloën het.[15] Ramphele het gevolglik verskoning gevra vir die omkeer in haar besluit en gesê dat die tydsberekening nie reg was nie.[16]
Op 6 Februarie 2014 is aangekondig dat die Cope-lede wat Shilowa-ondersteuners was, beplan het om by die United Democratic Movement van Bantu Holomisa aan te sluit.[17] Op 11 Maart 2014 het Al Jama-ah en die Afrika Moslemparty aangekondig dat hulle saam sou werk onder die naam Al Jama-ah Gemeenskapsparty.[18] Op 12 Maart is verslag gedoen dat ’n DA-LP, Beverley Abrahams, by die ANC aangesluit het.[19] Voorts is op 20 Maart 2014 bekend gemaak dat Lourie Bosman, Niekie van den Berg en Theo Coetzee van die DA en Pieter Vorster van die Afrikanerbond hulle by die Vryheidsfront Plus aangesluit het en hulself as parlementêre kandidate beskikbaar stel.[20]
Uitslae
wysigNasionaal
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering | Setels | Verandering | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 11,436,921 | 62.15% | -3.75 | 249 | -15 | ||||
Demokratiese Alliansie | 4,091,584 | 22.23% | +4.65 | 89 | +18 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 1,169,259 | 6.35% | nuut | 25 | nuut | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 441,854 | 2.40% | -2.15 | 10 | -8 | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 288,742 | 1.57% | Nuut | 6 | Nuut | ||||
United Democratic Movement | 184,636 | 1.00% | +0.16 | 4 | 0 | ||||
Vryheidsfront Plus | 165,715 | 0.90% | +0.07 | 4 | 0 | ||||
Congress of the People | 123,235 | 0.67% | -6.75 | 3 | -27 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 104,039 | 0.57% | -0.24 | 3 | 0 | ||||
African Independent Congress | 97,642 | 0.53% | Nuut | 3 | Nuut | ||||
Agang | 52,350 | 0.28% | Nuut | 2 | Nuut | ||||
Pan Africanist Congress | 37,784 | 0.21% | -0.07 | 1 | 0 | ||||
African People’s Convention | 30,676 | 0.17% | -0.04 | 1 | 0 | ||||
Al Jama-ah | 25,976 | 0.14% | -0.01 | 0 | 0 | ||||
Minority Front | 22,589 | 0.12% | -0.12 | 0 | 1 | ||||
United Christian Democratic Party | 21,744 | 0.12% | -0.26 | 0 | 2 | ||||
Azanian People’s Organisation | 20,421 | 0.11% | -0.11 | 0 | 1 | ||||
Bosbokrand Inwonersvereniging | 15,271 | 0.08% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Independent Civic Organisation of South Africa | 14,472 | 0.08% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Patriotic Alliance | 13,263 | 0.07% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Workers and Socialist Party | 8,331 | 0.05% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Ubuntu Party | 8,234 | 0.04% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Kingdom Governance Movement | 6,408 | 0.03% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Front Nasionaal | 5,138 | 0.03% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Keep It Straight And Simple | 4,294 | 0.02% | -0.01 | 0 | 0 | ||||
Pan Africanist Movement | 3,815 | 0.02% | -0.01 | 0 | 0 | ||||
First Nation Liberation Alliance | 3,297 | 0.02% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
United Congress | 3,136 | 0.02% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Peoples Alliance | 1,671 | 0.01% | Nuut | 0 | Nuut | ||||
Totaal | 18 402 497 | 100.00 | 400 | ||||||
Bedorwe stemme | 251 960 |
Gauteng provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 2 348 564 | 53,59% | -10,44 | 40 | -7 | ||||
Demokratiese Alliansie | 1 349 001 | 30,78% | [a] +8,32 | 23 | [a] +6 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 451 318 | 10,30% | NVT | 8 | NVT | ||||
Vryheidsfront Plus | 52 436 | 1,20% | -0,43 | 1 | 0 | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 34 240 | 0,78% | -0,71 | 1 | 0 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 27 196 | 0,62% | -0,25 | 0 | -1 | ||||
Congress of the People | 21 652 | 0,49% | -7,28 | 0 | -6 | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 20 733 | 0,47% | NVT | 0 | NVT | ||||
United Democratic Movement | 19 486 | 0,44% | +0,05 | 0 | 0 | ||||
Agang | 18 258 | 0,42% | NVT | 0 | NVT | ||||
Pan Africanist Congress | 11 241 | 0,26% | -0,05 | 0 | 0 | ||||
African People’s Convention | 7 187 | 0,16% | +0,04 | 0 | 0 | ||||
Azanian People’s Organisation | 5 110 | 0,12% | -0,10 | 0 | 0 | ||||
United Christian Democratic Party | 3 641 | 0,08% | -0,16 | 0 | 0 | ||||
Minority Front | 3 237 | 0,07% | NVT | 0 | NVT | ||||
Front Nasionaal | 2 285 | 0,05% | NVT | 0 | NVT | ||||
Workers and Socialist Party | 1 988 | 0,05% | NVT | 0 | NVT | ||||
Patriotic Alliance | 1 811 | 0,04% | NVT | 0 | NVT | ||||
Independent Civic Association | 974 | 0,02% | NVT | 0 | NVT | ||||
Kingdom Governance Movement | 815 | 0,02% | NVT | 0 | NVT | ||||
Lekgotla for Democracy Advancement | 695 | 0,02% | NVT | 0 | NVT | ||||
Merafong Civic Association | 295 | 0,01% | NVT | 0 | NVT | ||||
Totaal | 4 382 163 | 100.00 | 73 | ||||||
Bedorwe stemme | 42 261 |
KwaZulu-Natal provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 2 475 041 | 64,52% | +1,57 | 52 | +1 | ||||
Demokratiese Alliansie | 489 430 | 12,76% | [a] +3,42 | 10 | [a] +3 | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 416 496 | 10,86% | -11,54 | 9 | -9 | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 280 425 | 7,31% | NVT | 6 | NVT | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 70 823 | 1,85% | NVT | 2 | NVT | ||||
Minority Front | 38 960 | 1,02% | -1,04 | 1 | -1 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 16 803 | 0,44% | -0,24 | 0 | -1 | ||||
Vryheidsfront Plus | 7 695 | 0,20% | +0,04 | 0 | 0 | ||||
African People’s Convention | 7 040 | 0,18% | +0,04 | 0 | 0 | ||||
United Democratic Movement | 6 632 | 0,17% | -0,06 | 0 | 0 | ||||
Congress of the People | 5 968 | 0,16% | -1,13 | 0 | -1 | ||||
Azanian People’s Organization | 5 873 | 0,15% | NVT | 0 | NVT | ||||
Truly Alliance | 4 082 | 0,11% | NVT | 0 | NVT | ||||
Pan Africanist Congress | 2 930 | 0,08% | 0,00 | 0 | 0 | ||||
KZN Transport Alliance | 2 796 | 0,07% | NVT | 0 | NVT | ||||
United Christian Democratic Party | 2 186 | 0,06% | +0,01 | 0 | 0 | ||||
Kingdom Governance Movement | 1 903 | 0,05% | NVT | 0 | NVT | ||||
Ubumbano Lwesizwe Sabangoni | 926 | 0,02% | NVT | 0 | NVT | ||||
Totaal | 3 836 009 | 100.00 | 80 | ||||||
Bedorwe stemme | 51 831 |
Limpopo provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 1 149 248 | 78,60% | -6,28 | 39 | -4 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 156 982 | 10,74% | NVT | 6 | NVT | ||||
Demokratiese Alliansie | 94 724 | 6,48% | +2,91 | 3 | +1 | ||||
Congress of the People | 12 573 | 0,86% | -6,67 | 1 | -1 | ||||
Vryheidsfront Plus | 10 102 | 0,69% | +0,08 | 0 | 0 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 6 988 | 0,48% | -0,21 | 0 | 0 | ||||
Agang | 5 197 | 0,36% | NVT | 0 | NVT | ||||
African People’s Convention | 5 058 | 0,35% | +0,05 | 0 | 0 | ||||
Pan Africanist Congress | 4 266 | 0,29% | -0,24 | 0 | 0 | ||||
United Democratic Movement | 3 920 | 0,27% | -0,08 | 0 | 0 | ||||
Azanian People’s Organisation | 3 851 | 0,26% | -0,11 | 0 | 0 | ||||
Ximoko Party | 3 044 | 0,21% | -0,02 | 0 | 0 | ||||
Workers and Socialist Party | 1 222 | 0,08% | NVT | 0 | NVT | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 1 219 | 0,08% | +0,02 | 0 | 0 | ||||
South African Maintenance and Estate Beneficiaries Association |
1 105 | 0,08% | NVT | 0 | NVT | ||||
United Christian Democratic Party | 850 | 0,06% | -0,03 | 0 | 0 | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 586 | 0,04% | NVT | 0 | NVT | ||||
Lekgotla for Democracy Advancement | 556 | 0,04% | NVT | 0 | NVT | ||||
Unemployed Movement SA | 349 | 0,02% | NVT | 0 | NVT | ||||
Merafong Civic Association | 219 | 0,01% | NVT | 0 | NVT | ||||
Totaal | 1 462 186 | 100.00 | 49 | ||||||
Bedorwe stemme | 18 409 |
Mpumalanga provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 1 045 409 | 78,23% | -7,31 | 24 | -3 | ||||
Demokratiese Alliansie | 138 990 | 10,4 % | [a] +2,79 | 3 | [a] +1 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 83 589 | 6,26% | NVT | 2 | NVT | ||||
Bosbokrand Inwonersvereniging | 15 368 | 1,15% | NVT | 1 | NVT | ||||
Vryheidsfront Plus | 11 018 | 0,82% | -0,02 | 0 | 00 | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 10 066 | 0,75% | NVT | 0 | NVT | ||||
African People’s Convention | 5 940 | 0,44% | +0,07 | 0 | 0 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 5 324 | 0,40% | -0,11 | 0 | 0 | ||||
Congress of the People | 4 288 | 0,32% | -2,59 | 0 | -1 | ||||
Sindawonye Progressive Party | 4 244 | 0,32% | -0,18 | 0 | 0 | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 3 481 | 0,26% | -0,24 | 0 | 0 | ||||
Pan Africanist Congress | 3 109 | 0,23% | -0,08 | 0 | 0 | ||||
Agang | 1 705 | 0,13% | NVT | 0 | NVT | ||||
United Democratic Movement | 1 701 | 0,13% | -0,13 | 0 | 0 | ||||
Azanian People’s Organisation | 1 235 | 0,09% | -0,13 | 0 | 0 | ||||
United Christian Democratic Party | 792 | 0,06% | - 0,01 | 0 | 0 | ||||
Totaal | 1 336 259 | 100.00 | 30 | ||||||
Bedorwe stemme | 19 333 |
Noord-Kaap provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 272 053 | 64,40% | +3,65 | 20 | +1 | ||||
Demokratiese Alliansie | 100 916 | 23,89% | [a] +6,38 | 7 | [a] +1 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 20 951 | 4,96% | NVT | 2 | NVT | ||||
Congress of the People | 15,214 | 3,60% | -13,07 | 1 | -4 | ||||
Vryheidsfront Plus | 4 600 | 1,09% | -0,16 | 0 | 0 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 2,421 | 0,57% | -0,43 | 0 | 0 | ||||
United Christian Democratic Party | 1 ,542 | 0,37% | -0,84 | 0 | 0 | ||||
African People’s Convention | 1 191 | 0,28% | -0,06 | 0 | 0 | ||||
Azanian People’s Organisation | 1 062 | 0,25% | -0,35 | 0 | 0 | ||||
Patriotic Alliance | 583 | 0,14% | NVT | 0 | NVT | ||||
Independent Civic Organisation of South Africa | 499 | 0,12% | NVT | 0 | NVT | ||||
Pan Africanist Congress of Azania | 460 | 0,11% | -0,11 | 0 | 0 | ||||
United Democratic Movement | 366 | 0,09% | -0,06 | 0 | 0 | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 239 | 0,06% | -0,13 | 0 | 0 | ||||
First Nation Liberation Alliance | 194 | 0,05% | NVT | 0 | NVT | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 139 | 0,03% | NVT | 0 | NVT | ||||
Totaal | 422 431 | 100.00 | 30 | ||||||
Bedorwe stemme | 6 106 |
Noordwes provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 733 490 | 67,39% | -5,50 | 23 | -2 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 143 765 | 13,21% | NVT | 5 | NVT | ||||
Demokratiese Alliansie | 138 521 | 12,73% | [a] +4,01 | 4 | [a] +1 | ||||
Vryheidsfront Plus | 18 746 | 1,72% | -0,09 | 1 | +1 | ||||
United Christian Democratic Party | 12 811 | 1,18% | -4,09 | 0 | -2 | ||||
Congress of the People | 10 256 | 0,94% | -7,53 | 0 | -3 | ||||
United Democratic Movement | 9 615 | 0,88% | +0,37 | 0 | 0 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 5 728 | 0,53% | -0,16 | 0 | 0 | ||||
Agang | 4 736 | 0,44% | NVT | 0 | NVT | ||||
African People’s Convention | 4 398 | 0,40% | +0,11 | 0 | 0 | ||||
Azanian People’s Organisation | 1 796 | 0,17% | -0,09 | 0 | 0 | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 1 582 | 0,15% | NVT | 0 | NVT | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 1 496 | 0,14% | -0,01 | 0 | 0 | ||||
Pan Africanist Congress | 1 473 | 0,14% | -0,13 | 0 | 0 | ||||
Workers and Socialist Party | 939 | 0,09% | NVT | 0 | NVT | ||||
Suid-Afrikaanse Politieke Party | 662 | 0,06% | -0,11 | 0 | 0 | ||||
Totaal | 1 088 450 | 100.00 | 33 | ||||||
Bedorwe stemme | 18 629 |
Oos-Kaap provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 1 528 102 | 70,13% | +1,13 | 45 | +1 | ||||
Demokratiese Alliansie | 353 316 | 16,20% | [a] +5,75 | 10 | [a] +4 | ||||
United Democratic Movement | 134 280 | 6,16% | +2,03 | 4 | +1 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 75 776 | 3,48% | NVT | 2 | NVT | ||||
Congress of the People | 26 129 | 1,20% | -12,47 | 1 | -8 | ||||
African Independent Congress | 16 786 | 0,77% | 0,00 | 1 | 0 | ||||
Pan Africanist Congress | 9 691 | 0,44% | -0,09 | 0 | 0 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 7 291 | 0,33% | -0,20 | 0 | 0 | ||||
Vryheidsfront Plus | 6 818 | 0,31% | +0,12 | 0 | 0 | ||||
African People’s Convention | 5 000 | 0,23% | +0,03 | 0 | 0 | ||||
Kingdom Governance Movement | 3 932 | 0,18% | NVT | 0 | NVT | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 3 472 | 0,16% | NVT | 0 | NVT | ||||
Agang | 2 372 | 0,11% | NVT | 0 | NVT | ||||
Azanian People’s Organisation | 2 509 | 0,12% | -0,09 | 0 | 0 | ||||
United Congress | 1 406 | 0,06% | NVT | 0 | NVT | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 1 388 | 0,06% | -0,04 | 0 | 0 | ||||
United Christian Democratic Party | 1 194 | 0,05% | -0,03 | 0 | 0 | ||||
Pan Africanist Movement | 759 | 0,03% | -0,05 | 0 | 0 | ||||
Totaal | 2 180 464 | 100.00 | 63 | ||||||
Bedorwe stemme | 32 657 |
Vrystaat provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress | 272 053 | 64,40% | -1,25 | 22 | 0 | ||||
Demokratiese Alliansie | 164 672 | 16,23% | [a] +4,47 | 5 | [a] +2 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 82 674 | 8,15% | NVT | 2 | NVT | ||||
Vryheidsfront Plus | 21 339 | 2,10% | +0,09 | 1 | 0 | ||||
Congress of the People | 16 516 | 1,63% | -9,99 | 0 | -4 | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 5 150 | 0,51% | -0,22 | 0 | 0 | ||||
African People’s Convention | 3 198 | 0,32% | +0,01 | 0 | 0 | ||||
Pan Africanist Congress | 2 133 | 0,21% | -0,12 | 0 | 0 | ||||
United Democratic Movement | 2 127 | 0,21% | -0,15 | 0 | 0 | ||||
Agang | 2 065 | 0,20% | NVT | 0 | NVT | ||||
Azanian People’s Organisation | 1 581 | 0,16% | NVT | 0 | NVT | ||||
United Christian Democratic Party | 1 139 | 0,11% | -0,22 | 0 | 0 | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 1 124 | 0,11% | -0,11 | 0 | 0 | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 1 115 | 0,11% | NVT | 0 | NVT | ||||
Patriotic Alliance | 651 | 0,06% | NVT | 0 | NVT | ||||
Independent Civic Organisation | 459 | 0,05% | NVT | 0 | NVT | ||||
Totaal | 1 014 663 | 100.00 | 30 | ||||||
Bedorwe stemme | 14 634 |
Wes-Kaap provinsiale verkiesing
wysig
| |||||||||
Party | Stemme | % | Verandering van vorige verk. |
Setels | Verandering van vorige verk. | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Demokratiese Alliansie | 1 259 645 | 59,38% | [a] +3,25 | 26 | [a] +2 | ||||
African National Congress | 697 664 | 32,89% | +1,34 | 14 | 0 | ||||
Ekonomiese Vryheidsvegters | 44 762 | 2,11% | NVT | 1 | NVT | ||||
Afrika Christen Demokratiese Party | 21 696 | 1,02% | -0,45 | 1 | 0 | ||||
Al Jama-ah | 13 182 | 0,62% | [b] -0,06 | 0 | [b] 0 | ||||
Congress of the People | 12 520 | 0,59% | -7,15 | 0 | -3 | ||||
Independent Civic Organisation | 11 949 | 0,56% | NVT | 0 | NVT | ||||
Vryheidsfront Plus | 11 587 | 0,55% | +0,12 | 0 | 0 | ||||
United Democratic Movement | 10 199 | 0,48% | -0,23 | 0 | 0 | ||||
Patriotic Alliance | 8 510 | 0,40% | NVT | 0 | NVT | ||||
African Independent Congress | 6 508 | 0,31% | NVT | 0 | NVT | ||||
Agang | 6 398 | 0,30% | NVT | 0 | NVT | ||||
Pan Africanist Congress | 3 591 | 0,17% | -0,06 | 0 | 0 | ||||
Nasionale Party | 2 694 | 0,13% | -0,04 | 0 | 0 | ||||
African People’s Convention | 1 291 | 0,06% | -0,03 | 0 | 0 | ||||
African National Party | 1 249 | 0,06% | NVT | 0 | NVT | ||||
Indigenous Peoples Organisation | 1 180 | 0,06% | NVT | 0 | NVT | ||||
United Christian Democratic Party | 1 158 | 0,05% | -0,02 | 0 | 0 | ||||
Inkatha Vryheidsparty | 1 078 | 0,05% | -0,01 | 0 | 0 | ||||
Azanian People’s Organisation | 844 | 0,04% | -0,03 | 0 | 0 | ||||
Nasionale Vryheidsparty | 763 | 0,04% | NVT | 0 | NVT | ||||
Progressive Civic Organisation | 642 | 0,03% | NVT | 0 | NVT | ||||
First Nation Liberation Alliance | 635 | 0,03% | NVT | 0 | NVT | ||||
Kingdom Governance Movement | 490 | 0,02% | NVT | 0 | NVT | ||||
Sibanye Civic Association | 478 | 0,02% | NVT | 0 | NVT | ||||
Peoples Alliance | 440 | 0,02% | NVT | 0 | NVT | ||||
Totaal | 2 212 153 | 100.00 | |||||||
Bedorwe stemme | 18 937 |
Sien ook
wysigNotas
wysig1 In vergelyking met die gesamentlike stemme van die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate in 2009.
2 In vergelyking met die gesamentlike stemme van Al Jama-ah en die Afrika Moslemparty in 2009.
Verwysings
wysig- ↑ "CDP onttrek aan verkiesing" (in Engels). The Citizen. 11 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2016. Besoek op 12 Maart 2014.
- ↑ Simon, Natalie (18 Maart 2014). "Rekordgetal politieke partye gaan in 2014 deelneem" (in Engels). SA Breaking News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2018. Besoek op 18 Maart 2014.
- ↑ "Vier partye moet nog voldoen: OVK" (in Engels). Sowetan LIVE. SAPA. 18 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 18 Maart 2014.
- ↑ SAPA (17 Desember 2013). "Opposisiepartye vorm koalisie in poging om ANC uit te kry" (in Engels). Mail & Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2018. Besoek op 20 Desember 2013.
- ↑ Makinana, Andisiwe (18 Desember 2013). "IVP ontken betrokkenheid by nuwe opposisiekoalisie" (in Engels). Mail & Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2018. Besoek op 20 Desember 2013.
- ↑ Mkhize, Nce (19 Desember 2013). "IVP 'geskok' om te verneem hy is deel van Kollektief vir Demokrasie" (in Engels). Business Day. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2018. Besoek op 20 Desember 2013.
- ↑ Letsoalo, Matuma; Mataboge, Mmanaledi; Reuters (20 Desember 2013). "Keelvol Numsa sny bande met ANC" (in Engels). Mail & Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2019. Besoek op 20 Desember 2013.
{{cite news}}
:|last3=
has generic name (hulp) - ↑ Polgreen, Lydia (20 Desember 2013). "Suid-Afrika se grootste vakverbond onttrek steun aan ANC" (in Engels). The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2018. Besoek op 21 Desember 2013.
- ↑ "Ramphele sluit by ons aan – DA-bron" (in Engels). IOL. 28 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2016. Besoek op 28 Januarie 2014.
- ↑ "Ramphele: Dit is 'n verstommende oomblik vir SA" (in Engels). News24. 28 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 28 Januarie 2014.
- ↑ "Ramphele aangekondig as DA presidentskandidaat" (in Engels). Mail & Guardian. 28 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 28 Januarie 2014.
- ↑ Davis, Rebecca (28 Januarie 2014). "DA-Agang: Bel S vir Samesmelting" (in Engels). IOL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 29 Januarie 2014.
Zille het gesê dat die twee partye 'n 'gesamentlike tegniese komitee sal saamstel om die integrasie van die strukture en vrywilligers van die DA en Agang SA te bestuur'.
- ↑ Ensor, Linda (28 Januarie 2014). "Mamphela Ramphele sluit by DA aan as presidensiële kandidaat" (in Engels). Business Day. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2018. Besoek op 29 Januarie 2014.
Dr Ramphele het gesê sy glo die samesmelting was 'n geskiedkundige oomblik
- ↑ (en) Ramphele, Mamphela (31 Januarie 2014). "Ek sal nie Maandag DA-lidmaatskap aanvaar nie". Politicsweb. Besoek op 31 Januarie 2014.
- ↑ (en) Zille, Helen (2 Februarie 2014). "Mamphela Ramphele het ons ooreenskoms verloën". Politicsweb. Besoek op 2 Februarie 2014.
- ↑ "Ramphele sê sy het regte besluit geneem i.v.m. DA-kandidaatskap" (in Engels). Times LIVE. 3 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2014. Besoek op 3 Februarie 2014.
- ↑ Zuzile, Mphumzi (6 Februarie 2014). "Shilowa se COPE-faksie sluit by UDM aan" (in Engels). Daily Dispatch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 7 Februarie 2014.
- ↑ Meyer, Warda (11 Maart 2014). "Kaapse Moslempartye verenig vir stembus" (in Engels). IOL News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2015. Besoek op 11 Maart 2014.
- ↑ Deklerk, Aphiwe; Joubert, Jan-Jan (12 Maart 2014). "LP skop DA deur by AND aan te sluit" (in Engels). The Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2018. Besoek op 12 Maart 2014.
- ↑ Mulder, Pieter (20 Maart 2014). "Verkorte CV's van die eerste 25 kandidate op die VF Plus se nasionale kandidatelys" (html). VF Plus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2019. Besoek op 20 Maart 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014.