Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1958
Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1958 het op 16 April 1958 plaasgevind. Die Nasionale Party van Eerste Minister J.G. Strijdom het hul aantal setels van 94 tot 103 uitgebrei. Die amptelike opposisieparty, die Verenigde Party van De Villiers Graaff het vir die derde agtereenvolgende verkiesing setels verloor. Die Arbeidersparty verdwyn uit die Volksraad.
Uitslag
wysigParty | Leier | % | Setels | Verskil |
---|---|---|---|---|
Nasionale Party | J.G. Strijdom | 55,34% | 103 | +9 |
Verenigde Party | De Villiers Graaff | 43,57% | 57 | ±0 |
Onafhanklikes | – | 0,41% | 1 | -4 |
Liberale Party | Margaret Ballinger | 0,25% | 2 | +2 |
Arbeidersparty | Alex Hepple | 0,23% | – | -5 |
Totaal | 100% | 163 | – |
Nasleep
wysigOp 13 Augustus het liberaalgesinde lede van die Verenigde Party geskeur en die Progressiewe Party gevorm.