Esther Mentz was 'n Suid-Afrikaanse operasangeres en aktrise. Mentz maak haar rolprentdebuut in 1944 in Donker Spore, een van die eerste vollengte Afrikaanse films. Sy was die vrou van die voormalige direkteur-generaal van die SAUK en stigterslid van die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (SAMRO), dr. Gideon Roos.[2]

Esther Mentz
Geboorte 8 Januarie 1911
Edenville, Vrystaat
Sterfte 19 November 1986 (op 75)
VSA
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) Aktrise, operasangeres
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Verfilming aan die rolprent Pinkie se Erfenis, 1944. Pierre de Wet vertolk die rol van die kreupel Pinkie wat verlief raak op ’n blinde meisie, Naomi (Paula Styger). Van links: Styger, Eugenie Heyns, Pierre de Wet en Esther Mentz.
Esther Mentz en Chris Lessing by lede van die Asaf-koor in Carmen in 1946, die eerste keer dat 'n opera in Afrikaans in Johannesburg opgevoer is. Haar man, dr. Gideon Roos het die opera vertaal en dis op 23 en 27 Maart opgevoer. Die dirigent was John Connel.[1]

Filmografie

wysig

Verwysings

wysig
  1. (af) Stead, Rinie in Lantern, Desember 1963.
  2. (en) Biografie