Pierre de Wet
Pierre Stephanus de Wet (1909–1990)[1] was ’n legendariese rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer.[2] Hy word as die vader van die Afrikaanse rolprentbedryf beskou. Hy het die Afrikaanse rolprentbedryf met karige middele byna man-alleen op die been gebring en ’n totaal van 21 Afrikaanse rolprente gedurende sy lewe vervaardig.[3] De Wet was ook die skepper van Kom Saam Vanaand (1949), die eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiekblyspel ooit.[4]
Pierre de Wet | |
Geboortenaam | Pierre Stephanus de Wet[1] |
---|---|
Geboorte | 22 Augustus 1909[1] Pretoria |
Sterfte | 24 Junie 1990[1] Johannesburg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Regisseur, akteur, vervaardiger, draaiboeksrywer |
Rolprente | Pinkie se Erfenis (1946), Kom Saam Vanaand (1948)[1] |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hy is in 1990 op 80-jarige ouderdom in 'n hospitaal in Johannesburg aan 'n hartaanval oorlede.
Filmografie
wysigAs akteur
wysig- Pikkie se Erfenis, 1946
- Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948 as Dr. Hendrikus Kwak
- Moedertjie, 1931 (eerste vollengte-rolprent met Afrikaanse dialoog)
As skrywer
wysig- Dis Lekker om te Lewe, 1957
- ’n Plan is ’n Boerdery, 1954
- Hier’s ons weer, 1950
- Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948
- Simon Beyers, 1947
As regisseur
wysig- En die Vonke Spat, 1961
- Oupa en die plaasnooientjie, 1960
- Nooi van my hart, 1959
- Piet se tante, 1959
- Fratse in die vloot, 1958
- Dis Lekker om te Lewe, 1957
- Matieland, 1955
- Vadertjie Langbeen, 1955
- ’n Plan is ’n Boerdery, 1954
- Altyd in my drome, 1952
- Alles sal regkom, 1951
- Kom saam, vanaand, 1949 (eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiekblyspel)
- Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948
- Simon Beyers, 1947
- Geboortegrond, 1946
- Pikkie se Erfenis, 1946
Toekennings
wysig- Vir sy spel in Moedertjie het hy die eerste Afrikaanse rolprentprys ontvang - ’n erepenning van die destydse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns.[3]
Studies van Pierre de Wet
wysig- Senekal, B.A. 2014. An investigation of Pierre de Wet's role in the Afrikaans film industry using social network analysis (SNA), Literator 35(1) [1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Pierre de Wet Sterf op 80. Hart Eis Dié Rolprent-Pionier". Beeld. 25 Junie 1990. Besoek op 16 Januarie 2013.
- ↑ "Pierre Stephanus de Wet" (in Engels). South African History Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 16 Januarie 2013.
- ↑ 3,0 3,1 "Pierre de Wet Was 'n Ware Pionier". Beeld. 29 Junie 1990. Besoek op 16 Januarie 2013.
- ↑ "A History of the South African Film Industry: Timeline, 1895–2003" (in Engels). South African History Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2019. Besoek op 16 Januarie 2013.