Simon Beyers
Simon Beyers is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat op 12 Augustus 1947 uitgereik is. Die rolprent is gebaseer op 'n toneelstuk getiteld Die Goeie Oue Tyd wat in 1944 deur Sita (skuilnaam) geskryf is. Die toneelstuk is eers deur die Pierre de Wet Toneelgeselskap[1] opgevoer en is later onder die titel Simon Beyers verfilm.
Simon Beyers | |
---|---|
Regisseur | Pierre de Wet |
Produksieleier | Joseph Albrecht |
Draaiboek | Pierre de Wet |
Met | Pierre de Wet Pikkie Uys Gert van den Bergh |
Kinematografie | Frank Dixon |
Redigeerder | Gerald Ehrlich |
Ateljee | SA Rolprentmaatskappy |
Uitgereik | 12 Augustus 1947 |
Speeltyd | 100 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n drama.
Hoofrolspelers
wysig- Pierre de Wet as Simon Beyers
- Pikkie Uys as Maria Beyers
- Gert van den Bergh as Nicolaas Beyers
- Eugenie Heyns as Gertruida Beyers
- Schalk Theron as Mnr. Mankadan
Verwysings
wysig- ↑ Jan Cronje, 1985 [TH]