En die vonke spat
(Aangestuur vanaf En die Vonke Spat)
En die Vonke Spat is 'n swart-en-wit Afrikaanse rolprent wat op 2 Oktober 1961 vrygestel is. Die regisseur was Pierre de Wet.
En die Vonke Spat | |
---|---|
Regisseur | Pierre de Wet |
Draaiboek | Jan Perold (storie), Pierre de Wet |
Met | Frederik Burgers Marie du Toit Jan Cronjé |
Kinematografie | Hans Wagner |
Redigeerder | Peter Grossett |
Ateljee | Suid-Afrikaanse Rolprentproduksies |
Uitgereik | 30 Oktober 1961 |
Speeltyd | 77 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n romantiese komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
wysig- Frederik Burgers as Koot du Toit
- Marié du Toit as Esmé du Toit, die buurvrou
- Jan Cronjé as Wessels, Eskom se verteenwoordiger
- Pieter Bezuidenhout as Septimus Labuschagne
- Esther Mentz as Chrissie
- Gerrie Albertse
- Danie Maree
- Abrie van Rooyen
- Willie van Rensburg
- Awie Labuschagne
Storielyn
wysigOom Koot, 'n koppige boer weier volstrek dat elektrisiteitspale oor sy plaas opgesit word. Hy kom goed genoeg oor die weg met sy paraffienstofie, opsitkers en flikkerende lampe. Dan vind hy tot sy ontsteltenis uit dat sy windpomp eintlik op sy buurvrou, by wie hy probeer aanlê, se grond is. Intussen steel diewe die koperdraad van die elektrisiteitskabels en hy word verdink. Op die ou einde trek hy die diewe vas en kry tog 'n kans om sy buurvrou vir die ja-woord te vra.