10 Februarie
datum
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
10 Februarie is die 41de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 324 dae in die res van die jaar (325 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 385 – Datum van die oudste pouslike dekreet wat behoue gebly het; geskryf deur Pous Siricius.
- 1258 – Hülegü Khan en die Mongole plunder Baghdad, en beëindig daarmee die heerskappy van die Abbasid-kalifaat.
- 1478 – Pous Sixtus IV stel 'n sesde familielid Domenico della Rovere aan as kardinaal.
- 1763 – Brittanje en Spanje verdeel Nieu-Frankryk by die Verdrag van Parys, en dien 'n groot slag toe aan die Franse koloniale ryk.
- 1798 – Die Franse generaal Berthier neem Pous Pius VI gevange.
- 1821 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word aartspriester van die basiliek S. Maria Maggiore.
- 1840 – Prins Albert van Sakse-Coburg-Gotha trou met Koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk.
- 1901 – Genl. Christiaan de Wet val die Kaapkolonie by Zanddrif naby Philippolis binne tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
- 1908 – Altesaam 32 studente begin in die Kya Rosa in Skinnerstraat, Pretoria, klas draf by die destydse Transvaal Universiteit College, wat later as die Universiteit van Pretoria sou bekend staan.
- 1962 – Rudolf Abel, 'n Sowjet-spioen wat deur die Federal Bureau of Investigation gearresteer is, word geruil vir Gary Powers, die vlieënier van 'n Amerikaanse Lugmagspioenasievliegtuig wat deur Rusland in die U-2-voorval afgeskiet is.
- 1996 – Deep Blue, die skaakspelende rekenaar verslaan die Internasionale Grootmeester en Wêreldskaakkampioen Garry Kasparov vir die eerste keer in 'n skaakpot.
Geboortes
wysig- 1853 – Leander Starr Jameson, gewilde Suid-Afrikaanse en Rhodesiese staatsman († 1917).
- 1872 – Johannes Hendrik Conradie, derde administrateur van die Kaapland na Uniewording († 1940).
- 1881 – Kenneth McArthur, Suid-Afrikaanse maratonatleet († 1960).
- 1883 – Edith Clarke, eerste vroulike elektriese ingenieur († 1959).
- 1898 – Bertolt Brecht, Duitser digter, dramaturg en regisseur († 1956).
- 1926 – Nico Carstens, Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier († 2016).
- 1926 – Győrgy Lehel, Hongaarse dirigent († 1989).
- 1945 – Rosa Keet, Suid-Afrikaanse digter, skrywer en dramaturg.
- 1958 – Susan Smith, Afrikaanse digteres en akademikus.
- 1965 – Dana Winner, Belgiese sangeres.
- 1969 – Jan Kees de Jager, Nederlandse politikus.
- 1969 – James Small, Springbokrugbyspeler († 2019).
- 1994 – Justin Basson, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1997 – Chloë Grace Moretz, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
wysig- 1669 – Johann Heinrich Waser, Switserse burgemeester van Zurich (* 1600).
- 1722 – Bartholomew Roberts, Walliese seerower wat rooftogte uitgevoer het op skepe aan die kus van die Amerikas en Wes-Afrika (* 1682)
- 1755 – Charles Montesquieu, Franse skrywer en filosoof (* 1689).
- 1782 – Friedrich Christoph Oetinger, Duitse protestantse teoloog en leidende Piëtis (* 1702).
- 1829 – Pous Leo XII, die 252ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1760).
- 1837 – Aleksander Poesjkin, Russiese romantieke skrywer wat beskou word as die grootste Russiese digter en die vader van moderne Russies (* 1799).
- 1852 – Samuel Prout, Engelse waterverfskilder (* 1783).
- 1912 – Joseph Lister, Engelse chirurg (* 1827).
- 1920 – Erwin Gross, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1870).
- 1923 – Wilhelm Conrad Röntgen, fisikus, wenner van die eerste Nobelprys vir Fisika 1901, (* 1845).
- 1932 – Edgar Wallace, Engelse skrywer (* 1875).
- 1939 – Pous Pius XI, die 259ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1857).
- 1999 – Anna Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1913).
- 2005 – Arthur Miller, Amerikaanse skrywer (* 1915).
- 2014 – Shirley Temple, Amerikaanse aktrise (* 1928).
- 2023 – Kiernan Jordan Forbes (AKA), Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar en kletsrymer (* 1988).
- 2024 – Aletta Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1949).