Philippolis
Philippolis is die oudste nedersetting in die Vrystaat, Suid-Afrika.
Philippolis | |
---|---|
Philippolis | |
Koördinate: 30°16′S 25°17′O / 30.267°S 25.283°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Xhariep |
Munisipaliteit | Kopanong |
Stigting | 1823[1] |
Regering | |
• Burgemeester | Nomvulazana Judith Stuurman (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 39,6 km2 (15,3 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 3 648 |
• Digtheid | 92/km2 (240/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 27.6% |
• Swart mense | 65.1% |
• Ander | 0.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 41.2% |
• Xhosa | 29.3% |
• Sotho | 25.7% |
• Engels | 1.3% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 9970 |
Skakelkode | 051 |
Geskiedenis
wysigIn 1823 het die Londense Sendinggenootskap 'n stasie hier geopen op 'n perseel wat eerw. John Philip gekies het. Die NG Kerk het saam met die Londense Sendinggenootskap gewerk en in 1825 het dr. Abraham Faure 'n gemeente vir nomadiese Griekwas op Philippolis geopen. Twee jaar later het 'n deel van die Griekwastam hulle hier gevestig, insluitende Adam Kok II. In 1861 is die dorp van die Griekwas gekoop vir ₤400 en Adam Kok en sy mense het op hulle epiese trek van 500 km gegaan. Die ou kerk is deur 'n Nederduitse Gereformeerde kerk vervang, wat in 1871 ingewy is. Die preekstoel, wat uit olienhout gesny is, is 'n besienswaardigheid in die dorp. In 1873 is die eerste skool geopen.
Toe die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog die dorp beset het, is die kerk as 'n fort gebruik. Die gebou huisves tans die Transgariep-museum.
-
Migrasie van die Griekwa met die ligging van Philippolis
-
Adam Kok III
Distrik
wysigDie distrik is 3 400 km2 groot en die belangrikste ekonomiese aktiwiteit is skaapboerdery.
Noemenswaardige boorlinge
wysig- Brümilda van Rensburg, aktrise.
- Rachel Isabella Steyn, vrou van pres. M.T. Steyn.
- Pieter Fourie, dramaturg.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 3 Oktober 2016.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 Som van die hoofplekke Philippolis en Poding-Tse-Rolo Sensus 2011.
Bronne
wysig- Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.