Hülegü Khan
Hülegü Khan, ook bekend as Hoelagoe Khan (Mongools: Хүлэгү хаан, Chülegü Chaan; Persies: هولاکو خان; omstreeks 1218 – 8 Februarie 1265), was ’n Mongoolse heerser wat ’n groot deel van Suidwes-Asië verower het. Hy was die seun van Toloei Khan, ’n kleinseun van Djengis Khan en ’n broer van Ariq Böke, Möngke Khan en Koeblai Khan.
Hülegü Khan | |
---|---|
Khan van die Il-khanaat | |
’n Skildery van Hülegü Khan deur Rasjid-al-Din Hamadani, vroeg 14de eeu. | |
Dinastie | Bordjigin |
Bewind | 1256–1265 |
Volle naam | Mongools: Хүлэгү, ᠬᠦᠯᠡᠭᠦ |
Gebore | c. 1218 |
Gesterf | 8 Februarie 1265 |
Opvolger | Abaqa Khan |
Kinders | Abaqa Khan, Tekoeder Khan |
Vader | Toloei Khan |
Moeder | Sorghaghtani Beki |
Hülegü se leër het die suidwestelike deel van die Mongoolse Ryk geweldig uitgebrei en die Il-khanaat van Persië, ’n voorloperstaat van die hedendaagse Iran, gestig. Onder sy leierskap het die Mongole die middelpunt van Islamitiese mag, Bagdad, in 1258 vernietig, Damaskus verswak en ’n verskuiwing van Islamitiese invloed na die Mamelukke in Egipte veroorsaak. Tydens sy bewind het Iranse geskiedkundiges in Persies begin skryf eerder as in Arabies.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hülegü Khan.