FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 (Frans: Coupe des Confédérations 2003; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 18 tot 29 Junie 2003 in Frankryk aangebied. Dit was die vierde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Coupe des Confédérations 2003
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Frankryk Frankryk
Datums 18 – 29 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 3 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Frankryk Frankryk (2 titels)
Tweede plek Vlag van Kameroen Kameroen
Derde plek Vlag van Turkye Turkye
Vierde plek Vlag van Colombia Colombia
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 37 (2.31 per wedstryd)
Bywoning 491 700 (30 731 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Thierry Henry (4 doele)
Beste speler Vlag van Frankryk Thierry Henry
2001
2005
Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Frankryk, die gasheerland en verdedigende kampioen van 2001, het die toernooi gewen nadat hulle Kameroen in die eindstryd geklop het; Kameroen het die eerste Afrikaspan geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Turkye het in die derde en Colombia in die vierde plek geëindig. Dit was die vierde en laaste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die drie vorige 1997-, 1999- en 2001-toernooie ingespan.

Die toernooi is ontsier deur die dood van die Kameroense sokkerspeler Marc-Vivien Foé wat in die wedstryd teen Colombia op die veld aan ’n akute hartstilstand oorlede is.

Toewysing

wysig

Voor die sperdatum op 1 Mei 2002 is vyf bie ingedien. Australië, Portugal en die Verenigde State het enkelbie ingedien, terwyl Suid-Afrika en Egipte asook Frankryk en Switserland saamgespan het. Die Frans-Switserse span is nooit gerealiseer nie.[1][2]

Die gasheer is aangewys tydens FIFA se uitvoerende komitee se vergadering op 24 September 2002.[3]

Stadions

wysig

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

 
 
Saint-Denis
 
Saint-Étienne
 
Lyon
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 (Frankryk)
Saint-Denis Lyon Saint-Étienne
Stade de France Stade de Gerland Stade Geoffroy-Guichard
48°55′28″N 2°21′36.7″O / 48.92444°N 2.360194°O / 48.92444; 2.360194 (Stade de France) 45°43′25.5″N 4°49′57″O / 45.723750°N 4.83250°O / 45.723750; 4.83250 (Stade de Gerland) 45°27′38.7″N 4°23′24.6″O / 45.460750°N 4.390167°O / 45.460750; 4.390167 (Stade Geoffroy-Guichard)
Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 41 200 Kapasiteit: 36 000
     

Deelnemende spanne

wysig
 
Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2003 deelgeneem het:

   Groep A

   Groep B

Span Konfederasie Kwalifisering Deelname
  Frankryk UEFA Gasheer en wenner van die UEFA Europa-beker in 2000 2de
  Brasilië CONMEBOL Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 4de
  Japan AFC Wenner van die AFC Asië-beker in 2000 3de
  Colombia CONMEBOL Wenner van die Copa América-beker in 2001 1ste
  Verenigde State CONCACAF Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2002 3de
  Kameroen CAF Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2002 2de
  Turkye UEFA Derde plek in die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 1ste
  Nieu-Seeland OFC Wenner van die OFC Nasiebeker in 2002 2de

Formaat

wysig

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is oor twaalf dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 18 Junie 2003 op die Stade de France in Saint-Denis met ’n wedstryd tussen Nieu-Seeland en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 29 Junie met die eindstryd tussen Kameroen en Frankryk, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999 en 2001 ingespan.

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Groep A 2 2 2
Groep B 2 2 2
Uitklopfase
Junie
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Uitklopfase 2 1 1
Legende

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

wysig

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde

wysig
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

wysig

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

wysig
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Frankryk 3 3 0 0 8 1 +7 9
  Colombia 3 2 0 1 4 2 +2 6
  Japan 3 1 0 2 4 3 +1 3
  Nieu-Seeland 3 0 0 3 1 11 –10 0

18 Junie 2003
18:00 MEST
  Nieu-Seeland 0–3   Japan Stade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 36 038
Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin)
Verslag   12',   75' Nakamura
  65' Nakata

18 Junie 2003
21:00 MEST
  Frankryk 1–0   Colombia Stade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 38 541
Skeidsregter: Lucílio Batista (Portugal)
Henry   39' (straf) Verslag

20 Junie 2003
19:00 MEST
  Colombia 3–1   Nieu-Seeland Stade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 22 811
Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala)
López   58'
Yepes   75'
Hernández   85'
Verslag   27' de Gregorio

20 Junie 2003
21:00 MEST
  Frankryk 2–1   Japan Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 33 070
Skeidsregter: Mark Shield (Australië)
Pirès   43' (straf)
Govou   65'
Verslag   59' Nakamura

22 Junie 2003
21:00 MEST
  Frankryk 5–0   Nieu-Seeland Stade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 36 842
Skeidsregter: Masoud Moradi (Iran)
Kapo   17'
Henry   20'
Cissé   71'
Giuly   90+1'
Pirès   90+3'
Verslag

22 Junie 2003
21:00 MEST
  Japan 0–1   Colombia Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 24 541
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Verslag   68' Hernández

Groep B

wysig
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Kameroen 3 2 1 0 2 0 +2 7
  Turkye 3 1 1 1 4 4 0 4
  Brasilië 3 1 1 1 3 3 0 4
  Verenigde State 3 0 1 2 1 3 –2 1

19 Junie 2003
19:00 MEST
  Turkye 2–1   Verenigde State Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 16 944
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Okan Y.   40' (straf)
Tuncay   73'
Verslag   37' Beasley

19 Junie 2003
21:00 MEST
  Brasilië 0–1   Kameroen Stade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 46 719
Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland)
Verslag   83' Eto'o

21 Junie 2003
19:00 MEST
  Kameroen 1–0   Turkye Stade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 43 743
Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay)
Geremi   90+1' (straf) Verslag

21 Junie 2003
21:00 MEST
  Brasilië 1–0   Verenigde State Stade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 20 306
Skeidsregter: Lucílio Batista (Portugal)
Adriano   22' Verslag

23 Junie 2003
21:00 MEST
  Brasilië 2–2   Turkye Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 29 170
Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland)
Adriano   23'
Alex   90+3'
Verslag   53' Gökdeniz
  81' Okan Y.

23 Junie 2003
21:00 MEST
  Verenigde State 0–0   Kameroen Stade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 19 206
Skeidsregter: Mark Shield (Australië)
Verslag

Uitklopfase

wysig
Halfeindrondte Eindrondte
26 Junie – Lyon
   Kameroen  1  
   Colombia  0  
 
29 Junie – Saint-Denis
       Kameroen  0
     Frankryk  1
Derde plek
26 Junie – Saint-Denis 28 Junie – Saint-Étienne
   Frankryk  3    Colombia  1
   Turkye  2      Turkye  2

Halfeindrondte

wysig

26 Junie 2003
18:00 MEST
  Kameroen 1–0   Colombia Stade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 12 352
Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland)
N'Diefi   9' Verslag

26 Junie 2003
21:00 MEST
  Frankryk 3–2   Turkye Stade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 41 195
Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay)
Henry   11'
Pirès   26'
Wiltord   43'
Verslag   42' Gökdeniz
  48' Tuncay

Klein finale (om die derde plek)

wysig

28 Junie 2003
18:00 MEST
  Colombia 1–2   Turkye Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 18 237
Skeidsregter: Mark Shield (Australië)
Hernández   63' Verslag   2' Tuncay
  86' Okan Y.

Eindstryd

wysig

29 Junie 2003
21:00 MEST
  Kameroen 0–1 (e.t.)   Frankryk Stade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 51 985
Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland)
Verslag   97' Henry


Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2003
  Frankryk

FIFA se terugwerkende ranglys

wysig

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[4] Die ranglys vir die 2003-toernooi is soos gevolg:

Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
1   Frankryk A 5 5 0 0 12 3 +9 15
2   Kameroen B 5 3 1 1 3 1 +2 10
3   Turkye B 5 2 1 2 8 8 ±0 7
4   Colombia A 5 2 0 3 5 5 ±0 6
In die groepfase uitgeskakel
5   Brasilië B 3 1 1 1 3 3 ±0 4
6   Japan A 3 1 0 2 4 3 +1 3
7   Verenigde State B 3 0 1 2 1 3 −2 1
8   Nieu-Seeland A 3 0 0 3 1 11 −10 0

Meeste doele aangeteken

wysig

Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele
1   Thierry Henry 4
2   Robert Pires 3
  Giovanni Hernández 3
  Shunsuke Nakamura 3
  Tuncay Şanlı 3
  Okan Yılmaz 3
7   Adriano 2
  Gökdeniz Karadeniz 2
9   Alex 1
  Samuel Eto'o 1
  Geremi Njitap 1
Rang Speler Doele
12   Pius N'Diefi 1
  Jorge López 1
  Mario Yepes 1
  Djibril Cissé 1
  Ludovic Giuly 1
  Sidney Govou 1
  Olivier Kapo 1
  Sylvain Wiltord 1
  Hidetoshi Nakata 1
  Raf de Gregorio 1
  DaMarcus Beasley 1
 
Thierry Henry

Verwysings

wysig
  1. (en) "Egypt, South Africa gunning for 2003 FIFA Confederations Cup". panapress.com. 14 Maart 2002. Besoek op 14 Maart 2002.
  2. (en) "USA bids to host 2003 Confederations Cup". socceramerica.com. 3 Julie 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2017. Besoek op 3 Julie 2002.
  3. (en) "FIFA Executive Committee designates France as hosts of 2003 FIFA Confederations Cup". FIFA. 24 September 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 24 September 2002.
  4. (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 28 Junie 2022.

Eksterne skakels

wysig


FIFA Sokker-Konfederasiebeker  

Saoedi-Arabië 1992Saoedi-Arabië 1995Saoedi-Arabië 1997Meksiko 1999Suid-Korea/Japan 2001Frankryk 2003Duitsland 2005Suid-Afrika 2009Brasilië 2013Rusland 20172021