Koning Fahd-beker in 1992
Die Koning Fahd-beker in 1992 (Arabies: 1992 كأس الملك فهد; Engels: King Fahd Cup) is van 15 tot 20 Oktober 1992 in Saoedi-Arabië aangebied en genoem na koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit was die eerste keer wat die sokker-konfederasiebeker onder die naam Koning Fahd-beker aangebied is, nadat dit en die daaropvolgende 1995-toernooi terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken is.
كأس الملك فهد 1992 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Saoedi-Arabië |
Datums | 15 – 20 Oktober |
Spanne | 4 (van 4 konfederasies) |
Stadions | 1 (in 1 stad) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Argentinië (1 titel) |
Tweede plek | Saoedi-Arabië |
Derde plek | Verenigde State |
Vierde plek | Ivoorkus |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 4 |
Doele | 18 (4.5 per wedstryd) |
Bywoning | 196 500 (49 125 per wedstryd) |
Meeste punte | Gabriel Batistuta Bruce Murray (2 doele elk) |
Beste speler | Fernando Redondo |
1995 → |
Net drie kontinentale sokkerkampioene het koning Fahd se uitnodiging aanvaar en saam met die gasheer Saoedi-Arabië aan die toernooi deelgeneem. Vervolgens het dié toernooi oor geen groepfase beskik nie en regstreeks met die uitklopfase afgeskop. Argentinië het die toernooi gewen nadat hulle die gasheer Saoedi-Arabië met 3–1 in die eindstryd geklop het; die gasheer het daarmee die eerste Asiatiese span geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Die Verenigde State het in derde en Ivoorkus in die vierde en laaste plek geëindig.
Stadion
wysigAl die wedstryde is gespeel op dieselfde stadion:
Riaad | Koning Fahd-beker in 1992 (Saoedi-Arabië) |
---|---|
Koning Fahd II-stadion | |
24°47′17.54″N 46°50′21.25″O / 24.7882056°N 46.8392361°O | |
Kapasiteit: 67 000 | |
Opening: 1987 | |
Deelnemende spanne
wysigSpan | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Saoedi-Arabië | AFC | Gasheerland en wenner van die AFC Asië-beker in 1988 | 1ste |
Argentinië | CONMEBOL | Wenner van die Copa América-beker in 1991 | 1ste |
Verenigde State | CONCACAF | Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 1991 | 1ste |
Ivoorkus | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 1992 | 1ste |
Formaat
wysigDie Koning Fahd-beker in 1992 is oor ses dae tussen vier verskillende nasies oor vier wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Oktober 1992 op die Koning Fahd II-stadion in Riaad met ’n wedstryd tussen die gasheer Saoedi-Arabië en die Verenigde State afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Oktober met die eindstryd tussen Saoedi-Arabië en Argentinië, waartydens Argentinië die Koning Fahd-trofee ingepalm het.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die Koning Fahd-beker in 1992 se daaglikse program aan. ’n Groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Uitklopfase
wysigDie Koning Fahd-beker in 1992 het direk met die uitklopfase afgeskop en dit het uit vier wedstryde bestaan: twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
wysigUitklopfase
wysigHalfeindrondte | Eindrondte | ||||||
15 Oktober – Riaad | |||||||
Saoedi-Arabië | 3 | ||||||
Verenigde State | 0 | ||||||
20 Oktober – Riaad | |||||||
Saoedi-Arabië | 1 | ||||||
Argentinië | 3 | ||||||
Derde plek | |||||||
16 Oktober – Riaad | 19 Oktober – Riaad | ||||||
Argentinië | 4 | Verenigde State | 5 | ||||
Ivoorkus | 0 | Ivoorkus | 2 |
Halfeindrondte
wysig15 Oktober 1992 | ||||
Saoedi-Arabië | 3–0 | Verenigde State | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 70 000 Skeidsregter: Ulisses Tavares Da Silva (Brasilië) | |
Al-Bishi 48' (straf) Al-Thunayan 74' Al-Muwallid 84' |
Verslag |
16 Oktober 1992 | ||||
Argentinië | 4–0 | Ivoorkus | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 15 000 Skeidsregter: Jamal Al Sharif (Sirië) | |
Batistuta 2', 10' Altamirano 67' Acosta 81' |
Verslag |
Klein finale (om die derde plek)
wysig19 Oktober 1992 | ||||
Verenigde State | 5–2 | Ivoorkus | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 9 500 Skeidsregter: Rodrigo Badilla (Costa Rica) | |
Balboa 12' Jones 31' Wynalda 56' Murray 67', 83' |
Verslag | 16' Traoré 76' Sié |
Eindstryd
wysig20 Oktober 1992 | ||||
Saoedi-Arabië | 1–3 | Argentinië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 75 000 Skeidsregter: Lim Kee Chong (Mauritius) | |
Al-Owairan 65' | Verslag | 18' Rodríguez 24' Caniggia 64' Simeone |
Koning Fahd-bekerwenner 1992 |
---|
Argentinië |
FIFA se terugwerkende ranglys
wysigIn 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[1] Die ranglys vir die 1992-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Argentinië | 2 | 2 | 0 | 0 | 7 | 1 | +6 | 4 |
2 | Saoedi-Arabië | 2 | 1 | 0 | 1 | 4 | 3 | +1 | 2 |
3 | Verenigde State | 2 | 1 | 0 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 2 |
4 | Ivoorkus | 2 | 0 | 0 | 2 | 2 | 9 | –7 | 0 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:
Rang | Speler | Doele |
---|---|---|
1 | Gabriel Batistuta | 2 |
Bruce Murray | 2 | |
3 | Alberto Acosta | 1 |
Ricardo Altamirano | 1 | |
Caniggia | 1 | |
Leonardo Rodríguez | 1 | |
Diego Simeone | 1 | |
Donald-Olivier Sié | 1 | |
Abdoulaye Traoré | 1 | |
Fahad Al-Bishi | 1 | |
Khaled Al-Muwallid | 1 | |
Saeed Al-Owairan | 1 | |
Yousuf Al-Thunayan | 1 | |
Marcelo Balboa | 1 | |
Cobi Jones | 1 | |
Eric Wynalda | 1 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 27 Junie 2022.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Koning Fahd-beker in 1992. |