Die trofee waarom meegeding is

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker (Engels: FIFA Confederations Cup) is al om die vier jaar deur FIFA georganiseer. Dit was normaalweg 'n sokkertoernooi tussen die kampioene van die ses oorkoepelende kontinentale sokkerbonde (AFC, CAF, CONCACAF, CONMEBOL, OFC en UEFA) aangevul met die destydse wêreldkampioen en die organiserende land. Die toernooi is in die jaar voor 'n Sokker-Wêreldbeker in die land wat die Sokker-Wêreldbeker organiseer het aangebied. In die verlede is die Konfederasiebeker al om die twee jaar aangebied en later al om die vier jaar. Die laaste kampioen was Duitsland wat die toernooi in 2017 gewen het.

Die laaste formaat van die kampioenskappe het 8 spanne behels wat om die titel meegeding het in stadions van die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer twee weke. Beide Brasilië en Meksiko is rekorddeelnemers met sewe deelnames.

Oor die tien toernooie wat al aangebied is het ses lande al die titel ingepalm. Brasilië het al 'n rekord van vier keer gewen. Frankryk het twee keer gewen. Die ander wenners sluit in Argentinië, Denemarke, Duitsland en Meksiko met een titel elk.

In Maart 2019 het FIFA aangekondig dat die Sokker-Konfederasiebeker nie langer sal aangebied word nie en vanaf 2021 deur 'n uitgebreide FIFA-Klubwêreldbeker vervang word.[1]

UitslaeWysig

Koning Fahd-bekerWysig

Jaar Land(e) Finale Derde plek
Wenner Telling Tweede plek Derde plek Telling Vierde plek Deelnemende lande
1992
Oorsig
  Saoedi-Arabië   Argentinië 3:1   Saoedi-Arabië   Verenigde State 5:2   Ivoorkus 4
1995
Oorsig
  Saoedi-Arabië   Denemarke 2:0   Argentinië   Meksiko 1:1
5:4 n. S.
  Nigerië 6

Sokker-KonfederasiebekerWysig

Jaar Land(e) Finale Derde plek
Wenner Telling Tweede plek Derde plek Telling Vierde plek Deelnemende lande
1997
Oorsig
  Saoedi-Arabië   Brasilië 6:0   Australië   Tsjeggië 1:0   Uruguay 8
1999
Oorsig
  Meksiko   Meksiko 4:3   Brasilië   Verenigde State 2:0   Saoedi-Arabië 8
2001
Oorsig
  Suid-Korea
  Japan
  Frankryk 1:0   Japan   Australië 1:0   Brasilië 8
2003
Oorsig
  Frankryk   Frankryk 1:0
(e. T.)
  Kameroen   Turkye 2:1   Colombia 8
2005
Oorsig
  Duitsland   Brasilië 4:1   Argentinië   Duitsland 4:3 e. T.   Meksiko 8
2009
Oorsig
  Suid-Afrika   Brasilië 3:2   Verenigde State   Spanje 3:2 e. T.   Suid-Afrika 8
2013
Oorsig
  Brasilië   Brasilië 3:0   Spanje   Italië 2:2 e. T.
3:2 n. S.
  Uruguay 8
2017
Oorsig
  Rusland   Duitsland 1:0   Chili   Portugal 2:1 e. T.   Meksiko 8

StatistiekWysig

 
Beste uitslae van deelnemende lande en gashere
Plek Land Titel Konfederasiebeker
1
  Brasilië 4 1997, 2005, 2009, 2013
2
  Frankryk 2 2001, 2003
3
  Argentinië 1 1992
  Denemarke 1 1995
  Duitsland 1 2017
  Meksiko 1 1999

Eerste deelnamesWysig

Jaar Eerste deelnames
1992   Argentinië   Ivoorkus   Saoedi-Arabië   Verenigde State
1995   Denemarke   Japan   Meksiko   Nigerië
1997   Australië   Brasilië   Suid-Afrika   Tsjeggië   Uruguay   Verenigde Arabiese Emirate
1999   Egipte   Bolivië   Duitsland   Nieu-Seeland
2001   Frankryk   Kameroen   Kanada   Suid-Korea
2003   Colombia   Turkye
2005   Griekeland   Tunisië
2009   Irak   Italië   Spanje
2013   Frans-Polinesië
2017   Chili   Portugal   Rusland

VerwysingsWysig

  1. (en) "FIFA Council votes for the introduction of a revamped FIFA Club World Cup". FIFA.com. 15 Maart 2019. Besoek op 18 Maart 2019.

Eksterne skakelsWysig


FIFA Sokker-Konfederasiebeker  

Saoedi-Arabië 1992Saoedi-Arabië 1995Saoedi-Arabië 1997Meksiko 1999Suid-Korea/Japan 2001Frankryk 2003Duitsland 2005Suid-Afrika 2009Brasilië 2013Rusland 20172021