FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 (Spaans: Copa Confederaciones México ’99; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 24 Julie tot 4 Augustus 1999 in Meksiko aangebied. Dit was die tweede sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Copa Confederaciones México ’99 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Meksiko |
Datums | 24 Julie – 4 Augustus |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 2 (in 2 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Meksiko (1 titel) |
Tweede plek | Brasilië |
Derde plek | Verenigde State |
Vierde plek | Saoedi-Arabië |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 55 (3.44 per wedstryd) |
Bywoning | 970 000 (60 625 per wedstryd) |
Meeste punte | Cuauhtémoc Blanco Ronaldinho Marzouk Al-Otaibi (6 doele elk) |
Beste speler | Ronaldinho |
← 1997 2001 → |
Die gasheer Meksiko het die toernooi gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Brasilië in die eindstryd geklop het. Die Verenigde State het in die derde en Saoedi-Arabië in die vierde plek geëindig. Dit was die tweede toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die vorige 1997- en die twee daaropvolgende 2001 en 2003-toernooie ingespan, maar daarna weer geskrap.
Stadions
wysigWedstryde is in die volgende stede gespeel:
Meksikostad | Guadalajara | |
---|---|---|
Estadio Azteca | Estadio Jalisco | |
19°18′10.7″N 99°9′1.8″W / 19.302972°N 99.150500°W | 20°42′18.1″N 103°19′41.5″W / 20.705028°N 103.328194°W | |
Kapasiteit: 115 000 | Kapasiteit: 66 700 | |
Deelnemende spanne
wysigSpan | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Meksiko | CONCACAF | Gasheer en wenner van die CONCACAF Goue-beker in 1998 | 3de |
Brasilië | CONMEBOL | Naaswenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 | 2de |
Duitsland | UEFA | Wenner van die UEFA Europa-beker in 1996 | 1ste |
Saoedi-Arabië | AFC | Wenner van die AFC Asië-beker in 1996 | 4de |
Bolivië | CONMEBOL | Naaswenner van die Copa América-beker in 1997 | 1ste |
Egipte | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 1998 | 1ste |
Verenigde State | CONCACAF | Naaswenner van die CONCACAF Goue-beker in 1998 | 2de |
Nieu-Seeland | OFC | Wenner van die OFC Nasiebeker in 1998 | 1ste |
Formaat
wysigDie FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 is oor twaalf dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 24 Julie 1999 op die Estadio Jalisco in Guadalajara met ’n wedstryd tussen Brasilië en Duitsland afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estadio Azteca in Meksikostad op 4 Augustus 1999 met die eindstryd tussen Meksiko en Brasilië, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooi in 1997 ingespan.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
wysigDie FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
wysigAgt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Meksiko | 3 | 2 | 1 | 0 | 8 | 3 | +5 | 7 |
Saoedi-Arabië | 3 | 1 | 1 | 1 | 6 | 6 | 0 | 4 |
Bolivië | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 3 | –1 | 2 |
Egipte | 3 | 0 | 2 | 1 | 5 | 9 | –4 | 2 |
25 Julie 1999 12:00 CDT | ||||
Bolivië | 2–2 | Egipte | Estadio Azteca, Meksikostad Toeskouers: 85 000 Skeidsregter: Anders Frisk (Swede) | |
Gutiérrez 21' Ribera 40' |
Verslag | 8' Sabry 63' Radwan |
25 Julie 1999 14:30 CDT | ||||
Meksiko | 5–1 | Saoedi-Arabië | Estadio Azteca, Meksikostad Toeskouers: 85 000 Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia) | |
Blanco 12', 19', 68', 77' Abundis 21' |
Verslag | 62' (straf) Al-Temyat |
27 Julie 1999 18:00 CDT | ||||
Saoedi-Arabië | 0–0 | Bolivië | Estadio Azteca, Meksikostad Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Brian Hall (VSA) | |
Verslag |
27 Julie 1999 20:30 CDT | ||||
Meksiko | 2–2 | Egipte | Estadio Azteca, Meksikostad Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Kim Young-joo (Suid-Korea) | |
Pardo 15' Abundis 26' |
Verslag | 79' A. Hassan 85' S. Ibrahim |
29 Julie 1999 18:00 CDT | ||||
Egipte | 1–5 | Saoedi-Arabië | Estadio Azteca, Meksikostad Toeskouers: 15 000 Skeidsregter: Ubaldo Aquino (Paraguay) | |
S. Ibrahim 70' (straf) | Verslag | 8', 34', 78', 85' Al-Otaibi 64' Al-Shahrani |
29 Julie 1999 20:30 CDT | ||||
Meksiko | 1–0 | Bolivië | Estadio Azteca, Meksikostad Toeskouers: 55 000 Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia) | |
Palencia 52' | Verslag |
Groep B
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 3 | 0 | 0 | 7 | 0 | +7 | 9 |
Verenigde State | 3 | 2 | 0 | 1 | 4 | 2 | +2 | 6 |
Duitsland | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 6 | –4 | 3 |
Nieu-Seeland | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 6 | –5 | 0 |
24 Julie 1999 12:00 CDT | ||||
Brasilië | 4–0 | Duitsland | Estadio Jalisco, Guadalajara Toeskouers: 60 000 Skeidsregter: Gilberto Alcala (Meksiko) | |
Zé Roberto 62' Ronaldinho 72' (straf) Alex 86', 87' |
Verslag |
24 Julie 1999 14:30 CDT | ||||
Nieu-Seeland | 1–2 | Verenigde State | Estadio Jalisco, Guadalajara Toeskouers: 60 000 Skeidsregter: Ubaldo Aquino (Paraguay) | |
Zoricich 90+3' | Verslag | 25' McBride 58' Kirovski |
28 Julie 1999 18:00 CDT | ||||
Duitsland | 2–0 | Nieu-Seeland | Estadio Jalisco, Guadalajara Toeskouers: 42 000 Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin) | |
Preetz 6' Matthäus 33' |
Verslag |
28 Julie 1999 20:30 CDT | ||||
Brasilië | 1–0 | Verenigde State | Estadio Jalisco, Guadalajara Toeskouers: 54 000 Skeidsregter: Anders Frisk (Swede) | |
Ronaldinho 13' | Verslag |
30 Julie 1999 18:00 CDT | ||||
Verenigde State | 2–0 | Duitsland | Estadio Jalisco, Guadalajara Toeskouers: 53 000 Skeidsregter: Gilberto Alcala (Meksiko) | |
Olsen 23' Moore 50' |
Verslag |
30 Julie 1999 20:30 CDT | ||||
Nieu-Seeland | 0–2 | Brasilië | Estadio Jalisco, Guadalajara Toeskouers: 53 000 Skeidsregter: Kim Young-joo (Suid-Korea) | |
Verslag | 45+2' Marcos Paulo 88' Ronaldinho |
Uitklopfase
wysigHalfeindrondte | Eindrondte | ||||||
1 Augustus – Meksikostad | |||||||
Meksiko | 1 | ||||||
Verenigde State | 0 | ||||||
4 Augustus – Meksikostad | |||||||
Meksiko | 4 | ||||||
Brasilië | 3 | ||||||
Derde plek | |||||||
1 Augustus – Guadalajara | 3 Augustus – Guadalajara | ||||||
Brasilië | 8 | Verenigde State | 2 | ||||
Saoedi-Arabië | 2 | Saoedi-Arabië | 0 |
Halfeindrondte
wysig1 Augustus 1999 12:00 CDT | ||||
Meksiko | 1–0 (e.t.) | Verenigde State | Estadio Azteca, Meksikostad Toeskouers: 82 000 Skeidsregter: Kim Young-joo (Suid-Korea) | |
Blanco 97' | Verslag |
1 Augustus 1999 15:00 CDT | ||||
Brasilië | 8–2 | Saoedi-Arabië | Estadio Jalisco, Guadalajara Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia) | |
João Carlos 8' Ronaldinho 11', 65', 90+2' Zé Roberto 33' Alex 36', 86' Roni 62' |
Verslag | 22', 31' Al-Otaibi |
Klein finale (om die derde plek)
wysig3 Augustus 1999 21:00 CDT | ||||
Verenigde State | 2–0 | Saoedi-Arabië | Estadio Jalisco, Guadalajara Toeskouers: 38 000 Skeidsregter: Ubaldo Aquino (Paraguay) | |
Bravo 27' McBride 78' |
Verslag |
Eindstryd
wysig4 Augustus 1999 21:00 CDT | ||||
Meksiko | 4–3 | Brasilië | Estadio Azteca, Meksikostad Toeskouers: 110 000 Skeidsregter: Anders Frisk (Swede) | |
Zepeda 13', 51' Abundis 28' Blanco 62' |
Verslag | 43' (straf) Serginho 47' Rôni 63' Zé Roberto |
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 1999 |
---|
Meksiko |
FIFA se terugwerkende ranglys
wysigIn 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[1] Die ranglys vir die 1999-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Meksiko | A | 5 | 4 | 1 | 0 | 13 | 6 | +7 | 13 |
2 | Brasilië | B | 5 | 4 | 0 | 1 | 18 | 6 | +12 | 12 |
3 | Verenigde State | B | 5 | 3 | 0 | 2 | 6 | 3 | +3 | 9 |
4 | Saoedi-Arabië | A | 5 | 1 | 1 | 3 | 8 | 16 | −8 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Duitsland | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 6 | −4 | 3 |
6 | Bolivië | A | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 3 | −1 | 2 |
7 | Egipte | A | 3 | 0 | 2 | 1 | 5 | 9 | −4 | 2 |
8 | Nieu-Seeland | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 6 | −5 | 0 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:
|
|
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 27 Junie 2022.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999. |
- (en) fifa.com: Mexico stun Brazil in thrilling Azteca final
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report – Part 1 Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report – Part 2 Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine
- (en) rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 1999