Phillip Tobias
Phillip Vallentine Tobias (14 Oktober 1925, Durban – 7 Junie 2012) was 'n bekende paleontoloog en professor verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Tobias was ’n kenner van paleo-antropologie, genetika, menslike biologie, dierkunde, geneeskunde, evolusie, anatomie en die geskiedenis en filosofie van die wetenskap.
Phillip Tobias | |
Phillip Tobias in 2007
| |
Geboortenaam | Phillip Vallentine Tobias |
---|---|
Gebore | 14 Oktober 1925 Durban, Natal, Unie van Suid-Afrika |
Oorlede | 7 Junie 2012 (op 86) Johannesburg, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Vakgebied | Antropologie |
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand |
Bekend vir | Paleoantropologiese en evolusionêre werk |
Toekennings | Genoot van die Koninklike Vereniging |
Hy het in 1953 ’n mediese doktorsgraad aan Universiteit van die Witwatersrand verwerf nadat hy reeds in 1951 as dosent in anatomie aan die universiteit aangestel is. Tussen 1955 en 1967 het hy verskeie topposte aan die universiteite van Cambridge, Chicago en Michigan beklee. In 1967 het hy teruggekeer na Suid-Afrika en ’n tweede doktorsgraad verwerf.
Tobias het die Sterkfontein gebied – die land se grootste paleo-antropologiese terrein – in die 1960’s van ’n gewisse ondergang gered. Hy het nie net gesorg dat die gebied gered word nie, maar dat dit ook as ’n ware wetenskaplike terrein beheer word.
Hy was professor aan drie verskillende departemente van die Universiteit van die Witwatersrand - 'n ongeëwenaarde posisie. Hy is ook drie keer vir die Nobelprys benoem.
Tobias was nooit getroud nie.
Bronne
wysig- ‘SA, sê dankie aan Tobias’, Beeld, 8 Junie 2012
- Meester, mens, reus Geargiveer 13 Junie 2012 op Wayback Machine, Rapport, 10 Junie 2012