Dolf Bekker
Rudolph Philippus Bekker (15 Desember 1926, Dordrecht - 17 Junie 2012, Pretoria) is 'n Springbokrugbyspeler wat Suid-Afrika in twee toetse verteenwoordig het. Bekker se broers en hul suster het Suid-Afrika almal op die sportveld verteenwoordig; Jaap en Martiens Bekker het soos Dolf vir die Springbokke uitgedraf.
| |||||
Volle naam | Rudolph Philippus Bekker | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 15 Desember 1926 | ||||
Geboorteplek | Dordrecht, Suid-Afrika | ||||
Sterftedatum | 17 Junie 2012 (op 85) | ||||
Sterfteplek | Pretoria, Suid-Afrika | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Harlequins | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Noord-Transvaal | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1953 | Suid-Afrika | 2 | 3 |
Op sy beurt het Daan Bekker as bokser by die Olimpiese Spele in 1956 in Melbourne ’n bronsmedalje in die swaargewig-afdeling gewen en dit in 1960 in Rome met ’n silwermedalje opgevolg. Hul suster, Corrie Lategan, het Suid-Afrika op die atletiekbaan in diskusgooi en gewigstoot verteenwoordig.
Bron
wysig- Nóg een van oudste Bokke dood Beeld 18 Junie 2012