Maak hoofkeuseskerm oop

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930

Die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: 1er Campeonato Mundial de Fútbol; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 13 tot 30 Julie 1930 in die Uruguaanse hoofstad Montevideo aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Uruguay en Suid-Amerika beslis is. Die toernooi was ter geleentheid van die eeufeesviering van Uruguay se eerste grondwet gehuisves en die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat net in een stad gehuisves is. Elkeen van die 18 wedstryde is in een van drie sokkerstadions in Montevideo aangebied. Die volgende toernooi in Suid-Amerika is in 1950 in Brasilië beslis en ook deur Uruguay gewen.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
1er Campeonato Mundial de Fútbol
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Uruguay Uruguay
Stad Montevideo
Datums 13 Julie – 30 Julie
Spanne 13
Stadions (in 1 stad)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Uruguay Uruguay (1 titel)
Tweede plek Vlag van Argentinië Argentinië
Derde plek Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vierde plek Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 18
Doele 70 (3.89 per wedstryd)
Bywoning 590 549 (32 808 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Argentinië Guillermo Stábile
(8 doele)
Beste speler Vlag van Uruguay José Nasazzi
1934

13 nasionale sokkerspanne (sewe van Suid-Amerika, vier van Europa en twee van Noord-Amerika) het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 deelgeneem. As gevolg van die destydse moeilike reis na Suid-Amerika het net enkele Europese nasionale sokkerspanne aan dié toernooi deelgeneem wat tydens die Groot Depressie plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omrede hulle nie 'n lid van FIFA was nie.

Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die beste span van elke groep na die halfeindrondte deurgedring het. Argentinië, Joego-Slawië, Uruguay en die Verenigde State het hul onderskeie groepe gewen en na die halfeindstryde deurgedring. Uruguay wen die trofee nadat hulle Argentinië met 4–2 in die eindstryd klop en sodoende hulle eerste wêreldbeker inpalm. Die Verenigde State eindig in die derde en Joego-Slawië in die vierde plek; vir albei nasionale sokkerspanne hul beste prestasie ooit.

ToewysingWysig

Uruguay is op 18 Mei 1929 in Barcelona deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930. Ander kandidaatlande was Hongarye, Italië, Nederland, Spanje en Swede, maar hulle het hulself voor die stemming onttrek.[1][2][3]

KwalifiseringWysig

 
Deelnemende spanne volgens vastelande:

   Europa (4)

   Noord-Amerika (2)

   Suid-Amerika (7)

Die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi was die enigste sonder kwalifisering. Elke land wat met FIFA geaffilieer was, is genooi om deel te neem. Die volgende 13 nasionale sokkerspanne het FIFA se uitnodiging om deelname aanvaar:[4]

StadionsWysig

WedstrydeWysig

Die wedstryde was in twee fases opgedeel, naamlik die groepuitdunne en die uitklopfase. Die loting is op 10 Julie 1930 in die setel van die Uruguaanse Sokkerassosiasie in Montevideo gehou.

GroepuitdunneWysig

13 spanne het aan die groepuitdunne deelgeneem. Die boonste span in elke groep dring na die tweede rondte (die uitklopfase) deur.

Groep 1Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Argentinië 3 3 0 0 10 4 +6 6
  Chili 3 2 0 1 5 3 +2 4
  Frankryk 3 1 0 2 4 3 +1 2
  Meksiko 3 0 0 3 4 13 –9 0

13 Julie 1930
15:00
  Frankryk 4–1   Meksiko Estadio Pocitos, Montevideo
Toeskouers: 3 000
Skeidsregter: Domingo Lombardi, (Uruguay)
L. Laurent   19'
Langiller   40'
Maschinot   43',   87'
Verslag   70' Carreño

15 Julie 1930
16:00
  Argentinië 1–0   Frankryk Estadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 18 000
Skeidsregter: Almeida Rêgo (Brasilië)
Monti   81' Verslag

16 Julie 1930
14:45
  Chili 3–0   Meksiko Estadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 7 000
Skeidsregter: Henri Christophe (België)
Vidal   3',   65'
M. Rosas   51' (e.d.)
Verslag

19 Julie 1930
12:50
  Chili 1–0   Frankryk Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 50 000
Skeidsregter: Aníbal Tejada (Uruguay)
Subiabre   65' Verslag

19 Julie 1930
15:00
  Argentinië 6–3   Meksiko Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 50 000
Skeidsregter: Ulises Saucedo (Bolivië)
Stábile   8',   17',   80'
Zumelzú   12',   55'
Varallo   53'
Verslag   42' (straf),   65' M. Rosas
  75'Gayón

22 Julie 1930
14:45
  Argentinië 3–1   Chili Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: John Langenus (België)
Stábile   12',   13'
M. Evaristo   81'
Verslag   15' Subiabre

Groep 2Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Joego-Slawië 2 2 0 0 6 1 +5 4
  Brasilië 2 1 0 1 5 2 +3 2
  Bolivië 2 0 0 2 0 8 –8 0

14 Julie 1930
12:45
  Joego-Slawië 2–1   Brasilië Estadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 5 000
Skeidsregter: Aníbal Tejada (Uruguay)
Tirnanić   21'
Bek   30'
Verslag   62' Preguinho

17 Julie 1930
12:45
  Joego-Slawië 4–0   Bolivië Estadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 800
Skeidsregter: Francisco Mateucci (Uruguay)
Bek   60',   67'
Marjanović   65'
Vujadinović   85'
Verslag

20 Julie 1930
13:00
  Brasilië 4–0   Bolivië Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 1 200
Skeidsregter: Thomas Balvay (Frankryk)
Moderato   37',   73'
Preguinho   57',   83'
Verslag

Groep 3Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Uruguay 2 2 0 0 5 0 +5 4
  Roemenië 2 1 0 1 3 5 –2 2
  Peru 2 0 0 2 1 4 –3 0

14 Julie 1930
14:50
  Roemenië 3–1   Peru Estadio Pocitos, Montevideo
Toeskouers: 300
Skeidsregter: Alberto Warnken (Chili)
Deșu   1'
Stanciu   79'
Kovács   89'
Verslag   75' Souza Ferreira

18 Julie 1930
14:30
  Uruguay 1–0   Peru Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 70 000
Skeidsregter: John Langenus (België)
Castro   60' Verslag

21 Julie 1930
14:50
  Uruguay 4–0   Roemenië Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Almeida Rêgo (Brasilië)
Dorado   7'
Scarone   24'
Anselmo   30'
Cea   35'
Verslag

Groep 4Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Verenigde State 2 2 0 0 6 0 +6 4
  Paraguay 2 1 0 1 1 3 –2 2
  België 2 0 0 2 0 4 –4 0

13 Julie 1930
15:00
  Verenigde State 3–0   België Estadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 10 000
Skeidsregter: José Macías (Argentinië)
McGhee   23'
Florie   45'
Patenaude   69'
Verslag

17 Julie 1930
14:45
  Verenigde State 3–0   Paraguay Estadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 800
Skeidsregter: José Macías (Argentinië)
Patenaude   10',   15',   50' Verslag

20 Julie 1930
15:00
  Paraguay 1–0   België Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 900
Skeidsregter: Ricardo Vallarino (Uruguay)
Vargas Peña   40' Verslag

UitklopfaseWysig

  Halfeindrondte Eindrondte
             
26 Julie – Montevideo
   Argentinië 6  
   Verenigde State 1   30 Julie – Montevideo
       Argentinië 2
27 Julie – Montevideo      Uruguay 4
   Uruguay 6
   Joego-Slawië 1  

HalfeindrondteWysig


26 Julie 1930
14:45
  Argentinië 6–1   Verenigde State Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 72 886
Skeidsregter: John Langenus (België)
Monti   20'
Scopelli   56'
Stábile   69',   87'
Peucelle   80',   85'
Verslag   89' Brown

27 Julie 1930
14:45
  Uruguay 6–1   Joego-Slawië Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 79 867
Skeidsregter: Almeida Rêgo (Brasilië)
Cea   18',   67',   72'
Anselmo   20',   31'
Iriarte   61'
Verslag   4' Vujadinović

EindstrydWysig


30 Julie 1930
15:30
  Uruguay 4–2   Argentinië Estadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 93 000
Skeidsregter: John Langenus (België)
Dorado   12'
Cea   57'
Iriarte   68'
Castro   89'
Verslag   20' Peucelle
  37' Stábile
1930 Wêreldkampioen
  Uruguay

FIFA se terugwerkende ranglysWysig

In 1986 het FIFA 'n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1930-toernooi is soos gevolg:

 
Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Groepuitdunne

   Geen deelname

     Gasheerland Uruguay
Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
1   Uruguay 3 4 4 0 0 15 3 +12 8
2   Argentinië 1 5 4 0 1 18 9 +9 8
3   Verenigde State 4 3 2 0 1 7 6 +1 4
4   Joego-Slawië 2 3 2 0 1 7 7 ±0 4
In die groepfase uitgeskakel
5   Chili 1 3 2 0 1 5 3 +2 4
6   Brasilië 2 2 1 0 1 5 2 +3 2
7   Frankryk 1 3 1 0 2 4 3 +1 2
8   Roemenië 3 2 1 0 1 3 5 −2 2
9   Paraguay 4 2 1 0 1 1 3 −2 2
10   Peru 3 2 0 0 2 1 4 −3 0
11   België 4 2 0 0 2 0 4 −4 0
12   Bolivië 2 2 0 0 2 0 8 −8 0
13   Meksiko 1 3 0 0 3 4 13 −9 0

VerwysingsWysig

  1. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Besoek op 14 Julie 2018. 
  2. (en) "History of FIFA – The first FIFA World Cup™". FIFA. Besoek op 14 Julie 2018. 
  3. (en) "Uruguay 1930". BBC Sport. BBC. 11 April 2002. Besoek op 14 Julie 2018. 
  4. (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Oktober 2013. 
  5. (en) "page 45" (PDF). Besoek op 14 Julie 2018. 
  6. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Mei 2013. 

Verdere leesstofWysig

Eksterne skakelsWysig