FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022

Wikimedia-kategorie

Die 22ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Arabies: كَأسُ اَلعَالَمِ 2022, Kaʾsu al-ʿālami 2022; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 20 November tot 18 Desember 2022 in Katar beslis. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi in die Midde-Ooste en die eerste in Asië sedert 2002 in Japan en Suid-Korea. Dit was ook die eerste groot sporttoernooi in Katar, die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi in die Arabiese wêreld en ’n land met ’n Islamitiese bevolkingsmeerderheid,[3] nadat Marokko al vyf keer vir dié toernooi aansoek gedoen het (in 1994, 1998, 2006, 2010 en 2026), asook Egipte, Libië en Tunisië vir 2010. Weens die groot somerhitte in Katar is in Maart 2015 daarop besluit om die toernooi op 20 November te laat begin en die eindstryd is op 18 Desember, Katar se nasionale dag, beslis.[4][5] Dit was die eerste keer wat ’n Sokker-Wêreldbeker aan die einde van die jaar aangebied is. Die toernooi het dus 29 dae geduur, minder as ’n maand en vier dae langer as die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978.[6] Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 sou as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien het, maar dié toernooi is deur FIFA geskrap.[7]

FIFA Sokker-Wêreldbeker
كَأسُ اَلعَالَمِ 2022
Kaʾsu al-ʿālami 2022
Qatar 2022
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Katar Katar
Datums 20 November – 18 Desember
Spanne 32 (van 5 konfederasies)
Stadions (in 5 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Argentinië Argentinië (3 titels)
Tweede plek Vlag van Frankryk Frankryk
Derde plek Vlag van Kroasië Kroasië
Vierde plek Vlag van Marokko Marokko
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 64
Doele 172 (2.69 per wedstryd)
Bywoning 3 404 252 (53 191 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Kylian Mbappé (8)[1]
Beste speler Vlag van Argentinië Lionel Messi[2]
2018
2026
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is

32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Argentinië het die trofee gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Frankryk op 18 Desember in die Lusail Ikoniese Stadion geklop en sodoende hul derde wêreldbekertitel ingepalm het. Die eindtelling was Argentinië 3 – Frankryk 3, maar Argentinië het met 4–2 ná strafdoele gewen. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 32 nasionale sokkerspanne; vir die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 in Noord-Amerika sal die aantal tot 48 vermeerder word.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en het dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspan van die gasheer Katar het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Die verdedigende kampioen was Frankryk, nadat hulle die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gewen het.[8]

Toewysing

wysig
 
’n Qatar Airways Boeing 777-3DZER adverteer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022
 

   Kandidaat vir 2018

   Kandidaat vir 2022

   Gekanselleerde bod

   Onverkiesbaar vir 2018

   Onverkiesbaar vir 2018 én 2022

 
Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 in Al Khor se Al Bayt-stadion

FIFA het op 19 Desember 2008 in Tokio beslis dat die toernooie van 2018 en 2022 gesamentlik toegewys sou word. Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooi deur dieselfde vastelandse vereniging gehou word. Lande van CAF was dus onverkiesbaar vir 2018, omdat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aan Suid-Afrika toegewys is; lande van CONMEBOL was onverkiesbaar vir 2018 én 2022, omdat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 aan Brasilië toegewys is.[9]

Katar is op 2 Desember 2010 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022. Ander kandidaatlande was Australië, Japan, Suid-Korea en die Verenigde State. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 aan Rusland toegewys.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022[10]
Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4
  Katar 11 10 11 14
  Verenigde State 3 5 6 8
  Suid-Korea 4 5 5
  Japan 3 2
  Australië 1

Kontroversie oor aanbieding deur Katar

wysig
 
’n Spotprent oor die uitbuiting van arbeiders voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022

Sedert die bod gemaak is, is as gevolg van die warm klimaat in Katar kommer uitgespreek oor die hou van die byeenkoms gedurende die tradisionele maande vir die Wêreldbekertoernooi van Junie en Julie. In Oktober 2013 is ’n taakspan die opdrag gegee om alternatiewe datums te ondersoek en verslag te doen daaroor na die 2014-sokkertoernooi in Brasilië.[11] Die gasheer Katar ontvang ook fel kritiek as gevolg van die manier waarop baie van die konstruksie-projekte verloop; honderde werkers het gesterf sedert die toernooi toegeken is aan Katar in 2010. Verder is beskuldigings van korrupsie en omkopery gemaak met betrekking tot hoe Katar die reg om die geleentheid aan te bied bekom het. FIFA is besig met ’n voortgesette ondersoek na dié bewerings, en daar was ook al oproepe om die Sokker-Wêreldbekertoernooi na ’n ander land te verskuif.[12]

Kwalifisering

wysig

Die gasheer Katar het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vyf vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen CAF en CONCACAF, asook tussen OFC (Oseanië) en CONMEBOL beslis.

Die kontinentale kwalifiseringswedstryde is tussen 6 Junie 2019 en 5 Junie 2022 beslis. Noemenswaardige lande wat nie gekwalifiseer het nie sluit in die viermalige wêreldbeker- en verdedigende UEFA Europa-bekerwenner Italië, die tweemalige Copa América-wenner Chili en die Oseanië Nasiesbeker 2016-wenner Nieu-Seeland.

Kwalifiserende spanne

wysig

Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

 
Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Nie ’n geassosieerde lid van FIFA nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Argentinië 18de 13 2018 Kampioen (1978, 1986)
  Australië 6de 5 2018 Agtste eindrondte (2006)
  België 14de 3 2018 Derde plek (2018)
  Brasilië 22ste 22 2018 Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)
  Costa Rica 6de 3 2018 Kwarteindrondte (2014)
  Denemarke 6de 2 2018 Kwarteindrondte (1998)
  Duitsland 20ste 18 2018 Kampioen (1954, 1974, 1990, 2014)
  Ecuador 4de 1 2014 Agtste eindrondte (2006)
  Engeland 16de 7 2018 Kampioen (1966)
  Frankryk 16de 7 2018 Kampioen (1998, 2018)
  Ghana 4de 1 2014 Kwarteindrondte (2010)
  Iran 6de 3 2018 Groepfase (1978, 1998, 2006, 2014, 2018)
  Japan 7de 7 2018 Agtste eindrondte (2002, 2010, 2018)
  Kameroen 8ste 1 2014 Kwarteindrondte (1990)
  Kanada 2de 1 1986 Groepfase (1986)
  Katar 1ste 1 Debuut
  Kroasië 6de 3 2018 Naaswenner (2018)
  Marokko 6de 2 2018 Agtste eindrondte (1986)
  Meksiko 17de 8 2018 Kwarteindrondte (1970, 1986)
  Nederland 11de 1 2014 Naaswenner (1974, 1978, 2010)
  Pole 9de 2 2018 Derde plek (1974, 1982)
  Portugal 8ste 6 2018 Derde plek (1966)
  Saoedi-Arabië 6de 2 2018 Agtste eindrondte (1994)
  Senegal 3de 2 2018 Kwarteindrondte (2002)
  Serwië 13de 2 2018 Vierde plek (1930, 1962)
  Spanje 16de 12 2018 Kampioen (2010)
  Suid-Korea 11de 10 2018 Vierde plek (2002)
  Switserland 12de 5 2018 Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)
  Tunisië 6de 2 2018 Groepfase (1978, 1998, 2002, 2006, 2018)
  Uruguay 14de 4 2018 Kampioen (1930, 1950)
  Verenigde State 11de 1 2014 Derde plek (1930)
  Wallis 2de 1 1958 Kwarteindrondte (1958)

Stadions

wysig

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Doha
Khalifa Internasionale Stadion Education City-stadion Stadion 974 Al Thumama-stadion
25°15′49.2″N 51°26′53.1″O / 25.263667°N 51.448083°O / 25.263667; 51.448083 (Khalifa Internasionale Stadion) 25°18′41.3″N 51°25′27.9″O / 25.311472°N 51.424417°O / 25.311472; 51.424417 (Education City-stadion) 25°17′19.8″N 51°33′59″O / 25.288833°N 51.56639°O / 25.288833; 51.56639 (Stadion 974) 25°14′6.4″N 51°31′54.9″O / 25.235111°N 51.531917°O / 25.235111; 51.531917 (Al Thumama-stadion)
Kapasiteit: 40 000
(opgegradeer)[13]
Kapasiteit: 45 350[14] Kapasiteit: 40 000[15] Kapasiteit: 40 000[16]
     
Al Khor
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 (Katar)
Al Wakrah
Al Bayt-stadion Al Janoub-stadion
25°39′8.1″N 51°29′16.7″O / 25.652250°N 51.487972°O / 25.652250; 51.487972 (Al Bayt-stadion) 25°9′35″N 51°34′28.7″O / 25.15972°N 51.574639°O / 25.15972; 51.574639 (Al Janoub-stadion)
Kapasiteit: 60 000[17] Kapasiteit: 40 000'[18]
   
Al Rayyan Lusail
Ahmad bin Ali-stadion Lusail Ikoniese Stadion
25°19′47″N 51°20′32″O / 25.32972°N 51.34222°O / 25.32972; 51.34222 (Ahmad bin Ali-stadion) 25°25′27.8″N 51°29′45.9″O / 25.424389°N 51.496083°O / 25.424389; 51.496083 (Lusail Ikoniese Stadion)
Kapasiteit: 44 740[19] Kapasiteit: 80 000
   

Formaat

wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 is oor 29 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 20 November 2022 op die Al Bayt-stadion in Al Khor met ’n wedstryd tussen die gasheer Katar en Ecuador afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Lusail Ikoniese Stadion in Lusail op 18 Desember met die eindstryd tussen Argentinië en Frankryk, waartydens Argentinië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 2006, 2010, 2014 en 2018 ingespan.[20]

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
November/Desember
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
1
Vr
2
Seremonies OS
Groep A 1 1 2 2
Groep B 2 2 2
Groep C 2 2 2
Groep D 2 2 2
Groep E 2 2 2
Groep F 2 2 2
Groep G 2 2 2
Groep H 2 2 2
Uitklopfase
Desember
Sa
3
So
4
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Seremonies SS
Uitklopfase 2 2 2 2 2 2 1 1 1 1
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde

wysig
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 April 2022 in die Uitstallings- en Konferensiesentrum in Doha gehou. Op 10 August het FIFA ’n aansoek deur Katar ontvang om Katar se openingswedstryd teen Ecuador na 20 November te herskeduleer, een dag vroeër as oorspronklik beplan.[21] Twee dae later is die verskuiwing van Katar se openingswedstryd amptelik goedgekeur deur FIFA.[22]

Groepfase

wysig

32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

wysig
 
Wedstryd tussen Katar en Ecuador
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Nederland 3 2 1 0 5 1 +4 7
  Senegal 3 2 0 1 5 4 +1 6
  Ecuador 3 1 1 1 4 3 +1 4
  Katar 3 0 0 3 1 7 –6 0

20 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Katar 0–2   Ecuador Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 67 372
Skeidsregter: Daniele Orsato (Italië)
Verslag   16' (straf),   31' Valencia

21 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Senegal 0–2   Nederland Al Thumama-stadion, Doha
Toeskouers: 41 721
Skeidsregter: Wilton Sampaio (Brasilië)
Verslag   84' Gakpo
  90+9' Klaassen

25 November 2022
16:00 AST (UTC+3)
  Katar 1–3   Senegal Al Thumama-stadion, Doha
Toeskouers: 41 797
Skeidsregter: Antonio Mateu Lahoz (Spanje)
Muntari   78' Verslag   41' Dia
  48' Diédhiou
  84' B. Dieng

25 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Nederland 1–1   Ecuador Khalifa Internasionale Stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 833
Skeidsregter: Mustapha Ghorbal (Algerië)
Gakpo   6' Verslag   49' Valencia

29 November 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Ecuador 1–2   Senegal Khalifa Internasionale Stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 569
Skeidsregter: Clément Turpin (Frankryk)
Caicedo   67' Verslag   44' (straf) I. Sarr
  70' Koulibaly

29 November 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Nederland 2–0   Katar Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 66 784
Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië)
Gakpo   26'
F. de Jong   49'
Verslag

Groep B

wysig
 
Wedstryd tussen die Verenigde State en Wallis
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Engeland 3 2 1 0 9 2 +7 7
  Verenigde State 3 1 2 0 2 1 +1 5
  Iran 3 1 0 2 4 7 –3 3
  Wallis 3 0 1 2 1 6 –5 1

21 November 2022
16:00 AST (UTC+3)
  Engeland 6–2   Iran Khalifa Internasionale Stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 45 334
Skeidsregter: Raphael Claus (Brasilië)
Bellingham   35'
Saka   43',   62'
Sterling   45+1'
Rashford   71'
Grealish   90'
Verslag   65',   90+13' (straf) Taremi

21 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Verenigde State 1–1   Wallis Ahmad bin Ali-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 43 418
Skeidsregter: Abdulrahman Al-Jassim (Katar)
Weah   36' Verslag   82' (straf) Bale

25 November 2022
13:00 AST (UTC+3)
  Wallis 0–2   Iran Ahmad bin Ali-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 40 875
Skeidsregter: Mario Escobar (Guatemala)
Verslag   90+8' Cheshmi
  90+11' Rezaeian

25 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Engeland 0–0   Verenigde State Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 68 463
Skeidsregter: Jesús Valenzuela (Venezuela)
Verslag

29 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Wallis 0–3   Engeland Ahmad bin Ali-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 297
Skeidsregter: Slavko Vinčić (Slowenië)
Verslag   50',   68' Rashford
  51' Foden

29 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Iran 0–1   Verenigde State Al Thumama-stadion, Doha
Toeskouers: 42 127
Skeidsregter: Antonio Mateu Lahoz (Spanje)
Verslag   38' Pulisic

Groep C

wysig
 
Wedstryd tussen Argentinië en Meksiko
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Argentinië 3 2 0 1 5 2 +3 6
  Pole 3 1 1 1 2 2 ±0 4
  Meksiko 3 1 1 1 2 3 –1 4
  Saoedi-Arabië 3 1 0 2 3 5 –2 3

22 November 2022
13:00 AST (UTC+3)
  Argentinië 1–2   Saoedi-Arabië Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 88 012
Skeidsregter: Slavko Vinčić (Slowenië)
Messi   10' (straf) Verslag   48' Al-Shehri
  53' S. Al-Dawsari

22 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Meksiko 0–0   Pole Stadion 974, Doha
Toeskouers: 39 369
Skeidsregter: Chris Beath (Australië)
Verslag

26 November 2022
16:00 AST (UTC+3)
  Pole 2–0   Saoedi-Arabië Education City-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 259
Skeidsregter: Wilton Sampaio (Brasilië)
Zieliński   39'
Lewandowski   82'
Verslag

26 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Argentinië 2–0   Meksiko Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 88 966
Skeidsregter: Daniele Orsato (Italië)
Messi   64'
Fernández   87'
Verslag

30 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Pole 0–2   Argentinië Stadion 974, Doha
Toeskouers: 44 089
Skeidsregter: Danny Makkelie (Nederland)
Verslag   46' Mac Allister
  67' Álvarez

30 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Saoedi-Arabië 1–2   Meksiko Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 84 985
Skeidsregter: Michael Oliver (Engeland)
S. Al-Dawsari   90+5' Verslag   47' Martín
  52' Chávez

Groep D

wysig
 
Wedstryd tussen Frankryk en Australië
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Frankryk 3 2 0 1 6 3 +3 6
  Australië 3 2 0 1 3 4 –1 6
  Tunisië 3 1 1 1 1 1 ±0 4
  Denemarke 3 0 1 2 1 3 –2 1

22 November 2022
16:00 AST (UTC+3)
  Denemarke 0–0   Tunisië Education City-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 42 925
Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko)
Verslag

22 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Frankryk 4–1   Australië Al Janoub-stadion, Al Wakrah
Toeskouers: 40 875
Skeidsregter: Victor Gomes (Suid-Afrika)
Rabiot   27'
Giroud   32',   71'
Mbappé   68'
Verslag   9' Goodwin

26 November 2022
13:00 AST (UTC+3)
  Tunisië 0–1   Australië Al Janoub-stadion, Al Wakrah
Toeskouers: 41 823
Skeidsregter: Daniel Siebert (Duitsland)
Verslag   23' Duke

26 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Frankryk 2–1   Denemarke Stadion 974, Doha
Toeskouers: 42 860
Skeidsregter: Szymon Marciniak (Pole)
Mbappé   61',   86' Verslag   68' A. Christensen

30 November 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Australië 1–0   Denemarke Al Janoub-stadion, Al Wakrah
Toeskouers: 41 232
Skeidsregter: Mustapha Ghorbal (Algerië)
Leckie   60' Verslag

30 November 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Tunisië 1–0   Frankryk Education City-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 43 627
Skeidsregter: Matthew Conger (Nieu-Seeland)
Khazri   58' Verslag

Groep E

wysig
 
Wedstryd tussen Duitsland en Japan
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Japan 3 2 0 1 4 3 +1 6
  Spanje 3 1 1 1 9 3 +6 4
  Duitsland 3 1 1 1 6 5 +1 4
  Costa Rica 3 1 0 2 3 11 –8 3

23 November 2022
16:00 AST (UTC+3)
  Duitsland 1–2   Japan Khalifa Internasionale Stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 42 608
Skeidsregter: Iván Barton (El Salvador)
Gündoğan   33' (straf) Verslag   75' Dōan
  83' Asano

23 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Spanje 7–0   Costa Rica Al Thumama-stadion, Doha
Toeskouers: 40 013
Skeidsregter: Mohammed Abdulla Hassan Mohamed (Verenigde Arabiese Emirate)
Olmo   11'
Asensio   21'
Torres   31' (straf),   54'
Gavi   74'
Soler   90'
Morata   90+2'
Verslag

27 November 2022
13:00 AST (UTC+3)
  Japan 0–1   Costa Rica Ahmad bin Ali-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 41 479
Skeidsregter: Michael Oliver (Engeland)
Verslag   81' Fuller

27 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Spanje 1–1   Duitsland Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 68 895
Skeidsregter: Danny Makkelie (Nederland)
Morata   62' Verslag   83' Füllkrug

1 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Japan 2–1   Spanje Khalifa Internasionale Stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 851
Skeidsregter: Victor Gomes (Suid-Afrika)
Dōan   48'
Tanaka   51'
Verslag   11' Morata

1 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Costa Rica 2–4   Duitsland Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 67 054
Skeidsregter: Stéphanie Frappart (Frankryk)
Tejeda   58'
Vargas   70'
Verslag   10' Gnabry
  73',   85' Havertz
  89' Füllkrug

Groep F

wysig
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Marokko 3 2 1 0 4 1 +3 7
  Kroasië 3 1 2 0 4 1 +3 5
  België 3 1 1 1 1 2 –1 4
  Kanada 3 0 0 3 2 7 –5 0

23 November 2022
13:00 AST (UTC+3)
  Marokko 0–0   Kroasië Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 59 407
Skeidsregter: Fernando Rapallini (Argentinië)
Verslag

23 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  België 1–0   Kanada Ahmad bin Ali-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 40 432
Skeidsregter: Janny Sikazwe (Zambië)
Batshuayi   44' Verslag

27 November 2022
16:00 AST (UTC+3)
  België 0–2   Marokko Al Thumama-stadion, Doha
Toeskouers: 43 738
Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko)
Verslag   73' Saïss
  90+2' Aboukhlal

27 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Kroasië 4–1   Kanada Khalifa Internasionale Stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 374
Skeidsregter: Andrés Matonte (Uruguay)
Kramarić   36',   70'
Livaja   44'
Majer   90+4'
Verslag   2' Davies

1 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Kroasië 0–0   België Ahmad bin Ali-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 43 984
Skeidsregter: Anthony Taylor (Engeland)
Verslag

1 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Kanada 1–2   Marokko Al Thumama-stadion, Doha
Toeskouers: 43 102
Skeidsregter: Raphael Claus (Brasilië)
Aguerd   40' (e.d.) Verslag   4' Ziyech
  23' En-Nesyri

Groep G

wysig
 
Wedstryd tussen Brasilië en Serwië
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Brasilië 3 2 0 1 3 1 +2 6
  Switserland 3 2 0 1 4 3 +1 6
  Kameroen 3 1 1 1 4 4 ±0 4
  Serwië 3 0 1 2 5 8 –3 1

24 November 2022
13:00 AST (UTC+3)
  Switserland 1–0   Kameroen Al Janoub-stadion, Al Wakrah
Toeskouers: 39 089
Skeidsregter: Facundo Tello (Argentinië)
Embolo   48' Verslag

24 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Brasilië 2–0   Serwië Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 88 103
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)
Richarlison   62',   73' Verslag

28 November 2022
13:00 AST (UTC+3)
  Kameroen 3–3   Serwië Al Janoub-stadion, Al Wakrah
Toeskouers: 39 789
Skeidsregter: Mohammed Abdulla Hassan Mohamed (Verenigde Arabiese Emirate)
Castelletto   29'
Aboubakar   63'
Choupo-Moting   66'
Verslag   45+1' Pavlović
  45+3' S. Milinković-Savić
  53' A. Mitrović

28 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Brasilië 1–0   Switserland Stadion 974, Doha
Toeskouers: 43 649
Skeidsregter: Iván Barton (El Salvador)
Casemiro   83' Verslag

2 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Serwië 2–3   Switserland Stadion 974, Doha
Toeskouers: 41 378
Skeidsregter: Fernando Rapallini (Argentinië)
A. Mitrović   26'
Vlahović   35'
Verslag   20' Shaqiri
  44' Embolo
  48' Freuler

2 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Kameroen 1–0   Brasilië Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 85 986
Skeidsregter: Ismail Elfath (Verenigde State)
Aboubakar   90+2' Verslag

Groep H

wysig
 
Wedstryd tussen Uruguay en Suid-Korea
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Portugal 3 2 1 0 6 4 +2 6
  Suid-Korea 3 1 1 1 4 4 ±0 4
  Uruguay 3 1 1 1 2 2 ±0 4
  Ghana 3 1 0 2 5 7 –2 3

24 November 2022
16:00 AST (UTC+3)
  Uruguay 0–0   Suid-Korea Education City-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 41 663
Skeidsregter: Clément Turpin (Frankryk)
Verslag

24 November 2022
19:00 AST (UTC+3)
  Portugal 3–2   Ghana Stadion 974, Doha
Toeskouers: 42 662
Skeidsregter: Ismail Elfath (Verenigde State)
Ronaldo   65' (straf)
Félix   78'
Leão   80'
Verslag   73' A. Ayew
  89' Bukari

28 November 2022
16:00 AST (UTC+3)
  Suid-Korea 2–3   Ghana Education City-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 43 983
Skeidsregter: Anthony Taylor (Engeland)
Cho Gue-sung   58',   61' Verslag   24' Salisu
  34',   68' Kudus

28 November 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Portugal 2–0   Uruguay Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 88 668
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)
Fernandes   54',   90+3' (straf) Verslag

2 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Ghana 0–2   Uruguay Al Janoub-stadion, Al Wakrah
Toeskouers: 43 443
Skeidsregter: Daniel Siebert (Duitsland)
Verslag   26',   32' De Arrascaeta

2 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Suid-Korea 2–1   Portugal Education City-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 097
Skeidsregter: Facundo Tello (Argentinië)
Kim Young-gwon   27'
Hwang Hee-chan   90+1'
Verslag   5' Horta

Uitklopfase

wysig
Agtste eindrondte Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                           
3 Desember – Al Rayyan (Khalifa)            
   Nederland  3
9 Desember – Lusail
   Verenigde State  1  
   Nederland  2
(3)
3 Desember – Al Rayyan (Ahmad bin Ali)
     Argentinië  2
(4)
 
   Argentinië  2
13 Desember – Lusail
   Australië  1  
   Argentinië  3
5 Desember – Al Wakrah
     Kroasië  0  
   Japan  1
(1)
9 Desember – Al Rayyan (Education City)
   Kroasië  1
(3)
 
   Kroasië  1
(4)
5 Desember – Doha (974)
     Brasilië  1
(2)
 
   Brasilië  4
18 Desember – Lusail
   Suid-Korea  1  
   Argentinië  3
(4)
4 Desember – Al Khor
     Frankryk  3
(2)
   Engeland  3
10 Desember – Al Khor
   Senegal  0  
   Engeland  1
4 Desember – Doha (Al Thumama)
     Frankryk  2  
   Frankryk  3
14 Desember – Al Khor
   Pole  1  
   Frankryk  2
6 Desember – Al Rayyan (Education City)
     Marokko  0   derde plek
   Marokko  0
(3)
10 Desember – Doha (Al Thumama) 17 Desember – Al Rayyan (Khalifa)
   Spanje  0
(0)
 
   Marokko  1    Kroasië  2
6 Desember – Lusail
     Portugal  0      Marokko  1
   Portugal  6
   Switserland  1  

Agtste eindrondte

wysig

3 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Nederland 3–1   Verenigde State Khalifa Internasionale Stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 846
Skeidsregter: Wilton Sampaio (Brasilië)
Depay   10'
Blind   45+1'
Dumfries   81'
Verslag   76' Wright

3 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Argentinië 2–1   Australië Ahmed bin Ali-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 45 032
Skeidsregter: Szymon Marciniak (Pole)
Messi   35'
Álvarez   57'
Verslag   77' (e.d.) Fernández

4 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Frankryk 3–1   Pole Al Thumama-stadion, Doha
Toeskouers: 40 989
Skeidsregter: Jesús Valenzuela (Venezuela)
Giroud   44'
Mbappé   74',   90+1'
Verslag   90+9' (straf) Lewandowski

4 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Engeland 3–0   Senegal Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 65 985
Skeidsregter: Iván Barton (El Salvador)
Henderson   38'
Kane   45+3'
Saka   57'
Verslag

5 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Japan 1–1 (e.t.)   Kroasië Al Janoub-stadion, Al Wakrah
Toeskouers: 42 523
Skeidsregter: Ismail Elfath (Verenigde State)
Maeda   43'
Strafskoppe
Minamino  
Mitoma  
Asano  
Yoshida  
Verslag
Strafskoppe
1–3
  55' Perišić
Strafskoppe
  Vlašić
  Brozović
  Livaja
  Pašalić

5 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Brasilië 4–1   Suid-Korea Stadion 974, Doha
Toeskouers: 43 847
Skeidsregter: Clément Turpin (Frankryk)
Vinícius   7'
Neymar   13' (straf)
Richarlison   29'
Paquetá   36'
Verslag   76' Paik Seung-ho

6 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Marokko 0–0 (e.t.)   Spanje Education City-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 667
Skeidsregter: Fernando Rapallini (Argentinië)
Strafskoppe
Sabiri  
Ziyech  
Benoun  
Hakimi  
Verslag
Strafskoppe
3–0
Strafskoppe
  Sarabia
  Soler
  Busquets

6 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Portugal 6–1   Switserland Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 83 720
Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko)
Ramos   17',   51',   67'
Pepe   33'
Guerreiro   55'
Leão   90+2'
Verslag   58' Akanji

Kwarteindrondte

wysig

9 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Kroasië 1–1 (e.t.)   Brasilië Education City-stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 43 893
Skeidsregter: Michael Oliver (Engeland)
Petković   117'
Strafskoppe
Vlašić  
Majer  
Modrić  
Oršić  
Verslag
Strafskoppe
4–2
  105+1' Neymar
Strafskoppe
  Rodrygo
  Casemiro
  Pedro
  Marquinhos

9 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Nederland 2–2 (e.t.)   Argentinië Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 88 235
Skeidsregter: Antonio Mateu Lahoz (Spanje)
Weghorst   83',   90+11'

Strafskoppe
Van Dijk  
Berghuis  
Koopmeiners  
Weghorst  
De Jong  
Verslag
Strafskoppe
3–4
  35' Molina
  73' (straf) Messi
Strafskoppe
  Messi
  Paredes
  Montiel
  Fernández
  La. Martínez

10 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Marokko 1–0   Portugal Al Thumama-stadion, Doha
Toeskouers: 44 198
Skeidsregter: Facundo Tello (Argentinië)
En-Nesyri   42' Verslag

10 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Engeland 1–2   Frankryk Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 68 895
Skeidsregter: Wilton Sampaio (Brasilië)
Kane   54' (straf) Verslag   17' Tchouaméni
  78' Giroud

Halfeindrondte

wysig

13 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Argentinië 3–0   Kroasië Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 88 966
Skeidsregter: Daniele Orsato (Italië)
Messi   34' (straf)
Álvarez   39',   69'
Verslag

14 Desember 2022
22:00 AST (UTC+3)
  Frankryk 2–0   Marokko Al Bayt-stadion, Al Khor
Toeskouers: 68 294
Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko)
T. Hernandez   5'
Kolo Muani   79'
Verslag

Klein finale (om die derde plek)

wysig

17 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Kroasië 2–1   Marokko Khalifa Internasionale Stadion, Al Rayyan
Toeskouers: 44 137
Skeidsregter: Abdulrahman Al-Jassim (Katar)
Gvardiol   7'
Oršić   42'
Verslag   9' Dari

Eindstryd

wysig

18 Desember 2022
18:00 AST (UTC+3)
  Argentinië 3–3 (e.t.)   Frankryk Lusail Ikoniese Stadion, Lusail
Toeskouers: 88 966
Skeidsregter: Szymon Marciniak (Pole)
Messi   23' (straf),   108'
Di María   36'
Strafskoppe
Messi  
Dybala  
Paredes  
Montiel  
Verslag
Strafskoppe
4–2
  80' (straf),   81',   118' (straf) Mbappé

Strafskoppe
  Mbappé
  Coman
  Tchouaméni
  Kolo Muani


Sokkerwêreldkampioen 2022
  Argentinië

FIFA se ranglys

wysig

Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[23][24] Die ranglys vir die 2022-toernooi is soos gevolg:

 
Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Agtste eindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Katar
 
Argentinië nadat hulle in 2022 as die wêreldkampioen gekroon is
Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
1   Argentinië C 7 4 2 1 15 8 +7 14
2   Frankryk D 7 5 1 1 16 8 +8 16
3   Kroasië F 7 2 4 1 8 7 +1 10
4   Marokko F 7 3 2 2 6 5 +1 11
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5   Nederland A 5 3 2 0 10 4 +6 11
6   Engeland B 5 3 1 1 13 4 +9 10
7   Brasilië G 5 3 1 1 8 3 +5 10
8   Portugal H 5 3 0 2 12 6 +6 9
In die agtste eindrondte uitgeskakel
9   Japan E 4 2 1 1 5 4 +1 7
10   Senegal A 4 2 0 2 5 7 –2 6
11   Australië D 4 2 0 2 4 6 –2 6
12   Switserland G 4 2 0 2 5 9 –4 6
13   Spanje E 4 1 2 1 9 3 +6 5
14   Verenigde State B 4 1 2 1 3 4 –1 5
15   Pole C 4 1 1 2 3 5 −2 4
16   Suid-Korea H 4 1 1 2 5 8 −3 4
In die groepfase uitgeskakel
17   Duitsland E 3 1 1 1 6 5 +1 4
18   Ecuador A 3 1 1 1 4 3 +1 4
19   Kameroen G 3 1 1 1 4 4 ±0 4
20   Uruguay H 3 1 1 1 2 2 ±0 4
21   Tunisië D 3 1 1 1 1 1 ±0 4
22   Meksiko C 3 1 1 1 2 3 –1 4
23   België F 3 1 1 1 1 2 −1 4
24   Ghana H 3 1 0 2 5 7 –2 3
25   Saoedi-Arabië C 3 1 0 2 3 5 −2 3
26   Iran B 3 1 0 2 4 7 −3 3
27   Costa Rica E 3 1 0 2 3 11 −8 3
28   Denemarke D 3 0 1 2 1 3 −2 1
29   Serwië G 3 0 1 2 5 8 −3 1
30   Wallis B 3 0 1 2 1 6 −5 1
31   Kanada F 3 0 0 3 2 7 −5 0
32   Katar A 3 0 0 3 1 7 −6 0

Meeste doele aangeteken

wysig

Meeste doele aangeteken:[1]

Rang Speler Doele
1   Kylian Mbappé 8
2   Lionel Messi 7
3   Julián Álvarez 4
4   Olivier Giroud 4
5   Richarlison 3
6   Marcus Rashford 3
7   Cody Gakpo 3
8   Álvaro Morata 3
9   Enner Valencia 3
10   Bukayo Saka 3
11   Gonçalo Ramos 3
 
Kylian Mbappé

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 (en) "Mbappe tops the goalscoring charts at Qatar 2022". FIFA. Besoek op 18 Desember 2022.
  2. (en) "World Cup final: Lionel Messi named best player as Kylian Mbappe wins Golden Boot". BBC. 18 Desember 2022. Besoek op 18 Desember 2022.
  3. (en) "Amir: 2022 World Cup Qatar a tournament for all Arabs". Gulf Times. 15 Julie 2018. Besoek op 18 Desember 2022.
  4. (it) "Fifa, Qatar 2022: Mondiali dal 21 novembre al 18 dicembre". La Repubblica. 25 September 2015. Besoek op 18 Desember 2022.
  5. (en) "FIFA Executive Committee confirms November/December event period for Qatar 2022". FIFA. 19 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2020. Besoek op 27 Junie 2020.
  6. (de) "Eröffnungsspiel der WM 2022 am 21. November". Focus. 25 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2022. Besoek op 18 Desember 2022.
  7. (en) "FIFA Council votes for the introduction of a revamped FIFA Club World Cup". FIFA. 15 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 18 Maart 2019.
  8. (en) Daniel Taylor (15 Julie 2018). "France seal second World Cup triumph with 4–2 win over brave Croatia". The Guardian. Besoek op 18 Desember 2022.
  9. (en) "Fifa abandons World Cup rotation". BBC. 29 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  10. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Junie 2018.
  11. (en) "World Cup 2022: Fifa taskforce to seek new dates for tournament". BBC. 4 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2014. Besoek op 26 Julie 2020.
  12. (en) "Japan ready to host 2022 World Cup if event stripped from Qatar". ArabianBusiness.com. 29 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 26 Julie 2020.
  13. (en) "Khalifa International Stadium: Qatar's most historic stadium & a crucial player for 2022". Qatar2022. 8 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019. Besoek op 26 Julie 2020.
  14. (en) "Ras Abu Aboud Stadium: A legacy for the community". Qatar2022. 8 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2019. Besoek op 26 Julie 2020.
  15. (en) "Qatar Foundation Stadium: An amazing experience for fans & a bright future for football". sc.qa. 8 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2018. Besoek op 14 Junie 2018.
  16. (en) "Al Thuymama Stadium: A tribute to our region". Qatar2022. 8 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2019. Besoek op 26 Julie 2020.
  17. (en) "Al Bayt Stadium: A uniquely Qatari stadium, to rival the best in the world". Qatar2022. 8 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019. Besoek op 26 Julie 2020.
  18. (en) "Tradition and innovation come together as striking Al Janoub Stadium in Al Wakrah City is opened". FIFA. 16 Mei 2019. Besoek op 18 Desember 2022.
  19. (en) "Al Rayyan Stadium: The gateway to the desert opens its doors to the world". Qatar2022. 8 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2019. Besoek op 26 Julie 2020.
  20. (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
  21. (en) "World Cup 2022: Tournament set to start one day early with Qatar v Ecuador". BBC. 10 Augustus 2022. Besoek op 18 Desember 2022.
  22. (en) "Qatar v. Ecuador to kick off FIFA World Cup 2022 on 20 November". FIFA. 12 Augustus 2022. Besoek op 18 Desember 2022.
  23. (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 20 Augustus 2018.
  24. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.

Eksterne skakels

wysig


Sokker-Wêreldbekertoernooie  

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034