Maak hoofkeuseskerm oop

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958

Die 6de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Sweeds: Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 8 tot 29 Junie 1958 in Swede aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Swede aangebied is en die vierde in Europa.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Swede Swede
Datums 8 Junie – 29 Junie
Spanne 16 (van 3 konfederasies)
Stadions 12 (in 12 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (1 titel)
Tweede plek Vlag van Swede Swede
Derde plek Vlag van Frankryk Frankryk
Vierde plek Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 35
Doele 126 (3.6 per wedstryd)
Bywoning 819 810 (23 423 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Just Fontaine (13 doele)
Beste speler Vlag van Brasilië Didi
1954
1962

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Brasilië wen die trofee nadat hulle Swede met 5–2 in die eindstryd klop en sodoende hulle eerste wêreldbeker inpalm. Frankryk eindig in die derde en Wes-Duitsland in die vierde plek.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omrede hulle nie 'n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Ierland, die Sowjetunie en Wallis het vir die eerste keer aan 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 het die Franse Just Fontaine 13 doele aangeteken, meer as enige ander sokkerspeler tydens 'n enkele Sokker-Wêreldbekertoernooi. Dié toernooi word ook vir die destydse 17-jarige Brasiliaanse Pelé se internasionale debuut onthou.

ToewysingWysig

Swede is op 23 Junie 1950 in Rio de Janeiro, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 in Brasilië, deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie.[1]

KwalifiseringWysig

Die gasheer Swede en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland het outomaties vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is nege vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika), een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) asook een gedeelte vir AFC (Asië) en CAF (Afrika).

Nóg Afrikalande nóg Asiatiese lande kon daarin slaag om vir dié toernooi te kwalifiseer.

Die 1958-toernooi is tot dusver die enigste Sokker-Wêreldbeker waar elkeen van die vier lande van die Verenigde Koninkryk gekwalifiseer het, naamlik Engeland, Noord-Ierland, Skotland en Wallis.

Kwalifiserende spanneWysig

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[2]

 
Uitslag van die kwalifikasie:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land kwalifiseer vir Wêreldbeker

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Argentinië 3de 1 1934 Naaswenner (1930)
  Brasilië 6de 6 1954 Naaswenner (1950)
  Engeland 3de 3 1954 Kwarteindrondte (1954)
  Frankryk 5de 2 1954 Kwarteindrondte (1938)
  Hongarye 4de 2 1954 Naaswenner (1938, 1954)
  Joego-Slawië 4de 3 1954 Vierde plek (1930)
  Meksiko 4de 3 1954 Groepfase (1930, 1950, 1954)
  Noord-Ierland 1ste 1 Debuut
  Oostenryk 3de 2 1954 Derde plek (1954)
  Paraguay 3de 1 1950 Groepfase (1930, 1950)
  Skotland 2de 2 1954 Groepfase (1954)
  Sowjetunie 1ste 1 Debuut
  Swede 4de 1 1950 Derde plek (1950)
  Tsjeggo-Slowakye 4de 2 1954 Naaswenner (1934)
  Wallis 1ste 1 Debuut
  Wes-Duitsland 4de 2 1954 Kampioen (1954)

StadionsWysig

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Solna (Stockholm) Gotenburg Malmö Helsingborg
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 (Swede)
Råsunda Stadium Ullevi Malmö Stadion Olympia
Kapasiteit: 52 400 Kapasiteit: 53 500 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 27 000
       
Eskilstuna Norrköping Sandviken Uddevalla
Tunavallen Idrottsparken Jernvallen Rimnersvallen
Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 17 778
       
Borås Halmstad Örebro Västerås
Ryavallen Örjans Vall Eyravallen Arosvallen
Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 13 000 Kapasiteit: 10 000
       

WedstrydeWysig

Die wedstryde was in twee fases opgedeel, naamlik die groepuitdunne en die uitklopfase. Die loting is op 8 Februarie 1958 in die Cirkus Television Studios van Stockholm gehou.

GroepuitdunneWysig

16 spanne het aan die groepuitdunne deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep dring na die tweede rondte (die uitklopfase) deur.

Groep 1Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Wes-Duitsland 3 1 2 0 7 5 +2 4
  Noord-Ierland 3 1 1 1 4 5 –1 3
  Tsjeggo-Slowakye 3 1 1 1 8 4 +4 3
  Argentinië 3 1 0 2 5 10 –5 2
  • Noord-Ierland het voor Tsjeggo-Slowakye deur die wen van 'n uitspeelwedstryd.

8 Junie 1958
19:00
  Wes-Duitsland 3–1   Argentinië Malmö Stadion, Malmö
Toeskouers: 31 156
Skeidsregter: Reginald James Leafe (Engeland)
Rahn   32',   79'
Seeler   42'
Verslag   3' Corbatta

8 Junie 1958
19:00
  Noord-Ierland 1–0   Tsjeggo-Slowakye Örjans Vall, Halmstad
Toeskouers: 10 647
Skeidsregter: Fritz Seipelt (Oostenryk)
Cush   21' Verslag

11 Junie 1958
19:00
  Argentinië 3–1   Noord-Ierland Örjans Vall, Halmstad
Toeskouers: 14 147
Skeidsregter: Sten Ahlner (Swede)
Corbatta   37' (straf)
Menéndez   56'
Avio   60'
Verslag   4' McParland

11 Junie 1958
19:00
  Wes-Duitsland 2–2   Tsjeggo-Slowakye Olympiastadion, Helsingborg
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Arthur Ellis (England)
Schäfer   60'
Rahn   71'
Verslag   24' (straf) Dvořák
  42' Zikán

15 Junie 1958
19:00
  Wes-Duitsland 2–2   Noord-Ierland Malmö Stadion, Malmö
Toeskouers: 21 990
Skeidsregter: Joaquim Fernandes Campos (Portugal)
Rahn   20'
Seeler   78'
Verslag   18',   60' McParland

15 Junie 1958
19:00
  Tsjeggo-Slowakye 6–1   Argentinië Olympiastadion, Helsingborg
Toeskouers: 16 418
Skeidsregter: Arthur Ellis (England)
Dvořák   8'
Zikán   17',   39'
Feureisl   68'
Hovorka   81',   89'
Verslag   64' (straf) Corbatta
Uitspeelwedstryd

17 Junie 1958
19:00
  Noord-Ierland 2–1 (e.t.)   Tsjeggo-Slowakye Malmö Stadion, Malmö
Toeskouers: 6 196
Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk)
McParland   44',   97' Verslag   18' Zikán

Groep 2Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Frankryk 3 2 0 1 11 7 +4 4
  Joego-Slawië 3 1 2 0 7 6 +1 4
  Paraguay 3 1 1 1 9 12 –3 3
  Skotland 3 0 1 2 4 6 –2 1
  • Frankryk het voor Joego-Slawië afgesluit weens doelverhouding.

8 Junie 1958
19:00
  Frankryk 7–3   Paraguay Idrottsparken, Norrköping
Toeskouers: 16 500
Skeidsregter: Juan Garay Gardeazabal (Spanje)
Fontaine   24',   30',   67'
Piantoni   52'
Wisnieski   61'
Kopa   70'
Vincent   83'
Verslag   20',   44' (straf) Amarilla
  50' Romero

8 Junie 1958
19:00
  Joego-Slawië 1–1   Skotland Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 9 500
Skeidsregter: Paul Wyssling (Switserland)
Petaković   6' Verslag   49' Murray

11 Junie 1958
19:00
  Joego-Slawië 3–2   Frankryk Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Benjamin Mervyn Griffiths (Wallis)
Petaković   16'
Veselinović   63',   88'
Verslag   4',   85' Fontaine

11 Junie 1958
19:00
  Paraguay 3–2   Skotland Idrottsparken, Norrköping
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië)
Agüero   4'
  45'
Parodi   73'
Verslag   24' Mudie
  74' Collins

15 Junie 1958
19:00
  Frankryk 2–1   Skotland Eyravallen, Örebro
Toeskouers: 13 500
Skeidsregter: Juan Brozzi (Argentinië)
Kopa   22'
Fontaine   44'
Verslag   58' Baird

15 Junie 1958
19:00
  Paraguay 3–3   Joego-Slawië Tunavallen, Eskilstuna
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Martin Macko (Tsjeggoslowakye)
Parodi   20'
Agüero   52'
Romero   80'
Verslag   18' Ognjanović
  21' Veselinović
  73' Rajkov

Groep 3Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Swede 3 2 1 0 5 1 +4 5
  Wallis 3 0 3 0 2 2 ±0 3
  Hongarye 3 1 1 1 6 3 +3 3
  Meksiko 3 0 1 2 1 8 –7 1
  • Wallis het voor Hongarye afgesluit deur die wen van 'n uitspeelwedstryd.

8 Junie 1958
14:00
  Swede 3–0   Meksiko Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 45 000
Skeidsregter: Nikolaj Latychef (Sowjetunie)
Simonsson   17',   64'
Liedholm   57' (straf)
Verslag

8 Junie 1958
19:00
  Hongarye 1–1   Wallis Jernvallen, Sandviken
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Jose Maria Codesal (Uruguay)
Bozsik   5' Verslag   27' J. Charles

11 Junie 1958
19:00
  Meksiko 1–1   Wallis Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Leo Lemesic (Joego-Slawië)
Belmonte   89' Verslag   32' I. Allchurch

12 Junie 1958
19:00
  Swede 2–1   Hongarye Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 40 000
Skeidsregter: John Alexander Mowat (Skotland)
Hamrin   34',   55' Verslag   77' Tichy

15 Junie 1958
14:00
  Swede 0–0   Wallis Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: Lucien van Nuffel (België)
Verslag

15 Junie 1958
19:00
  Hongarye 4–0   Meksiko Jernvallen, Sandviken
Toeskouers: 13 300
Skeidsregter: Arne Eriksson (Finland)
Tichy   19',   46'
Sándor   54'
Bencsics   69'
Verslag
Uitspeelwedstryd

17 Junie 1958
19:00
  Wallis 2–1   Hongarye Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Nikolaj Latychef (Sowjetunie)
I. Allchurch   55'
Medwin   76'
Verslag   33' Tichy

Groep 4Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Brasilië 3 2 1 0 5 0 +5 5
  Sowjetunie 3 1 1 1 4 4 ±0 3
  Engeland 3 0 3 0 4 4 ±0 3
  Oostenryk 3 0 1 2 2 7 –5 1
  • Sowjetunie het voor Engeland afgesluit deur die wen van 'n uitspeelwedstryd.

8 Junie 1958
19:00
  Brasilië 3–0   Oostenryk Rimnersvallen, Uddevalla
Toeskouers: 17 778
Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk)
Altafini   37',   85'
Santos   50'
Verslag

8 Junie 1958
19:00
  Sowjetunie 2–2   Engeland Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 49 348
Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye)
Simonyan   13'
A. Iwanof   56'
Verslag   66' Kevan
  85' (straf) Finney

11 Junie 1958
19:00
  Brasilië 0–0   Engeland Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 40 895
Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland)
Verslag

Dit was die eerste wedstryd sonder doele in die geskiedenis van die Sokker-Wêreldbekertoernooi.


11 Junie 1958
19:00
  Sowjetunie 2–0   Oostenryk Ryavallen, Borås
Toeskouers: 21 239
Skeidsregter: Carl Frederik Jorgensen (Denemarke)
Ilyin   15'
W. Iwanof   62'
Verslag

15 Junie 1958
19:00
  Engeland 2–2   Oostenryk Ryavallen, Borås
Toeskouers: 15 872
Skeidsregter: Jan Bronkhorst (Nederland)
Haynes   56'
Kevan   74'
Verslag   15' Koller
  71' Körner

15 Junie 1958
19:00
  Brasilië 2–0   Sowjetunie Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 50 928
Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk)
Vavá   3',   77' Verslag
Uitspeelwedstryd

17 Junie 1958
19:00
  Sowjetunie 1–0   Engeland Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 23 182
Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland)
Ilyin   69' Verslag

UitklopfaseWysig

Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
19 Junie – Malmö        
   Wes-Duitsland  1
24 Junie – Gotenburg
   Joego-Slawië  0  
   Wes-Duitsland  1
19 Junie – Solna
     Swede  3  
   Swede  2
23 Junie – Solna
   Sowjetunie  0  
   Swede  2
19 Junie – Norrköping
     Brasilië  5
   Frankryk  4
24 Junie – Solna
   Noord-Ierland  0  
   Frankryk  2 derde plek
19 Junie – Gotenburg
     Brasilië  5   28 Junie – Gotenburg
   Brasilië  1
     Wes-Duitsland  3
   Wallis  0  
   Frankryk  6

KwarteindrondteWysig


19 Junie 1958
19:00
  Frankryk 4–0   Noord-Ierland Idrottsparken, Norrköping
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Juan Garay Gardeazabal (Spanje)
Wisnieski   22'
Fontaine   55',   63'
Piantoni   68'
Verslag

19 Junie 1958
19:00
  Swede 2–0   Sowjetunie Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 45 000
Skeidsregter: Reginald James Leafe (Engeland)
Hamrin   49'
Simonsson   88'
Verslag

19 Junie 1958
19:00
  Brasilië 1–0   Wallis Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Fritz Seipelt (Oostenryk)
Pelé   66' Verslag

19 Junie 1958
19:00
  Wes-Duitsland 1–0   Joego-Slawië Malmö Stadion, Malmö
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Paul Wyssling (Switserland)
Rahn   12' Verslag

HalfeindrondteWysig


24 Junie 1958
19:00
  Frankryk 2–5   Brasilië Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 27 000
Skeidsregter: Benjamin Mervyn Griffiths (Wallis)
Fontaine   9'
Piantoni   83'
Verslag   2' Vavá
  39' Didi
  52',   64',   75' Pelé

24 Junie 1958
19:00
  Wes-Duitsland 1–3   Swede Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 50 000
Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye)
Schäfer   24' Verslag   32' Skoglund
  81' Gren
  88' Hamrin

Klein finale (vir die derde plek)Wysig


28 Junie 1958
17:00
  Wes-Duitsland 3–6   Frankryk Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Juan Brozzi (Argentinië)
Cieslarczyk   18'
Rahn   52'
Schäfer   84'
Verslag   16',   36',   78',   89' Fontaine
  27' (straf) Kopa
  50' Douis

EindstrydWysig


29 Junie 1958
15:00
  Swede 2–5   Brasilië Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 51 800
Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk)
Liedholm   4'
Simonsson   80'
Verslag   9',   32' Vavá
  55',   90' Pelé
  68' Zagallo
1958 Wêreldkampioen
  Brasilië

FIFA se terugwerkende ranglysWysig

In 1986 het FIFA 'n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[3][4] Die ranglys vir die 1958-toernooi is soos gevolg:

 
Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepuitdunne

   Geen deelname

     Gasheerland Swede
Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
1   Brasilië 4 6 5 1 0 16 4 +12 11
2   Swede 3 6 4 1 1 12 7 +5 9
3   Frankryk 2 6 4 0 2 23 15 +8 8
4   Wes-Duitsland 1 6 2 2 2 12 14 −2 6
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5   Wallis 3 5 1 3 1 5 5 ±0 5
6   Sowjetunie 4 5 2 1 2 5 6 −1 5
7   Noord-Ierland 1 5 2 1 2 6 10 −4 5
8   Joego-Slawië 2 4 1 2 1 7 7 ±0 4
In die groepfase uitgeskakel
9   Tsjeggo-Slowakye 1 4 1 1 2 9 6 +3 3
10   Hongarye 3 4 1 1 2 7 5 +2 3
11   Engeland 4 4 0 3 1 4 5 –1 3
12   Paraguay 2 3 1 1 1 9 12 −3 3
13   Argentinië 1 3 1 0 2 5 10 −5 2
14   Skotland 2 3 0 1 2 4 6 −2 1
15   Oostenryk 4 3 0 1 2 2 7 −5 1
16   Meksiko 3 3 0 1 2 1 8 −7 1

VerwysingsWysig

  1. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Besoek op 14 Julie 2018.
  2. (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Oktober 2013.
  3. (en) "page 45" (PDF). Besoek op 14 Julie 2018.
  4. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Mei 2013.

Verdere leesstofWysig

Eksterne skakelsWysig