FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950
Die vierde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Portugees: IV Campeonato Mundial de Futebol – Brasil, [ˈkwaʁtu kɐ̃pjoˈnatu mũdʒiˈaw dʒi ˌfutʃiˈbɔw]; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 24 Junie tot 16 Julie 1950 in Brasilië aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Brasilië aangebied is en die tweede in Suid-Amerika. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog vyf jaar vroeër, nadat die toernooie van 1942 en 1946 weens die wêreldwye oorlog gekanselleer is. Die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 is twaalf jaar vroeër in Frankryk beslis.
IV Campeonato Mundial de Futebol – Brasil | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Brasilië |
Datums | 24 Junie – 16 Julie |
Spanne | 16 (van 3 konfederasies) |
Stadions | 6 (in 6 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Uruguay (2 titels) |
Tweede plek | Brasilië |
Derde plek | Swede |
Vierde plek | Spanje |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 22 |
Doele | 88 (4 per wedstryd) |
Bywoning | 1 043 500 (47 432 per wedstryd) |
Meeste punte | Ademir (8 doele)[1] |
Beste speler | Zizinho |
← 1938 1954 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die beste span van elke groep na die finale rondte deurgedring het. Brasilië, Spanje, Swede en Uruguay het hul onderskeidelike groepe gewen en na die finale groep deurgedring. Dit was die enigste toernooi wat nie deur ’n enkele eindwedstryd beslis is nie en die beste span van die finale groepfase het die Jules Rimet-trofee verower. Uruguay het die trofee gewen nadat hulle Brasilië met 2–1 in die laaste wedstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Swede het in die derde en Spanje in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Beide Duitsland en Japan is nie toegelaat om aan die kwalifisering deel te neem nie. Verskeie ander lande soos Hongarye, die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye wou nie aan die kwalifisering deelneem nie, terwyl België en Oostenryk in Europa; Burma, Filippyne en Indonesië in Asië; Argentinië, Ecuador en Peru in Suid-Amerika hulleself aan die kwalifisering onttrek het. Indië, Skotland en Turkye het ná hul suksesvolle kwalifisering aan die toernooi onttrek. Die nasionale sokkerspan van Engeland het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem, nadat die vier Britse nasionale sokkerbeheerliggame vier jaar vroeër by FIFA heraangesluit het.
Toewysing
wysigBrasilië is op 26 Julie 1946 in Luxemburg deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950; gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 aan Switserland toegeken. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Dié Sokker-Wêreldbekertoernooi is oorspronklik vir 1949 beplan, maar dit is om organisatoriese redes na 1950 verskuif.[2]
Kwalifisering
wysigDie gasheer Brasilië en die verdedigende kampioen Italië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is sewe vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, ses vir die Amerikas en een vir Asië.
Die twee Spilmoondhede Duitsland en Japan is weens hul oorlogsmisdade tydens die Tweede Wêreldoorlog onder internasionale sanksies geplaas en hulle is nie toegelaat om aan die kwalifisering deel te neem nie. Hul gedeeltelik gedwonge bondgenote en die geannekseerde Oostenryk kon wél aan die kwalifisering deelneem.
Die Britse nasies is ná hul heraansluiting by FIFA vier jaar vroeër genooi om aan die toernooi deel te neem en die 1949–50 Britse Tuiskampioenskap het as kwalifisering gedien, waartydens Engeland eerste en Skotland tweede geëindig het. Skotland wou egter net deelneem nadat hulle dié kampioenskap gewen het en hulle het dus hulself onttrek.
Verskeie nasies anderkant die Ystergordyn soos Hongarye, die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye het geweier om aan die kwalifisering deel te neem.
Die Suid-Amerikaanse lande Argentinië, Ecuador en Peru het ná die loting vir die kwalifiseringsgroepe hulleself onttrek, waardeur Bolivië, Chili, Paraguay en Uruguay sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. Die Asiatiese lande Burma, Filippyne en Indonesië het hulleself aan die kwalifisering onttrek, waardeur Indië sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. In Europa het België en Oostenryk hulleself aan die kwalifisering onttrek, waardeur Switserland en Turkye sonder afsluiting van hul finale rondte van wedstryde gekwalifiseer het.[3][4]
Kwalifiserende spanne
wysigDie volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[5]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Bolivië | 2de | 1 | 1930 | Groepfase (1930) |
Brasilië | 4de | 4 | 1938 | Derde plek (1938) |
Chili | 2de | 1 | 1930 | Groepfase (1930) |
Engeland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Indië | 1ste | 1 | – | Debuut |
Italië | 3de | 3 | 1938 | Kampioen (1934, 1938) |
Joego-Slawië | 2de | 1 | 1930 | Vierde plek (1930) |
Meksiko | 2de | 1 | 1930 | Groepfase (1930) |
Paraguay | 2de | 1 | 1930 | Groepfase (1930) |
Skotland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Spanje | 2de | 1 | 1934 | Kwarteindrondte (1934) |
Swede | 3de | 3 | 1938 | Vierde plek (1938) |
Switserland | 3de | 3 | 1938 | Kwarteindrondte (1934, 1938) |
Turkye | 1ste | 1 | – | Debuut |
Uruguay | 2de | 1 | 1930 | Kampioen (1930) |
Verenigde State | 3de | 1 | 1934 | Derde plek (1930) |
Ná hul suksesvolle kwalifisering het Skotland en Turkye hulleself onttrek. Die in die kwalifisering uitgeskakelde lande Frankryk, Portugal en die Republiek Ierland is deur FIFA genooi om die leë plekke in te neem, maar net Frankryk het dit aanvaar. Ná die loting van die groepfase het Frankryk en Indië hulleself onttrek, maar daar was nie genoeg tyd om ander spanne te nooi nie, waarvolgens die derde groep uit drie spanne en die vierde groep net uit twee spanne bestaan het.[6]
Stadions
wysigWedstryde is in die volgende stede gespeel:
Rio de Janeiro | São Paulo | Belo Horizonte |
---|---|---|
Estádio do Maracanã | Estádio do Pacaembu | Estádio Sete de Setembro |
22°54′43.8″S 43°13′48.59″W / 22.912167°S 43.2301639°W | 23°32′55.1″S 46°39′54.4″W / 23.548639°S 46.665111°W | 19°54′30″S 43°55′4″W / 19.90833°S 43.91778°W |
Kapasiteit: 199 854 | Kapasiteit: 60 000 | Kapasiteit: 30 000 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 (Brasilië) | ||
Curitiba | Porto Alegre | Recife |
Estádio Durival de Britto | Estádio dos Eucaliptos | Estádio Ilha do Retiro |
25°26′22″S 49°15′21″W / 25.43944°S 49.25583°W | 30°3′42″S 51°13′38″W / 30.06167°S 51.22722°W | 8°3′46.63″S 34°54′10.73″W / 8.0629528°S 34.9029806°W |
Kapasiteit: 10 000 | Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 10 000 |
Formaat
wysigDie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 is oor 23 dae tussen 16 verskillende nasies oor 22 wedstryde uitgespeel. Dit het op 24 Junie 1950 op die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 16 Julie met die laaste en beslissende wedstryd tussen Uruguay en Brasilië, waartydens Uruguay die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[7]
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n siaan blokkie op die finale rondte.
|
|
Groepfase
wysigDie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van óf drie óf vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die derde/vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die boonste span wat na die finale rondte deurgedring het.
Finale rondte
wysigDie finale rondte het uit een groep met vier spanne bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die span wat in die finale rondte die meeste wedstrydpunte versamel het, het die toernooi en daarmee die Jules-Rimet-trofee gewen.
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die finale rondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Groepfase
wysig13 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste span in elke groep het na die finale rondte deurgedring. Die loting is op 22 Mei 1950 in die Departement van Buitelandse Sake in Rio de Janeiro gehou.
Groep 1
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 2 | 1 | 0 | 8 | 2 | +6 | 5 |
Joego-Slawië | 3 | 2 | 0 | 1 | 7 | 3 | +4 | 4 |
Switserland | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 6 | –2 | 3 |
Meksiko | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 10 | –8 | 0 |
24 Junie 1950 15:00 | ||||
Brasilië | 4–0 | Meksiko | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 82 000 Skeidsregter: George Reader (Engeland) | |
Ademir 30', 79' Jair 65' Baltazar 71' |
Verslag |
25 Junie 1950 18:00 | ||||
Joego-Slawië | 3–0 | Switserland | Estádio Independência, Belo Horizonte Toeskouers: 7 500 Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië) | |
Mitić 59' Tomašević 70' Ognjanov 75' |
Verslag |
28 Junie 1950 15:00 | ||||
Brasilië | 2–2 | Switserland | Estádio do Pacaembu, São Paulo Toeskouers: 42 000 Skeidsregter: Ramón Azon Roma (Spanje) | |
Alfredo 3' Baltazar 32' |
Verslag | 17', 88' Fatton |
28 Junie 1950 18:15 | ||||
Joego-Slawië | 4–1 | Meksiko | Estádio dos Eucaliptos, Porto Alegre Toeskouers: 11 000 Skeidsregter: Reginald Leafe (Engeland) | |
Bobek 19' Ž. Čajkovski 22', 62' Tomašević 81' |
Verslag | 89' (straf) Ortiz |
1 Julie 1950 15:00 | ||||
Brasilië | 2–0 | Joego-Slawië | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 142 000 Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis) | |
Ademir 4' Zizinho 69' |
Verslag |
2 Julie 1950 15:40 | ||||
Switserland | 2–1 | Meksiko | Estádio dos Eucaliptos, Porto Alegre Toeskouers: 4 000 Skeidsregter: Ivan Eklind (Swede) | |
Bader 10' Antenen 44' |
Verslag | 89' Casarín |
Groep 2
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Spanje | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | 1 | +5 | 6 |
Engeland | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 2 | ±0 | 2 |
Chili | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 6 | –1 | 2 |
Verenigde State | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 8 | –4 | 2 |
25 Junie 1950 15:00 | ||||
Engeland | 2–0 | Chili | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 30 000 Skeidsregter: Karel van der Meer (Nederland) | |
Mortensen 27' Mannion 51' |
Verslag |
25 Junie 1950 15:00 | ||||
Spanje | 3–1 | Verenigde State | Estádio Durival de Britto, Curitiba Toeskouers: 10 000 Skeidsregter: Mario Vianna (Brasilië) | |
Igoa 81' Basora 83' Zarra 89' |
Verslag | 17' Pariani |
29 Junie 1950 15:00 | ||||
Spanje | 2–0 | Chili | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 16 000 Skeidsregter: Alberto Malcher (Brasilië) | |
Basora 17' Zarra 30' |
Verslag |
29 Junie 1950 18:00 | ||||
Verenigde State | 1–0 | Engeland | Estádio Independência, Belo Horizonte Toeskouers: 10 000 Skeidsregter: Generoso Dattilo (Italië) | |
Gaetjens 38' | Verslag |
2 Julie 1950 15:00 | ||||
Spanje | 1–0 | Engeland | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 74 000 Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië) | |
Zarra 48' | Verslag |
2 Julie 1950 18:00 | ||||
Chili | 5–2 | Verenigde State | Estádio Ilha do Retiro, Recife Toeskouers: 9 000 Skeidsregter: Mario Gardelli (Brasilië) | |
Robledo 16' Riera 32' Cremaschi 54', 82' Prieto 60' |
Verslag | 47' Wallace 48' (straf) Maca |
Groep 3
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Swede | 2 | 1 | 1 | 0 | 5 | 4 | +1 | 3 |
Italië | 2 | 1 | 0 | 1 | 4 | 3 | +1 | 2 |
Paraguay | 2 | 0 | 1 | 1 | 2 | 4 | –2 | 1 |
Indië | onttrek |
25 Junie 1950 15:00 | ||||
Swede | 3–2 | Italië | Estádio do Pacaembu, São Paulo Toeskouers: 36 000 Skeidsregter: Jean Lutz (Switserland) | |
Jeppson 25', 68' Andersson 33' |
Verslag | 7' Carapellese 75' Muccinelli |
29 Junie 1950 15:30 | ||||
Swede | 2–2 | Paraguay | Estádio Durival Britto, Curitiba Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: Robert Mitchell (Skotland) | |
Sundqvist 17' Palmér 26' |
Verslag | 35' López 74' López Fretes |
2 Julie 1950 15:00 | ||||
Italië | 2–0 | Paraguay | Estádio do Pacaembu, São Paulo Toeskouers: 26 000 Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland) | |
Carapellese 12' Pandolfini 62' |
Verslag |
Groep 4
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Uruguay | 1 | 1 | 0 | 0 | 8 | 0 | +8 | 2 |
Bolivië | 1 | 0 | 0 | 1 | 0 | 8 | –8 | 0 |
Frankryk | onttrek |
2 Julie 1950 18:00 | ||||
Uruguay | 8–0 | Bolivië | Estádio Independência, Belo Horizonte Toeskouers: 6 000 Skeidsregter: George Reader (Engeland) | |
Míguez 14', 40', 51' Vidal 18' Schiaffino 23', 54' Pérez 83' Ghiggia 87' |
Verslag |
Finale rondte
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Uruguay | 3 | 2 | 1 | 0 | 7 | 5 | +2 | 5 |
Brasilië | 3 | 2 | 0 | 1 | 14 | 4 | +10 | 4 |
Swede | 3 | 1 | 0 | 2 | 6 | 11 | –5 | 2 |
Spanje | 3 | 0 | 1 | 2 | 4 | 11 | –7 | 1 |
9 Julie 1950 15:00 | ||||
Uruguay | 2–2 | Spanje | Estádio do Pacaembu, São Paulo Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis) | |
Ghiggia 29' Varela 73' |
Verslag | 37', 39' Basora |
9 Julie 1950 15:00 | ||||
Brasilië | 7–1 | Swede | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 139 000 Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland) | |
Ademir 17', 36', 52', 58' Chico 39', 88' Maneca 85' |
Verslag | 67' (straf) Andersson |
13 Julie 1950 15:00 | ||||
Brasilië | 6–1 | Spanje | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 153 000 Skeidsregter: Reginald Leafe (Engeland) | |
Parra 15' (e.d.) Jair 21' Chico 31', 55' Ademir 57' Zizinho 67' |
Verslag | 71' Igoa |
13 Julie 1950 15:00 | ||||
Uruguay | 3–2 | Swede | Estádio do Pacaembu, São Paulo Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië) | |
Ghiggia 39' Míguez 77', 85' |
Verslag | 5' Palmér 40' Sundqvist |
16 Julie 1950 15:00 | ||||
Swede | 3–1 | Spanje | Estádio do Pacaembu, São Paulo Toeskouers: 11 000 Skeidsregter: Karel van der Meer (Nederland) | |
Sundqvist 15' Mellberg 33' Palmér 80' |
Verslag | 82' Zarra |
16 Julie 1950 15:00 | ||||
Uruguay | 2–1 | Brasilië | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 200 000 Skeidsregter: George Reader (Engeland) | |
Schiaffino 66' Ghiggia 79' |
Verslag | 47' Friaça |
Sokkerwêreldkampioen 1950 |
---|
Uruguay |
FIFA se terugwerkende ranglys
wysigIn 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[8][9] Die ranglys vir die 1950-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Uruguay | 4 | 4 | 3 | 1 | 0 | 15 | 5 | +10 | 7 |
2 | Brasilië | 1 | 6 | 4 | 1 | 1 | 22 | 6 | +16 | 9 |
3 | Swede | 3 | 5 | 2 | 1 | 2 | 11 | 15 | –4 | 5 |
4 | Spanje | 2 | 6 | 3 | 1 | 2 | 10 | 12 | −2 | 7 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Joego-Slawië | 1 | 3 | 2 | 0 | 1 | 7 | 3 | +4 | 4 |
6 | Switserland | 1 | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 6 | −2 | 3 |
7 | Italië | 3 | 2 | 1 | 0 | 1 | 4 | 3 | +1 | 2 |
8 | Engeland | 2 | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 2 | ±0 | 2 |
9 | Chili | 2 | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 6 | −1 | 2 |
10 | Verenigde State | 2 | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 8 | −4 | 2 |
11 | Paraguay | 3 | 2 | 0 | 1 | 1 | 2 | 4 | −2 | 1 |
12 | Meksiko | 1 | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 10 | −8 | 0 |
13 | Bolivië | 4 | 1 | 0 | 0 | 1 | 0 | 8 | −8 | 0 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:[1]
|
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2021. Besoek op 19 April 2021.
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "World Cup 1950 Qualifying". rsssf.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "World Cup 1950 qualifications". rsssf.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014. Besoek op 9 Julie 2014.
- ↑ (en) "Brazil's first World Cup draw". FIFA. 3 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2014. Besoek op 16 Julie 2014.
Verdere leesstof
wysig- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950. |
- (en) fifa.com: Brazil 1950: Hosts humbled at the Maracana
- (en) worldcup-history.com: Brazil, 1950
- (en) rsssf.com: World Cup 1950