Maak hoofkeuseskerm oop

Andrei tarkovsky stamp russia 2007.jpg

Andrei Tarkofski

Sowjet-Russiese rolprentregisseur


Beduidende werke

Iwanowo detstwo (1962)
Andrei Roebljof (1964-66)
Solaris (1972)
Serkalo (Die Spieël (1974-75)
Stalker (1979)
Nostalghia (1983)
Offret (1985-86)

Andrei Arsenjewitsj Tarkofski (Russies: Андрей Арсеньевич Тарковский, wetenskaplike transliterasie: Andrej Arsen’evič Tarkovskij; * 4 April 1932 in Sawrasjje (Завражье), Sowjetunie; † 29 Desember 1986 in Parys, Frankryk) was 'n Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur wat deur baie deskundiges as een van die leidende filmmakers van die 20ste eeu erken word.

Tarkofski se rolprente sluit Andrei Roebljof, Solaris, Die Spieël en Stalker in. Sy laaste twee films het in respektiewelik Italië en Swede ontstaan. Tarkofski se werk word deur spirituele en metafisiese onderwerpe, 'n gebrek aan konvensionele dramatiese strukture en storielyne asook ongewone kamerawerk met soms baie langsame bewegings gekenmerk.

StylvormWysig

 
Die planeet Solaris en sy twee sonne. Met Solaris (1972) het Tarkofski die Poolse wetenskapsfiksieskrywer Stanisław Lem se gelyknamige roman verfilm. Ruimteverkenning word in roman en film 'n metafoor vir een van die sentrale kwessies van die Ruimtetydperk: Sal die menslike gees ooit in staat wees om 'n buiteaardse lewensvorm te verstaan?

Gedurende sy akademiese opleiding aan die rolprentskool was Tarkofski gefassineer deur Europese filmkuns - onder meer die werke van befaamde regisseurs soos Luis Buñuel, Ingmar Bergman en Federico Fellini asook die neorealistiese stroming in naoorlogse Italiaanse en Franse filmkuns. Naas outobiografiese elemente (so word in sommige van sy rolprente gedigte aangehaal wat deur sy vader geskryf is) word Tarkofski se styl gekenmerk deur besondere, herhalende beeldmotiewe wat dikwels in 'n rustige en byna statiese manier getoon word. Eerder as om enige handeling te ontwikkel, probeer Tarkofski met sy beeldmotiewe 'n bepaalde atmosfeer of stemming te skep.

Eksterne skakelsWysig