Valencia, Venezuela
Valencia is 'n stad in die noorde van Venezuela en net suid van die Karibiese See se kus geleë. Die stad is op 25 Maart 1555 deur Spaanse conquistadores as Nueva Valencia del Rey gestig en is na Valencia in Spanje genoem. Valencia is die hoofstad van die Venezolaanse deelstaat Carabobo en die tweede grootste stad van die land net na die hoofstad Caracas. Valencia is sowat 172 km oos van die Venezolaanse hoofstad geleë en die hoofsentrum van industriële ontwikkeling in die land.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Venezuela |
Deelstaat | Carabobo |
Munisipaliteit | Valencia |
Koördinate | 10°11′N 68°00′W / 10.183°N 68.000°W |
Gestig op | 25 Maart 1555 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 578 vk km |
Hoogte bo seevlak | 520 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 3 000 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 435/vk km |
Tydsone | UTC -4:30 |
Burgemeester | Francisco Cabrera Santos |
Amptelike Webwerf | alcaldiadevalencia.gov.ve |