Tadjikistan
Tadjikistan (Tadjiks: Тоҷикистон, Toçikiston) is 'n bergagtige landingeslote land in Sentraal-Asië. In die suide grens die land aan Afghanistan, in die weste aan Oesbekistan, in die noorde aan Kirgisië en in die ooste aan die Volksrepubliek China. Die grootste deel van Tadjikistan se bevolking behoort tot die Tadjiks, wat hul kultuur en geskiedenis met die Irannese volke deel en Persies praat. Tadjikistan was eens deel van die Persiese Samanid-ryk en het in die 20ste eeu 'n deelrepubliek van die Sowjetunie geword as die Tadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek.
| |||||
Volkslied: Surudi Milli (Tadjiks vir: "Ons geliefde land") | |||||
Hoofstad | Doesjanbe | ||||
Grootste stad | Doesjanbe | ||||
Amptelike tale | Tadjiks | ||||
Regering | Dominante party semi-presidensiële republiek Emomali Rahmon Kokhir Rasulzoda | ||||
Onafhanklikheid | van die Sowjetunie 5 Desember 1929 9 September 1991 25 Desember 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
143 100 km2 (96ste) 55 251 myl2 1,8 | ||||
Bevolking - 2013-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
8 000 000[1] (98ste) 7 564 500 48,6 / km2 (155ste) 125,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2011-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2013-skatting | ||||
MOI (2013) | 0,607[3] (113de) – medium | ||||
Gini (2004) | 33,59 – medium | ||||
Geldeenheid | Somoni (TJS )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
TJT (UTC+5) nie toegepas nie (UTC+5) | ||||
Internet-TLD | .tj | ||||
Skakelkode | +992 |
Na die land se onafhanklikwording het Tadjikistan gely onder 'n vernietigende burgeroorlog wat van 1992 tot 1997 geduur het. Sedert die einde van die oorlog het nuwe politieke stabiliteit en buitelandse ondersteuning die land se ekonomie laat groei. Natuurlike hulpbronne soos katoen en aluminium het ook baie bygedra tot hierdie verbetering.
Geloof
wysigDie meerderheid van Tadjikistan se bevolking is lede van die Tadjiks, wat volgelinge van die Soennitiese Islam is. Die land se grondwet waarborg egter godsdiensvryheid en daar bestaan 'n klein minderheid (minder as 1%) Protestante: ongeveer 230 000.
Van die denominasies is:
- Baptiste-kerk van Tadjikistan
- Duitse Evangeliese Lutherse Kerk
- Pinksterkerk
Baptiste-broederskap van Tadjikistan
wysigBaptiste-werk in Tadjikistan het in 1929 begin. Die Baptiste-broederskap bestaan uit sewe selfbesturende kerke en 23 geaffilieerde groepe. Die Baptiste-gemeenskap het ongeveer 1 000 lidmate en die voorsitter van die broederskap is die Russies-Duitse Alexandr Vervai.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "People and Society". Cia World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 14 Augustus 2014.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Tadjikistan". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 14 Augustus 2014.
- ↑ (en) "2014 Human Development Report Summary" (PDF). United Nations Development Programme. 2014. pp. 21–25. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 14 Augustus 2014.
Bronne
wysig- The World Christian Encyclopedia, Second edition, Volume 1, p. 728
- http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2007/90235.htm
- http://www.ebf.org/articles/display-article.php?article=142&cat=home&lang=eng Geargiveer 12 Junie 2011 op Wayback Machine
- http://www.ebf.org/articles/display-article.php?article=148&cat=imp&lang=eng Geargiveer 12 Junie 2011 op Wayback Machine
- http://www.ebf.org/articles/display-article.php?article=123&cat=home&lang=eng Geargiveer 13 Maart 2010 op Wayback Machine
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tadjikistan.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Tadjikistan.
- (en) Toerisme-inligting oor Tadjikistan op Wikivoyage